WegWaarheidenLewe - Ds Gerhard Beukes
WegWaarheidenLewe - Ds Gerhard Beukes
  • 328
  • 54 153
Geloftediens - Die grootste ramp wat 'n land kan tref - Ds Gerhard Beukes
Geloftediens:
Die grootste ramp wat ‘n land kan tref.
Amos 8:1-14
Openbaring 5:9
Geloftedag gaan nie oor 'n nasie nie, maar God wat soewerein is.
AMOS 8:
[11] Kyk, daar kom dae, spreek die Here Here, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor. [12] En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.
Anoreksia is nie te wyte aan 'n tekort aan voedsel nie, maar 'n weiering om voedsel te eet. Baie mense sterf aan hierdie siekte agv ondervoeding.
Wat het dit te doen met vanoggend se boodskap?
Dit is presies wat geestelik met Israel gebeur het.
Van buite af het alles reg en goed gelyk, maar God ken die mens se hart.
Hy kom sê deur Amos dat hulle anoreksies is en God straf hul agv hul lewens en gesindheid.
-Vers 1-2 = Israel was soos 'n oorryp vrug.
-Hul godsdiens was net plig sonder 'n hart wat op God gerig is.
-Die Sabbat kon nie gou genoeg vir hulle verbygaan nie. Die dag was vir hulle 'n irritasie.
- Hulle pryse was bo die waarde van hul produkte.
- Vers 4-5 Die rykes het die Armoediges uitgebuit.
= God se oordeel is van vers 8 tot vers 11-12 en die ergste oordeel sal wees dat God se Woord verwyder sal word uit hul midde.
AMOS 8:11-12
Die kerk van Jesus het geestelik anoreksies geraak.
Is God se oordeel nie reeds oor S.A nie? Die afwesigheid van God se Woord is 'n direkte rede waarom alles uitmekaar uitval.
God sê op 'n stadium in die Woord...."maar die volk wou dit so hê."
1] Die groot rede is omdat die meeste nie meer wil "eet" nie.
Die koning moes elke dag die wet gelees het. Israel was nie onbekend met die Woord nie. Hulle was soos 'n stout kind......hulle wou net hoor wat hulle wòù hoor.
Mense weier om die knieg te buig voor die lewende God.
Is dit nie waar ons is as God se kinders nie.
Ons luister net na wat ons wil.
Die meeste is nie bereid om geestelik te "eet" nie.
Baie mense het nog nie eens die Bybel deurgelees het nie.
God se Woord is Sy brief aan ons, maar ons lees Hom nie.
HEBREËRS 5:12-14
There is enough dust on our Bibles that that we can wright with our finger, Damnation.( Spurgeon)
JOSUA 1:8
II TIMÓTHEÜS 3:16-17
PSALMS 1:1-3
Mense wil nie meer die Woord hoor nie.
PSALMS 40:7-10
II PETRUS 1:
[19] En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;
2] Die kansels is besoedel.
AMOS 8:11
[11] Kyk, daar kom dae, spreek die Here Here, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor.
II TIMÓTHEÜS 4:
[1] EK besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: [2] verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; [3] want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, [4] en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
Alles in God se Woord word bevraagteken en vervals.
Die gesag van God se Woord word ondermyn.
Die grootste ramp wat 'n land kan tref, is as God Sy Woord verwyder.
HOSÉA 4:
[1] HOOR die woord van die Here, o kinders van Israel! Want die Here het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
[6] My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.
Hoe vreeslik dat ons kinders die oordeel sal beleef.
II THESSALONICENSE 2:
[11] En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, [12] sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.
Wat is die oplossing?
ESÉGIËL 3:1-3
[1] DAARNA het Hy vir my gesê: Mensekind, eet op wat jy vind; eet hierdie rol op, en gaan spreek met die huis van Israel. [2] Toe het ek my mond oopgemaak, en Hy het my dié rol laat eet [3] en vir my gesê: Mensekind, laat jou buik eet, en vul jou ingewande met hierdie rol wat Ek jou gee. En ek het dit geëet, en dit was in my mond soos heuning so soet.
JEREMIA 15:16
[16] Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, Here, God van die leërska
Переглядів: 399

