Minette Visser gesels oor ooreet, kitsdiëte en obsessiewe gedagtes oor kos?

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 26 жов 2024
  • MENTORMAANDAG lewensafrigting ǀ Maandag 30 September
    𝗢𝗼𝗿 𝗱𝗶𝗲 𝘁𝗲𝗺𝗮:
    Vasgevang in ooreet, kitsdiëte en obsessiewe gedagtes oor kos? - Minette Visser, Gesondheidsafrigter en Nuwe jy-mentor
    MINETTE VISSER glo dat jy die lewe vanuit ‘n holistiese oogpunt moet benader en goeie koskeuses kan goeie gesondheid verseker. Ons moet ons kos geniet! Soos met baie dinge in die lewe, is balans uiteindelik die ding wat tel, en dít is bevrydend.
    “𝗞𝗼𝘀𝗱𝗿𝗮𝗻𝗴𝗲 𝘄𝗼𝗿𝗱 𝗱𝗶𝗸𝘄𝗲𝗹𝘀 𝗮𝘀 ’𝗻 𝘀𝘄𝗮𝗸𝗵𝗲𝗶𝗱 𝗯𝗲𝘀𝗸𝗼𝘂, 𝗺𝗮𝗮𝗿 𝘀𝗼𝗺𝘀 𝗶𝘀 𝗱𝗶𝘁 𝗱𝗶𝗲 𝗹𝗶𝗴𝗴𝗮𝗮𝗺 𝘀𝗲 𝗺𝗮𝗻𝗶𝗲𝗿 𝗼𝗺 𝗯𝗲𝗹𝗮𝗻𝗴𝗿𝗶𝗸𝗲 𝗯𝗼𝗼𝗱𝘀𝗸𝗮𝗽𝗽𝗲 𝘁𝗲 𝘀𝘁𝘂𝘂𝗿 𝘄𝗮𝘁 𝗼𝗻𝘀 𝗸𝗮𝗻 𝗵𝗲𝗹𝗽 𝗼𝗺 𝗯𝗮𝗹𝗮𝗻𝘀 𝘁𝗲 𝘃𝗲𝗿𝗸𝗿𝘆. 𝗕𝗲𝗽𝗮𝗮𝗹 𝘄𝗮𝘁 𝗷𝗼𝘂 𝗹𝗶𝗴𝗴𝗮𝗮𝗺 𝘄𝗶𝗹 𝗵𝗲̂ 𝗲𝗻 𝘄𝗮𝗮𝗿𝗼𝗺,” 𝘀𝗲̂ 𝗠𝗶𝗻𝗲𝘁𝘁𝗲 𝗩𝗶𝘀𝘀𝗲𝗿, 𝗮𝗮𝗻𝗯𝗶𝗲𝗱𝗲𝗿 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗼𝘂𝗱𝗶𝗼-𝗸𝘂𝗿𝘀𝘂𝘀, 𝗩𝗮𝘀𝗴𝗲𝘃𝗮𝗻𝗴 𝗶𝗻 𝗼𝗼𝗿𝗲𝗲𝘁, 𝗸𝗶𝘁𝘀𝗱𝗶𝗲̈𝘁𝗲 𝗲𝗻 𝗼𝗯𝘀𝗲𝘀𝘀𝗶𝗲𝘄𝗲 𝗴𝗲𝗱𝗮𝗴𝘁𝗲𝘀 𝗼𝗼𝗿 𝗸𝗼𝘀?
    𝗢𝗼𝗿 𝗱𝗶𝗲 𝗺𝗲𝗻𝘁𝗼𝗿:
    MINETTE VISSER se reis na ’n gesonde leefstyl het in Japan begin. As ’n holistiese gesondheid- en welstandafrigter deel sy graag haar kennis. Sy spesialiseer veral in die gesondheid van ma’s en kinders, want ’n gesonde leefstyl is meer as net voeding en dieet.
    𝗪𝗮𝘁 𝗷𝘆 𝗴𝗮𝗮𝗻 𝗹𝗲𝗲𝗿:
    ✅ Jou 𝗲𝗺𝗼𝘀𝗶𝗲𝘀 en kos gaan gewoonlik hand aan hand
    ✅ Sorg vir ʼn 𝗯𝗮𝗹𝗮𝗻𝘀 van kossoorte op jou bord
    ✅ Konstante 𝗴𝗲𝘄𝗼𝗼𝗻𝘁𝗲𝘀 maak op die langtermyn ʼn groot verskil
    ✅ Onthou jou lyf is ʼn 𝗶𝗻𝘀𝘁𝗿𝘂𝗺𝗲𝗻𝘁, nie ʼn ornament nie
    ✅ Elkeen van ons 𝘃𝗲𝗿𝘀𝗸𝗶𝗹 van iemand anders
    ✅ Jy is dit 𝘄𝗲𝗿𝗱 om ʼn gesonde leefstyl te hê
    #MentorMaandag - lewensafrigting wat fokus op WIE jy kan wees. Met trots geborg deur Clover Mama Afrika.
    #Lewensafrigting #GratisLewensafrigting #PersoonlikeGroei #NuweJy #MinetteVisser #SimplyFlourishWithMinette
    #Voelgoed│#DisnLeefstyl
    #MamaAfrika #ProfElaineVlok

КОМЕНТАРІ • 2