Taboeksjou episode 5 "Left Behind" deur Anria Delport (boekbekendstelling)

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 4 чер 2024
  • Left Behind se boekbekendstelling is 14 Junie 18:00 - 20:00.
    by Blaauwklippen - R44, Strand Road, Stellenbosch.
    RSVP by Tertia Swart 078 648 8618
    of Tertia@maledi.co.za
    Anria Delport moes op twaalfjarige ouderdom haar pa aan die dood afstaan nadat hy sy eie lewe geneem het. Dertig jaar later, so oud as wat haar pa was tydens sy afsterwe, het sy nou ’n boek oor haar ervaring geskryf - Left Behind.
    Smart is ’n sterk gety wat jou intrek en kan verdrink in golwe van verdriet. Elke greintjie in jou liggaam smag terug na dié tyd in jou lewe toe jou realiteit bokant die watervlak was, toe jy kon asemhaal en rustig kon voortdryf, wetende dat die lewe goed is.
    Left Behind handel oor die besluit om eerder die gety van verandering en verdriet te omarm as om jou daarteen te probeer verset. Sodoende kan jy die pyn konfronteer en uiteindelik oorwin.
    “Die lewe kan baie positief wees as jy verby die tragedie kan beweeg. Dit gaan oor die klein vreugdes, die stof tot dankbaarheid. My wens is dat elke leser hul innerlike lig en doel in die lewe sal ontdek. Ons is almal vir iets groter as onsself bestem,” sê Anria.
    Left Behind bied waardevolle insig in die gemoedstoestand van ʼn persoon wat ʼn geliefde aan selfdood moes afstaan, spesifiek omdat dit gegrond is op Anria se persoonlike reis deur ʼn landskap van lyding en pyn.
    Die boek sal jou op ʼn helende reis neem, weg van dié wonde wat veroorsaak is deur die feit dat jy agtergelaat is.
    Left Behind bied raad en insig - maar veral hoop.
    Anria Delport is gebore in Pretoria en het in Stellenbosch gestudeer. Sy is ʼn suksesvolle kunstenaar wat haarself verdiep in kreatiwiteit en musiek, en elke druppel van die lewe wil indrink. Left Behind is haar debuut.

КОМЕНТАРІ • 3

  • @Renette-ry9td
    @Renette-ry9td Місяць тому +1

    Wow! Riku, julle. Dankie. Ek gaan bene breek om daar te kom.

    •  Місяць тому

      Jippie! Sien jou daar

    • @CreeperTrixGaming-eb4yk
      @CreeperTrixGaming-eb4yk Місяць тому

      wie se bene wil jy breek? Asking for a friend