Waarlik, Hy was die Seun van God - Matt 27 - Ds Gerhard Beukes

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 17 гру 2024
  • Waarlik, Hy was die Seun van God. T.V.O.Matt 27:54
    Ons raak so gewoond aan hierdie gebeure. Dis nodig om met 'n nuwe oor te luister, net 'n nuwe verstand te verstaan.
    Ons vergeet so gou. Ons herdenk Nagmaal tot Sy gedagtenis, om te onthou wat Jesus aan die kruis vir ons gedoen het.
    Lees die Evangelies en staan opnuut in verwondering oor die groot werk van Christus aan die Kruis.
    1) Twee abnormale natuur verskynsels.
    ●MATTHÉÜS 27:45
    En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe;
    Binne oomblikke was alles pik donker. God as Skepper van die heelal en Hy beheer Sy skepping. Hy kom besoek Sy skepping op 'n besondere manier.
    Ex 10:21-23
    Gal 3:13
    ●MATTHÉÜS 27:51
    En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;
    Ps 18:7-8
    Die Vader se antwoord op die geroep van Sy Seun.
    Hebr 12:25-29
    Pasop........ons God is 'n verterende vuur.
    2) Voorhangsel
    MATTHÉÜS 27:51
    En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder...
    Dink vir 'n oomblik aan wat hier gebeur het. Toe Christus sterf het, het Hy die Skeidsmuur tussen ons en God afgebreek.
    Jes 59:1,2
    Nooit weer hoef sie volkm'n lam te slag, deur die priester te gaan vir vergifnis nie.
    Joh 14:6
    JOHANNES 14:6
    Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
    Rom 5:1
    Efe 2:17
    Efe 3:11,12
    HEBREËRS 10:19-22 AFR53
    [19] TERWYL ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus [20] op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, [21] en ons 'n groot Priester oor die huis van God het, [22] laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
    HEBREËRS 4:16 AFR53
    [16] Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
    3) Die Opstanding van die Heiliges
    MATTHÉÜS 27:52-53
    en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. [53] En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn
    Die boodskap??
    Christus het die dood oorwin.
    Jes 26:8,9
    Dis die mens bestem om eenmaal te sterwe en daarna die oordeel.
    1 Kor 15:54-58 - Die opstandings hoofstuk.
    Die dood is verslind deur Christus se Kruisdood.
    Ons leef in die land van die dooies en as ons in Christus sterf gaan ons oor van die dood na die lewe.
    4) Bekering van die Hoofman
    MATTHÉÜS 27:54
    En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.
    Die Hoofman het toegesien hoe Christus gepynig en gekruisig word. Maar Hy het gekyk en geluister.......Jesus bid....."Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie."
    Hy hoor al Jesus se kruiswoorde....
    Jesus was uniek in Sy lewe en ook in Sy sterwe.
    God open sy oë en hy roep uit:
    "Alēthõs" Truly, most certainly
    Waarlik Hy is die Seun van God.
    Luk 19:10
    Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
    Open 5:9
    5) Jesus se graf was by die rykes
    MATTHÉÜS 27:59-60
    En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai
    en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.
    Dit was nie die normale gebruik vir misdadigers nie. Jes 53:7-9 het hier in vervulling gekom.
    He had an honourable burial.
    Fil 1:6-11
    Elke mens sal eendag hul knie voor God buig. As dit nie nou is nie, sal dit in die ewigheid wees, maar dan sal dit te laat wees.
    Die vraag vanoggend?
    Ken u Hom?
    Is Hy u Redder en Saligmaker.
    Ken Hy jou?
    JOHANNES 10:14, 27
    Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.
    My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
    MATTHÉÜS 27:54
    En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.

КОМЕНТАРІ •