God haat sonde - Psalm 38 - Ds Gerhard Beukes
Вставка
- Опубліковано 17 гру 2024
- God haat sonde.
Moenie Sy toorn en tug opwek nie.
Psalm 38
Sin comes as a friend to entice you.....
Die seer van sonde dien as 'n waarskuwing van onthou van die gevolge van sonde.
1) God se optrede as ek aanhou sondig.
Vers 1-3
Dawid het besef sonde het 'n groot prys. Hy was nie onkundig oor God se Waarheid nie.
Deut 17-19
Ex 34:6-7
Ons is meer bevoorreg as ooit..ons het soveel toegang tot die Woord. Die grootste vyand van God se Saak is die Kerk self.
Tug kan fisiese siekte wees, verlies aan eiendom, en selfs die dood.
Kinders van die Here is nie altyd skuldig aan doen sonde nie, maar ook nalaat sonde.
Bv.
Ons beroof God. God het nie ons goed en geld nodig nie.
MALEÁGI 3:8-10 AFR53
[8] Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. [9] Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie! [10] Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
Versuim van onderlinge byeenkomste.
HEBREËRS 10:25-27
[25] en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. [26] Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, [27] maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
JAKOBUS 5:14-16
[14] Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. [15] En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. [16] Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.
2) Die gevolge kan soms langdurig en pynvol wees.
Vers 4-11
II SAMUEL 12:10 AFR53
[10] En nou sal die swaard vir ewig van jou huis nie wyk nie, omrede dat jy My verag het en die vrou van Uría, die Hetiet, geneem het om jou vrou te wees.
God vergewe sonde maar die gevolge bly soms lewenslank.
GALÁSIËRS 6:7 AFR53
[7] Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maak.
3) Baie mense word geraak en beïnvloed deur my sonde.
Vers 12-13
II SAMUEL 12:14
[14] Maar omdat u die vyande van die Here deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe.
ROMEINE 2:24 AFR53
[24] Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.
Eseg 36: 20-23
4) Dank die Here, daar is 'n weg na herstel.
V 16,22-23
Pla jou sonde jou. Maak dit jpu bekommerd?
I JOHANNES 2:1 AFR53
[1] MY kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.
Heb 10:17
JESAJA 1:18 AFR53
[18] Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol
Glo God dat Hy vergifnis gee.
Gen 4:6
Vlug en Heers oor sonde
ROMEINE 13:14
[14] Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.