Gered en Geroep om Heilig te lewe - Deel 2 - Ds Gerhard Beukes

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 17 гру 2024
  • Gered en Geroep om Heilig te lewe.
    Deel 2
    Stel jouself tot beskikking van God
    Rom 6:12 en 13
    Almal op aarde is nie kinders van God nie.
    Lidmaatskap en oorgawes maak jou nie 'n kind van God nie.
    As jy nie aan Christus behoort nie kan jy nie heilig lewe nie.
    As jy weet jy was duisternis en nou is daar lig. Jou liefde vir God en sy Woord groei daagliks. Jy verlang om met God te praat in gebed. Wanneer jy van Bo gebore is en nuut geword het. Het God al vir jou 'n nuwe hart gegee.
    Eseg 11:19-21
    ESÉGIËL 36:26
    II KORINTHIËRS 5:17
    GALÁSIËRS 6:
    [15] Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar 'n nuwe skepsel.
    EFÉSIËRS 2:
    [10] Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
    Fil 1:6 sê vir ons dat die Werk wat Hy in ons gedoen het, sal Hy voleindig.
    Daar is 'n stoei en 'n stryd maar nooit 'n gaan lê nie.
    Eks my nie meer tuis in die wêreld nie, maar ek is nog in die wêreld.
    Ons is vreemdelinge op hierdie aarde.
    1 Kor 9:24-27
    I KORINTHIËRS 9:
    [27] Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.
    Rom 7: 18-25
    ROMEINE 7:
    [24] Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?
    [25] Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!
    HEBREËRS 12:
    [4] Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.
    Rom 8:18-25
    [25] Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.
    1) Moenie toelaat dat sonde in jou lewe en liggaam heers nie.
    Rom 6:12
    Don't let sin rule your body. After all, your body is bound to die, so don't obey your body.
    Staan in die teenwoordige imperatiewe vorm.
    Moenie dat sonde aanhoudend/ voortdurend in jou sterflike liggaam heerskappy voer nie, soos dit was voor jou wedergeboorte nie.
    STOP!!!!
    Neem 'n daadwerklike besluit!!
    Die liggaam is sterflik en sterwend.
    Ons kan nie toegee aan hierdie sterwende meester nie. (Walwoord en Zuck)
    ROMEINE 13:
    [14] Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
    GALÁSIËRS 5:
    [16] MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
    [17] want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. [18] Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
    [24] Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.
    I PETRUS 1:
    [14] Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.
    [15] Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,
    [16] omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.
    2) Stel jouself tot beskikking van God omdat jy Sy lewe ontvang het.
    Werktuie= Oorlogstoerusting
    Hierdie vers staan in die bevelvorm= Aoristus imperatief.
    EFÉSIËRS 2:
    [1] EN julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes
    [2] waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,
    [3] onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.
    EFÉSIËRS 4:
    [21] as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus:
    [22] dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
    [23] en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
    [24] en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
    ROMEINE 6:
    [11] So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
    II KORINTHIËRS 5:
    [14] Want die liefde van Christus dring ons,
    [15] omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.
    I PETRUS 4:1-2
    JUDAS 1:
    [24] Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
    [25] aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.

КОМЕНТАРІ •