Ouma Kosie seep kook

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 22 чер 2012
  • Die proses van seep kook soos gedemonstreer deur Ouma Kosie van die plaas Nooitgedacht naby Jagersfontein in die Suid Vrystaat, Suid Afrika. (My gran demonstrating how to make soap the traditional way.)
  • Навчання та стиль

КОМЕНТАРІ • 16

  • @annienolan9951
    @annienolan9951 3 місяці тому

    Nostalgies. Pragtige video en goud werd.

  • @jacolubbe9364
    @jacolubbe9364 4 роки тому +3

    Knap gedaan
    Daai antie is haar sout wert!
    Ek geniet kaas maak mar wil nou ook seep kook

  • @crusadereducation8545
    @crusadereducation8545 4 роки тому +2

    Fantasties
    Baie waardevolle video, dankie!

  • @Hannetjie.
    @Hannetjie. 5 років тому +1

    Baie dankie Michiel, dit was nou heerlik om na die video te kyk! Ek het op die dorp grootgeword en het maar net gehoor van seepkook.

  • @MrBigsTube
    @MrBigsTube 12 років тому +1

    Super video Michiel! - iets wonderliks om jou Ouma mee te kan onthou

  • @mscommentry
    @mscommentry 11 років тому +1

    baie dankie. My ouma het ook haar seep gemaak. Ek kan dit nou nog ruik :)

  • @user-el2rh8oi4u
    @user-el2rh8oi4u 4 місяці тому +2

    Ek sal baie graag die hoeveelheid water, vet, soda wil bekom

  • @sophia5127
    @sophia5127 11 років тому

    Wonderlike nuus vir jong boervroue Dankie

  • @TheNotsoignorant
    @TheNotsoignorant 4 роки тому +1

    Hemel! Ek wil nie daai seeppot moet skoonmaak nie! Dis 'n helse pot! Wat 'n wonderlike geleentheid om hierdie oudtydse proses dop te hou. Dankie daarvoor! Ek kook ook seep. Dis harde werk en 'n kuns. Mens moet 'n aanvoeling he vir wat mens doen en die chemiese proses verstaan. Laas week het ek Rooibostee, heuning en Roosmaryn seep gemaak en dit het wonderlik uitgekom. Vandag maak ek suurlemoen seep.

    • @jacolubbe9364
      @jacolubbe9364 4 роки тому +1

      Jou seep klink bobaas
      Ek kan klomp sorte kaas maak mar wil ook graag leer seep maak

    • @TheNotsoignorant
      @TheNotsoignorant 4 роки тому +1

      @@jacolubbe9364 my nuutste seep-avonture is selfs beter as tevore. Ek het al dertig of so verskillende soorte seep gemaak en elkeen is spesiaal. Die nuutstes is (1)bokmelkseep, (2)Griekse jogurt met sandaalhout en patchouli wat fantasties voel op die vel en ruik, (3)klapper olie, klapper melk en bloekomolie sjampoe wat mens se hare behoorlik laat blink en my grootste verkoper is (4)houtskool, heuning en pepperment seep vir gesigwas. My formule beoog altyd om 'n mooi harde koekie seep te skep wat goed skuim, genoeg super-vet bevat (olies wat nie in seep omgesit word tydens verseping nie en dus bevogtigend is), 'n gebalanseerde mengsel van harde en sagte vette bevat, bekostigbaar is met bestandele wat nie te eksoties is of moeilik is om in die hande te kry nie en 'n resep wat weer maklik gemaak kan word. Huidiglik geniet ek veral warm proses seep wat, alhoewel 'n bietjie meer "rustic" in voorkoms is, beter is vir om te doen wanneer essensiele olies gebruik word (wat vir my belangrik is). Die seep word klaar gaar gemaak voordat die essensiele olies bygevoeg word. Sodoende word hulle nie beskadig tydens verseping nie. Warm proses seep neem ook nie so lank om te kuur nie. Begin gerus. As die gogga jou eers gebyt het sal jy dit baie geniet. Dis ook nuttig om 'n klein inkomstetjie ekstra te kan maak wat darem ook nie te versmaai is nie.

    • @jacolubbe9364
      @jacolubbe9364 4 роки тому +1

      TheNotsoignorant wow jou produkte klink amazing!!!
      Ek hou baie van olies en maak my eie houtskool
      Hoop ons kan in kontak bly
      Ek kan jou help om Goeie Bybelse olies te kry vir goeie prys
      Ek soek juis n lekker seep vir hare was
      Emy nommer
      0718861476

    • @TheNotsoignorant
      @TheNotsoignorant 4 роки тому

      @@jacolubbe9364 ek sal jou 'n sms stuur.

  • @jacobotma3604
    @jacobotma3604 5 років тому

    Baie goed verfilm.

  • @richern2717
    @richern2717 3 роки тому

    Werklik interessant. Goeie video. Wens ek het meer opgelet wat my Ouma gedoen het, maar Oupa het ons te besig gehou op die plaas. Heheheeh.

  • @Coen1121221212121212
    @Coen1121221212121212 12 років тому

    Wonderskoon dat Afrikaans. Ik kan het gewoon verstaan!