Twee Vyande: Drie optredes en die God wat sien! - Ds Gerhard Beukes
Вставка
- Опубліковано 17 гру 2024
- Twee vyande:
Drie optredes en
die God wat sien !
Ps 35:22
• Christians can never sin cheaply; they pay a heavy price for iniquity Transgression destroys peace of mind, obscures fellowship with Jesus, hinders prayer, brings darkness over the soul; therefore be not the bondman of sin. (C.H. Spurgeon)
Dawid het geweldige groot stryd beleef en ons kan dit ook vandag toepas in ons lewens.
Hy maak melding van 2 vyande in die gedeelte.
Vyande is onvermydelik.
In Genesis sien ons Adam en Eva se vyand. Gen. 3
Kain was Abel, sy broer se vyand. Gen 4.
Lameg was so selfvoldaan en selfbehoudend. Alles het oor homself gegaan. Gen. 4:23
1) Die fisiese vyand
Ps 35:4-7
Dawid het baie fisiese vyande gehad.
Voor en na sy Koningskap.
Bv die Filistyne, Saul, Absolom sy seun.
Die Here Jesus self was sondeloos volmaak en Hy het vyande gehad.
Vandag beleef ons dieselfde. Sekuriteit is een van die mees groeiende industrië in ons land. Geweld, moord en dood is deel van ons daaglikse lewens.
Ons sluit onsself toe in ons tronke elke dag.
Ons broers en susters in vervolgde lande wat vandag sterf vir hulle geloof.
Die vervolging het die afgelope jaar tot 250 000 000 gestyg.
1 uit 9 Christene ervaar erge vervolging.
1266 Christelike geboue is aangeval en 2625 Christene is gevange geneem sonder 'n verhoor.
JOHANNES 8:44
Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.
2) Die wat jou vals beskuldig
Ps 35: 11, 20
PSALMS 41:10
II SAMUEL 15:30-31
MATTHÉÜS 26:59 AFR53
HANDELINGE 6:13 AFR53
II KORINTHIËRS 11:26
A) Die menslike optrede / Oog vir oog en tand vir tand.
Lev 24:17-20
LEVÍTIKUS 24:20
breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand - dieselfde liggaamsgebrek wat hy aan 'n mens toebring, moet ook aan hom toegebring word.
Ill. Van die film van Robin Hood.
"We always want to get one better" soos R.C Sproul gesê het.
In konteks sien ons dat hierdie wet gegee is vir die owerhede, nie net vir elke Jan rap en sy maat nie.
Die vraag is? Wat doen ons met 'n regering wat dit nie toepas nie?
Antwoord= Daar is 'n God wat hoor en sien. God sal vergeld. Die oordeel kom Hom toe.
Bv.
Ps 35:5,6
Engel = die Here Jesus self.
GÉNESIS 50:19-20
As jy dink en tob oor vergelding solank sal jy wegsink in wanhoop. Vra die Here wat Hy jou wil leer.
B) Die duiwelse / bose optrede
Ps 35:12
Ps 38:21
PSALMS 109:4-5
1 Sam 18:7-9 - van die dag af het Saul sy oog op Saul gehad- ten kwade. = 1 Sam 19:1
Ons dink aan Jesus en Judas Iskariot.
Hy was deel van die kleiner kring en tog na alles verkoop hy Jesus vir die prys van 'n slaaf.
Bv. Paulus en Demas. Demas het die teenwoordige wêreld liefgekry en Paulus verlaat.
B) Die Goddelike of Bybels optrede.
Ps 35: 13-14
I SAMUEL 24:13-17
= Saul se antwoord
I SAMUEL 24:
[17] Toe Dawid hierdie woorde ten einde toe tot Saul gespreek het, sê Saul: Is dit jou stem, my seun Dawid? En Saul het sy stem verhef en geween [18] en aan Dawid gesê: Jy is regverdiger as ek, want jy het aan my goed gedoen terwyl ek aan jou kwaad gedoen het. [19] En jy het vandag bewys dat jy goed aan my gedoen het; dat naamlik die Here my in jou hand oorgelewer het, maar jy het my nie gedood nie. [20] Want as iemand sy vyand aantref, sal hy hom op 'n goeie pad laat gaan? Maar die Here sal jou die goeie vergelde vir wat jy vandag aan my gedoen het.
Gen 50:18-21
LUKAS 23:
[34] En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.
HANDELINGE 7:
[59] En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees! [60] En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.
SPREUKE 24:
[17] As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie, [18] dat die Here dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie. [19] Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie. [20] Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.
God sien nie net my vyande nie, maar ook my optrede.
ROMEINE 12:
[14] seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie; [15] wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween; [16] wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie; [17] vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; [18] as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. [19] Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
Slot:
2 Sam 9:6-9