Anne van Green Gables - gelees deur Jackie Lätti

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 16 вер 2024
  • Hoofstuk 10 - Anne vra om verskoning
    Vertaal in Afrikaans van die oorspronklike teks deur Lucy Maud Montgomery met voorblad deur Gert Vlok Nel.
    beskikbaar van Naledi Uitgewers:
    naledi.co.za/p...
    Jackie Lätti is kleurryk en geheimsinnig; daarom sal mens nooit weet wat sy al alles gedoen het nie. Iewers in haar lewe was sy by die Universiteit van Stellenbosch waar sy drama gestudeer het. Sy kan met gemak die persona van ’n Namakwalandse ouma of ’n seuntjie van die Kaapse Vlakte aanneem. Sy het al radiodramas en teaterstukke geskryf en opgevoer. Meer onlangs het sy die teks van haar en Riku Lätti se musiekblyspel Pop aan ’n Toutjie geskryf. Sy het Anne of Green Gables van Lucy Maud Montgomery in Afrikaans vertaal. Laasgenoemde word deur Naledi uitgegee. Jackie is ’n veelsydige stemkunstenaar wat onder andere Jaco Botha se Lulu Lerulu kinder-oudioboek voorlees en talle karakters daarin vertolk. Sy is die matriarg, stem, vertaler en garderobemeesteres van Die Wasgoedlyn.

КОМЕНТАРІ •