Psalm 34 - Lewe voluit, maar pasop vir die slaggate - Ds Gerhard Beukes
Вставка
- Опубліковано 17 гру 2024
- Leef voluit maar pasop vir die slaggate.
Psalm 34
T.V.O = 13 en 14
Baie kinders van die Here beleef nie blydskap in die Here nie. Dis daagliks net 'n oorlewings stryd.
Die wêreld kyk na ons en sien of ons leef wat ons sê, en of ons dit glo.
Ons trap so gereeld en maklik in die vyand se slaggate.
Psalm 34 'n boete Psalm maar ook 'n aanbiddings Psalm.
1 Sam 21:10-15
II TIMÓTHEÜS 2:13
1)Dawid se loflied.
Vers 2-12
Om die Here altyd te loof.
Hoeveel maal prys en praat Dawid homself?
Hoeveel keer spog hy oor sy eie vernuf en ennselfs sonde.
Nee, nie een maal nie. Dis slegs Christus en Hy alleen.
Ps 30:5-6
Ps 32: 5-7
Moenie almal altyd staan en veroordeel nie. Besef waaruit die Here jou gered het en eer die Here.
2) Bewaar jou tong.
Vers 13 - 14
Hoekom sal Dawid hierdie woorde sê?
JOHANNES 20:30-31 AFR53
Ons weet nie presies hoekom hierdie ingevoeg is, in die Psalm nie, maar Dawid het heelwaarskynlik eerste handse ondervinding van die skade wat sy tong doen. Die skade wat hy kan doen.
JAKOBUS 3:5-6 AFR53
Pasop hoe jy jou tong gebruik!!!
V14= Van wat verkeerd is. "Evil", kwaad, boos.
V14= Bedrog. Misleidend, vals, verraad, bedrog, geveins.
MATTHÉÜS 12:36-37
Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.
Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
3) Wyk af van wat verkeerd is en doen wat goed is.
Ps 34:15 - " Depart from evil and do good."
Vlug van die sonde maar vervang dit met die Woord en doen goed.
KOLOSSENSE 3:5 AFR53
KOLOSSENSE 3:12 AFR53
HANDELINGE 13:
[22] En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Ísai, gevind, 'n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.
'n Kind van God is 'n bedelaar wat vir ander bedelaars kan sê waar hulle brood kan kry
4) Soek die vrede en jaag dit na.
Vers 15 - by implikasie om te streef na: vra, smeek, begeer, verkry, versoek, vereis.
Jaag dit na = agtervolg, hardloop, vervolg.
PSALMS 120:
[6] Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat. [7] Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.
Mense soek God se voordele, nie Sy standaard nie.
ROMEINE 12:
[17] vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; [18] as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. [19] Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here. [20] As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop. [21] Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
MATTHÉÜS 5:9 AFR53
[9] Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
II KORINTHIËRS 13:
[11] Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.
HEBREËRS 12:
[14] Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
5) Vertrou die Here want Hy sien jou.
Vers 7, 16-18
Sy oë is altyd op ons.
Hy het ons so lief dat Hy ons nooit net in ons sonde sal laat nie.
Sonde bring ongemak in die siel van God se kind.
PSALMS 130:
[1] 'n BEDEVAARTSLIED. Uit die dieptes roep ek U aan, o Here! [2] Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge. [3] As U, Here, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? [4] Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word. [5] Ek wag op die Here; my siel wag, en ek hoop op sy woord. [6] My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. [7] Wag op die Here, o Israel! want by die Here is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; [8] en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.
Slot:
SAGARÍA 3:
[1] DAARNA het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die Here staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae. [2] Toe sê die Here aan die Satan: Mag die Here jou bestraf, o Satan! Ja, mag die Here, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie 'n brandhout wat uit die vuur geruk is nie? [3] En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel staan. [4] Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.