Kajafas, Judas of Maria. Wie is jy? - Ds Gerhard Beukes
Вставка
- Опубліковано 17 гру 2024
- Kájafas, Judas of Maria.
Wie is jy?
Johannes 11:45-57 & 12:1-11
T.V.O VERS 49
Wanneer ek Bybellees vra jpuself die volgende vra.
#Wat openbaar God oor Homself?
#Wat wil God my leer?
#Hoe kan ek afstand doen van die verkeerde en leef tot Sy eer.
JAKOBUS 1:22-27 AFR53
[22] En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. [23] Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, dié is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieël sien; [24] want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. [25] Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen. [26] As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs. [27] Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.
1) Kájafas die Pragmatis.
Vers 49
'n Pragmatis is iemand wat belangstel in dit wat werk. Nie wat noodwendig reg is nie.
Kájafas was 'n hoë priester en moes die volk lei in God se Waarheid.
Sy verantwoordelikheid was groot.
Sy lewe moes onberispelik gewees het, in Woord en daad.
Maar wat was belangrik vir hom?
Matt 26:58 - hy het gebly in 'n paleis.
Hy was omtrent vas aan sy aardse besittings.
Aansien en status was vir hom baie belangriker as God en die waarheid van Sy Woord.
JOHANNES 11:
[47] En die owerpriesters en die Fariseërs het die Raad byeengeroep en gesê: Wat sal ons doen? - want hierdie man doen baie tekens. [48] As ons Hom so laat begaan, sal almal in Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie albei afneem. [49] En een van hulle, Kájafas, wat daardie jaar hoëpriester was, sê vir hulle: Julle weet niks nie [50] en dink nie daaraan dat dit vir ons voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie.
Hoe sal sy lewe op ons van toepassing wees?
#Luister na die deursnee kerkleiers, onderwysers, wêreldleiers ens.
Kerke preek nie meer oor sonde, die oordeel en die hel nie. Die groot rede hiervoor is die liefde vir geld.
Mense het 'n verwronge verstaan oor God se Karakter.
Mense verstaan nie God se Heiligheid nie.
En dan is pragmatisme 'n groot probleem.
Mense vrees mense meer as God.
#Hoe lyk my en jou lewe?
Wat is altyd net voordelig vir my en my huis?
God se eer en God se Koninkryk is 2de op my prioriteits lys?
Hoe dikwels is ek en jy Kájafas?
2) Judas die Skynheilige.
JOHANNES 12:
[4] Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai: [5] Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie? [6] En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy 'n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.
Judas was 'n meester toneelspeler gewees. Hy was 'n skynheilige en het voorgegee.
Jesus het geweet wie hy was.
Met hierdie situasie was hy skoon woedend gewees.
MATTHÉÜS 26:21-25 AFR53
Terwyl hy reeds die Here Jesus verkoop het vir 30 sikkels silwer....
MATTHÉÜS 26:14-15
Hoe lyk ek voor die Here?
Hoeveel keer gee ons nie voor nie?
Die Here weet wie ons werklik is.
Verbly jy jou in mense se ondergang en seer en Sondae prys jy die Here.
Dis wie Judas was.....is daar van Judas in jou en my?
Skynheiligheid is vir die Here 'n gruwel. Bv Joh 8
3) Maria die ware aanbidder.
Vroue was pertinent opgeskrywe in Boek Johannes.
JOHANNES 12:3 AFR53
[3] En Maria het 'n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.
Dit was 'n hele jaar se salaris vir 'n gewone werker gewees.
Maria salf Jesus se voete, omdat Hy die redder van haar siel was.
MATTHÉÜS 26:
[13] Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n gedagtenis aan haar.
Lees ook LUKAS 10:41-42
Die kerk verkondig Jesus as die een wat afhanklik is van ons as mens.
Maria het besef wie Jesus is.
Sy was "uitspattig" in haar lewe vir Christus. Syt niks terug gehou nie. Sy't haar Alles gegee. Sy't Hom liefgehad het bo alles.
Dis 'n vervloekte Godsdiens waar ek God moet toestemming gee, waar God afhanklik is van my of as ek Hom moet toestemming moet gee om my te red. Dank die Here dat Hy ons oë geopen het vir daardie leuen.
Is ons 'n aangename geur van Christus, omdat ons heelhartig toegewyd is aan Hom?
JOHANNES 3:
[30] Hy moet meer word, maar ek minder.
FILIPPENSE 1:21-24
FILIPPENSE 3:13-15
Die vraag is: Wie is jy?
Hou die spieël van God se Woord voor jou op en wees eerlik voor God.
PSALMS 42:
[2] Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!