Die Salige Hoop van Sy Verskyning Titus 2 - Ds Gerhard Beukes
Вставка
- Опубліковано 17 гру 2024
- Die Salige Hoop wat ons verwag.
Titus 2: 11-13
Titus 3:4-7
Hoop is nie duimvashou nie. Hierdie hoop is vas. Daar is geen onsekerheid nie.
Die Hoop in Christus = "elpis" = expectation
ROMEINE 5:5
[5] en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
ROMEINE 8:24
[24] Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?
KOLOSSENSE 1:5
[5] vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie,
ROMEINE 1:18-20
[18] WANT die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, [19] omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. [20] Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
Hierdie Reddende Genade leer ons.
Hy leer ons nou hoe ons moet lewe.
Wanneer Hy die Beminde van jou siel is, wil jy vir Hom lewe.
"Paideuo" to instruct or to teach, with discipline.
Dit leer ons om die wêreld en die goddeloosheid te verloën.
Waar Christus woon, is sonde nié méér welkom nié.
Titus 2:12 CSB
[12] instructing us to deny godlessness and worldly lusts and to live in a sensible, righteous, and godly way in the present age,
1) Ons besef dat die beste nog op ons wag.
vers 13
Daarom moet ons, ons fokus en visie regkry. Die meeste van ons dink nié so nie. Ons het so baie wat ons hier gelukkig hou dat die hemel en die heerlikheid ver is van ons gedagtes.
Dra vrug wat by jou redding pas. Dit gee sekerheid en maak jou hoop ook vas.
JOHANNES 14:1-3
[1] LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. [2] In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. [3] En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
HEBREËRS 11:9-10
[9] Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in 'n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. [10] Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.
HEBREËRS 11:15-16
[15] En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer. [16] Maar nou verlang hulle na 'n beter een, dit is 'n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle 'n stad berei.
Fil 3:20-21
Heb 12:28
Heb 13:14
1 Kor 2:9
Hy is my Beminde en ek is Syne.
2) Dit sal 'n einde bring aan die vyandigheid teenoor ons Verlosser.
Mense haat Christus.
Hul wil in hulle boosheid en dwaasheid bly lewe.
In ons Heiligmaking verlang ons om Christus te verheerlik.
OPENBARING 6:9-10
[9] En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. [10] En hulle het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
Bid ons nog, "Bring U oordeel en vestig U geregtigheid."
PSALMS 74:10-11
[10] Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag? [11] Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!
PSALMS 94:3-4
[3] Hoe lank sal die goddelose, o Here, hoe lank sal die goddelose jubel? [4] Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd - al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
JESAJA 25:8-9
[8] Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here Here sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek. [9] En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die Here op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.
(Illustrasie van Henry Martin)
OPENBARING 22:20 AFR53
[20] Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!