Die Wonder boodskap van die ark vir vandag - Genesis 6 - Ds Gerhard Beukes

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 19 гру 2024
  • Die Wonder boodskap van die Ark vir vandag.
    Genesis 6-7:1
    GÉNESIS 6:5-7
    [5] Toe die Here sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, [6] het dit die Here berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart. [7] En die Here sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.
    Die berou hier is soos 'n Vader wat berou het oor 'n seun wat in sonde val. Die seer van teleurstelling. Ons kan nie die lied sing "it's my life" nie. Die lewe wat ons het is 'n geskenk van God. Hy is die enigste gewer van Lewe.. God besluit in Sy soewereiniteit dat Hy 'n einde aan alles gaan maak.
    Die Ark se grote om en by:
    Lengte = 137 m
    Breedte = 23 m
    Hoogte = 14 m hoog.
    3 verdiepings
    Dra Kapasiteit van 540 trein waens.
    Genesis 7:2-3
    DIE BELANGRIKSTE = Die ark was tot redding vir Noag en sy gesin.
    Die Christelike gosdsdiens is nie iets wat die mens uitgedink het nie.
    Dit is God. Altyd God.
    Baie mense soek net God se voordele, nie Christus self nie.
    II PETRUS 2:5
    [5] en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
    Noag was 'n prediker van geregtigheid- justifications, righteousness.
    Hy was die boodskapper van God se oordele, maar ook van Sy reddende genade.
    HOE IS DIE BOODSKAP OP TOEPASSING VAN ONS?
    1l) Hierdie wêreld staan op die rand van God se oordeel.
    MATTHÉÜS 24:37-39
    [37] En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. [38] Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, [39] en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
    As jy vasgevang is in sonde, moenie jou oog enige rus gee nie.
    Mense verstaan nie dat die oordeel aan die kom is nie.
    I THESSALONICENSE 5:1-3
    [1] MAAR oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; [2] want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag. [3] Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid - dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
    II PETRUS 3:8-10
    [8] Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag. [9] Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. [10] Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.
    2) Soos die ark beskerming gebied het, kan die kruiswerk van Jesus beskerming bied in die dag van oordeel.
    GÉNESIS 7:16
    [16] En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die Here het agter hom toegesluit.
    JOHANNES 10:9
    [9] Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
    SPREUKE 14:12
    [12] Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
    FILIPPENSE 2:12-13
    [12] Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; [13] want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
    JOHANNES 14:6
    [6] Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
    HANDELINGE 4:12 AFR53
    [12] En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
    II KORINTHIËRS 5:21
    [21] Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
    I PETRUS 3:18
    JESAJA 53:5-6
    [5] Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. [6] Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
    Is u al deur die Ark se deur?
    Die deur van Verlossing.
    Moenie versuim nie. Bid die Here vir Sy reddende genade.
    Dit is die boodskap van die Kruis
    Amen

КОМЕНТАРІ •