Gered en geroep om heilig te wees (Deel 4) - Ds Gerhard Beukes
Вставка
- Опубліковано 17 гру 2024
- Geroep en Gered om Heilig te wees.
Deel 5
Die vrug as bewys van my redding (2)
4) Die van die Gees is lankmoedigheid.
Die deugde vav verdraagsaamheid onder provikasie. Om onder beheer te wees al word ek uigedaag en uitgetart. Om nie kop te verloor of irrationeel op te tree nie.
Mense sondig omdat hulle wil sondig. Hulle tree op volgens hulle vlees.
KOLOSSENSE 3:
[12] Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
II PETRUS 3:
[3] Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel [4] en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.
II PETRUS 3:
[14] Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. [15] En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,
5) Die vrug van die Gees is Vriendelikheid.
'Kindness' Besorgdheid en welwillendheid teenoor ander soos die Here aan ons bewys.
I THESSALONICENSE 2:
[6] Ook het ons nie eer van mense, òf van julle òf van ander gesoek nie, al kon ons as apostels van Christus met gesag optree. [7] Maar ons was vriendelik onder julle soos 'n pleegmoeder haar kinders koester.
II TIMÓTHEÜS 2:
[24] en 'n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
FILIPPENSE 4:
[5] Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
Jesus is ons voorbeeld.
MATTHÉÜS 19:
[13] TOE bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid; en die dissipels het hulle bestraf. [14] Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.
6) Die vrug van die Gees is goedheid.
Opregtheid van hart en lewe. Om aan ander goed te doen, al verdien hulle dit selfs nie. Moenie daarop uit wees om mense te ruïneer nie.
MATTHÉÜS 1:
[18] DIE geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees. [19] En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.
Verwys na 2 Sam 9:6-9 as illustrasie.
7) Die vrug van die Gees is getrouheid.
KLAAGLIEDERE 3:
[22] Get. dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie;
LUKAS 19:
[17] En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.
8) Die vrug van die Gees is sagmoedigheid
Gentleness and meekness behaviour.
Dis iets wat uitkring na ander.
My gesindheid teenoor God kring uit na ander.
JAKOBUS 1:
[20] Want die toorn van 'n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.
[21] Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.
[22] En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
GALÁSIËRS 6:
[1] BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.
9) Die vrug van die Gees is selfbeheersing.
Self control. Dit kan enige katagorie inhou. Van eet, spoed, die seksuele ens.
Sommige van hierdie dinge kan lang termyn gevolge hê.
HANDELINGE 24:
[24] En 'n paar dae daarna het Felix gekom saam met Drusílla, sy vrou, wat 'n Jodin was, en het Paulus laat haal en hom aangehoor oor die geloof in Christus. [25] Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek 'n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.
II PETRUS 1:
[5] En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, [6] en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug,
Mag die uitleef van die vrug, my kindskap versterk en bevestig tot eer van die Here.