Відео

Moenie vals sweer nie."Shorts"
Переглядів 1092 місяці тому
Moenie vals sweer nie."Shorts"
Ps 24..Die wat Rein van hande is....
Переглядів 772 місяці тому
Ps 24..Die wat Rein van hande is....
Gered en Geroep om Heilig te lewe.
Переглядів 1253 місяці тому
Gered en Geroep om Heilig te lewe.
Die vrees wat alle vrese verdryf - Psalm 33 - Ds Gerhard Beukes
Переглядів 2083 місяці тому
Die vrees wat alle vrese verdryf - Psalm 33 - Ds Gerhard Beukes
Die man Sy roeping, taak en optrede Deel 2 1 Tim 3 Ds Gerhard Beukes (Full)
Переглядів 586 місяців тому
Die man Sy roeping, taak en optrede Deel 2 1 Tim 3 Ds Gerhard Beukes (Full)
Soewereiniteit aan die werk. Rut 3
Переглядів 248 місяців тому
Soewereiniteit aan die werk. Rut 3
Rigters 1: Absolute chaos sonder die God van die Bybel.
Переглядів 2599 місяців тому
Rigters 1: Absolute chaos sonder die God van die Bybel.
Geroep om te Evangeliseer - Ds Gerhard Beukes
Переглядів 11610 місяців тому
Geroep om te Evangeliseer - Ds Gerhard Beukes
Baie in Gemeen. Handelinge 2 - Ds Gerhard Beukes
Переглядів 6410 місяців тому
Baie in Gemeen. Handelinge 2 - Ds Gerhard Beukes
Dit was nog nooit ons, dit was nog altyd net Hy! 1 Joh 4
Переглядів 10710 місяців тому
Dit was nog nooit ons, dit was nog altyd net Hy! 1 Joh 4
Psalm 30. Saans is daar trane maar smôrens 'n gejuig
Переглядів 7411 місяців тому
Psalm 30. Saans is daar trane maar smôrens 'n gejuig
Die onbekende pad. Josua 3: 1-17
Переглядів 12811 місяців тому
Die onbekende pad. Josua 3: 1-17
Kersdiens: Die Krip in die skadu van die Kruis. - Ds Gerhard Beukes
Переглядів 18711 місяців тому
Kersdiens: Die Krip in die skadu van die Kruis. - Ds Gerhard Beukes
Geloftediens: Waarom mense Beloftes maak en dit dan verwaarloos. - Ds Gerhard Beukes
Переглядів 64Рік тому
Geloftediens: Waarom mense Beloftes maak en dit dan verwaarloos. - Ds Gerhard Beukes
Dankbaarheid Deel 2 - Ds Gerhard Beukes
Переглядів 61Рік тому
Dankbaarheid Deel 2 - Ds Gerhard Beukes
Wees dankbaar. - Ds Gerhard Beukes
Переглядів 90Рік тому
Wees dankbaar. - Ds Gerhard Beukes
Ek is versekerd. Rom 8
Переглядів 70Рік тому
Ek is versekerd. Rom 8
Psalm 29: Gee eer aan die Here.
Переглядів 101Рік тому
Psalm 29: Gee eer aan die Here.
Wedergeboorte: Die vervulling van die doop belofte. Joh 3 - Ds Gerhard Beukes
Переглядів 72Рік тому
Wedergeboorte: Die vervulling van die doop belofte. Joh 3 - Ds Gerhard Beukes
Reformasie dag. 31 Oktober 2023 - Ds Gerhard Beukes
Переглядів 79Рік тому
Reformasie dag. 31 Oktober 2023 - Ds Gerhard Beukes
Om sinvol met jouself te praat. Ps 103:1-5
Переглядів 84Рік тому
Om sinvol met jouself te praat. Ps 103:1-5
Wet en Geloofsbelydenis - Ds Gerhard Beukes
Переглядів 43Рік тому
Wet en Geloofsbelydenis - Ds Gerhard Beukes
Psalm 28: Israel en die Kerk van Jesus.
Переглядів 168Рік тому
Psalm 28: Israel en die Kerk van Jesus.
Voorsang 27
Переглядів 47Рік тому
Voorsang 27
Meer as wat ons verdien.
Переглядів 82Рік тому
Meer as wat ons verdien.
Voorsang 26
Переглядів 31Рік тому
Voorsang 26
God gebruik moeilike omstandighede om ons nader aan Hom te trek.
Переглядів 76Рік тому
God gebruik moeilike omstandighede om ons nader aan Hom te trek.
Die drie fases van ons Verlossing in Christus.
Переглядів 61Рік тому
Die drie fases van ons Verlossing in Christus.
Voorsang 24
Переглядів 36Рік тому
Voorsang 24

КОМЕНТАРІ

  • @lindajacobs9965
    @lindajacobs9965 2 роки тому

    Dankie Ds ek mis jou van Springs. Linda maar ek luister al jou boodskappe.

    • @lindajacobs9965
      @lindajacobs9965 2 роки тому

      Ek was ook in Springs gemeente ons mis jou boodsksppe. Kom asb terug na ons gemeente.

  • @ansiecronje5806
    @ansiecronje5806 2 роки тому

    WeGw ze wffehi n

  • @marindaread8248
    @marindaread8248 3 роки тому

    Amen🙌🛐🙌

  • @nitajooste5936
    @nitajooste5936 3 роки тому

    Ds. Gerhard so n groot seën om u op YouTupe te kan hoor, Nog baie meer siele wat berek kan word met die WAARHEID!

  • @chrisforjesus4740
    @chrisforjesus4740 3 роки тому

    Dankie vir die boodskap 🙏