Gered en geroep om heilig te wees (Deel 3) - Ds Gerhard Beukes

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 19 гру 2024
  • Gered en Geroep om Heilig te lewe.
    Deel 3
    T.V.O Galasiërs 5: 22,23
    Die vrug as bewys van my redding.
    Dis een vrug met 9 eienskappe.
    Daar is nie 'n gedeeltelike pakket beskikbaar nie, maar een in geheel.
    Dit is die karakter van Christus wat in ons lewens herskep word deur die werk van die Heilige Gees, terwyl ons geheilig word en meer soos Hy gemaak en verander word.
    JOHANNES 15:
    [4] Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. [5] Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. [6] As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. [7] As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. [8] Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
    II KORINTHIËRS 3:
    [18] En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
    GALÁSIËRS 5:
    [16] MAAR ek sê: Wandel (teenwoorditlg imperatief. Dis 'n opdrag. Ons is nie passiewe ontvangers nie, maar aktiewe doeners wat God aan ons opdra)
    deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; [17] want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
    Steun op die Heilige Gees, deur Sy Woord, gebed en afhanklike gehoorsaamheid waar ek myself tot beskikking van God self stel.
    Dis 'n daaglikse wandel, proses, lewenswyse waar ek moet groei en toeneem in die kennis van Christus my Verlosser.
    As ek die Gees bedroef deur die sonde, is die vrug minder sigbaar as in tye waarin ek in afhanklike gehoorsaamheid leef met die begeerte, dat Christus al hoe meer gestalte in my sal verkry.
    1) Maar die vrug van die Gees is liefde.
    I JOHANNES 4:8 AFR53
    [8] Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.
    Hierdie liefde is die Agapé liefde wat dui op die daad van die wil.
    Die goddelike liefde.
    Die liefde vir God dring my.
    JOHANNES 3:
    [16] Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
    God het gekies om te gee, sodat Sy kinders tot redding sal kom.
    Hierdie liefde is nie 'n voordra liefde nie.
    I KORINTHIËRS 13:
    [4] Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, [5] handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, [6] is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. [7] Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
    I JOHANNES 5:2-3
    Sonde is die enigste ding wat die vrug kan demp.
    2) Die vrug van Blydskap.
    Chara - Blydskap is 'n diepgesetelde wete en gedagte dat alles wel is met my siel. Dit is die werk van die Heilige Gees in die hart en lewe van die kind van die Here.
    Hierdie woord word 70 x in die Nuwe Testament gebruik.
    Daardie dankbare wete dat my sonde vergewe is en die skeidsmuur tussen my en God afgebreek is.
    JOHANNES 15:
    [11] Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.
    I PETRUS 1:
    [8] vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap.
    Dit is 'n blydskap van dit wat God in my hart gedoen het.
    Illustrasie van die verhaal van die man wat die lied " Dit is wel, dit is wel met my siel" geskryf het.
    3) Die vrug van die Gees is Vrede.
    Eirene
    Dis 'n kalmte in die storms. Al lyk dinge hoe woes, God is inbeheer.
    ROMEINE 8:28
    JOHANNES 14:27
    JOHANNES 16:33
    T.S.V omstandighede is die vrug van die Gees besig om in ons harte te werk.
    Bv Job, Elia, Habakuk, Paulus ens....sou ons soos goud tevoorskyn kom?
    FILIPPENSE 4:
    [6] Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. [7] En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
    HANDELINGE 20:22-24
    Slot:
    GALÁSIËRS 5:
    [23] Teen sulke dinge is die wet nie.
    As jy die vrug van die Gees dra, is daar nie 'n uiterlike wet nodig nie.
    By wedergeboorte ontvang ons die Heilige Gees ten volle. Daar is nie nog 'n krisis nie. Wedergeboorte is die volkome werknin Christus

КОМЕНТАРІ •