Bruis - Afrikaanse tydskrif
Bruis - Afrikaanse tydskrif
  • 45
  • 128 417
Antoinette Pienaar op Theefontein video 13
PERSKEBLOEISELS:
Vir nou geniet Antoinette Pienaar die sagte bloeisels van haar perskeboom op Theefontein… met die hoop dat sy vanjaar weer lekker perskes van dié boom sal kan eet.
Ons plaas elke Sondag 'n nuwe video van Antoinette op Bruis se Facebook-blad, ons webtuiste www.bruis.co.za en UA-cam-kanaal Bruis - Afrikaanse tydskrif.
Kontak gerus vir Antoinette by info@karookruie.co.za.
Geniet die video!
Переглядів: 356

Відео

Antoinette Pienaar op Theefontein video 12
Переглядів 1 тис.День тому
MOOI WEER EN WARM: As daar nou één ding is wat jy nié vir ‘n boer moet sê nie, is dit “mooi weer en warm”. Want dit beteken net mooi niks nie, sê Antoinette Pienaar van Theefontein. Sy deel wenke hoe om die weer te lees. Ons plaas elke Sondag 'n nuwe video van Antoinette op Bruis se Facebook-blad, ons webtuiste www.bruis.co.za en UA-cam-kanaal Bruis - Afrikaanse tydskrif. Kontak gerus vir Antoi...
Antoinette Pienaar op Theefontein video 11
Переглядів 83014 днів тому
HUISBROOD: Antoinette Pienaar het grootgeword met haar ma se huisbrood, maar eers toe sy op Theefontein kom, het sy sélf die kuns van broodbak bemeester. Oom Johannes het geglo as jy begin knie, moet jy heilige gedagtes in jou kop hê, vertel sy. Ons plaas elke Sondag 'n nuwe video van Antoinette op Bruis se Facebook-blad, ons webtuiste www.bruis.co.za en UA-cam-kanaal Bruis - Afrikaanse tydskri...
Antoinette Pienaar op Theefontein video 10
Переглядів 65821 день тому
KLIPKRALE: As daar nou een ding is wat Antoinette Pienaar se hart laat bokspring, is dit klipkrale… maak nie saak of dit hier en daar al ‘n bietjie stukkend is nie. Ons plaas elke Sondag 'n nuwe video van Antoinette op Bruis se Facebook-blad, ons webtuiste www.bruis.co.za en UA-cam-kanaal Bruis - Afrikaanse tydskrif. Kontak gerus vir Antoinette by info@karookruie.co.za. Geniet die video!
Antoinette Pienaar op Theefontein video 9
Переглядів 1,1 тис.28 днів тому
BLOM WAAR JY GEPLANT WORD: Antoinette Pienaar sê sy verbaas haar so aan ons mensdom wat so maklik ontevrede is met goeters… en dit is enigiets van jou hare wat te dun is of jou neus wat te krom is. Maar dan kom jy tot inkeer, en jy blom waar jy geplant is. Ons plaas elke Sondag 'n nuwe video van Antoinette op Bruis se Facebook-blad, ons webtuiste www.bruis.co.za en UA-cam-kanaal Bruis - Afrikaa...
Antoinette Pienaar op Theefontein video 8
Переглядів 785Місяць тому
SKOONHEID VAN WOORDE: In vandag se video gesels Antoinette Pienaar van Theefontein oor die impak wat haar mamma se liefde vir woorde op haar gehad het. Ons plaas elke Sondag 'n nuwe video van Antoinette op Bruis se Facebook-blad, ons webtuiste www.bruis.co.za en UA-cam-kanaal Bruis - Afrikaanse tydskrif. Kontak gerus vir Antoinette by info@karookruie.co.za. Geniet die video!
Antoinette Pienaar op Theefontein video 7
Переглядів 1,1 тис.Місяць тому
BLOEKOMBOOM: As daar nou een ding is waaroor Antoinette Pienaar van Theefontein graag ‘n gedig wil skryf of ‘n musiekstuk wil komponeer, dan is dit die bloekomboom. Ons plaas elke Sondag 'n nuwe video van Antoinette op Bruis se Facebook-blad en ons webtuiste www.bruis.co.za. Kontak gerus vir Antoinette by info@karookruie.co.za. Geniet die video!
Antoinette Pienaar op Theefontein video 6
Переглядів 1,2 тис.Місяць тому
VUUR: Vuur het ‘n betowering van sy eie. In vandag se video deel Antoinette Pienaar van Theefontein haar liefde vir vuur met ons. Ons plaas elke Sondag 'n nuwe video van Antoinette op Bruis se Facebook-blad, ons webtuiste www.bruis.co.za en UA-cam-kanaal Bruis - Afrikaanse tydskrif. Kontak gerus vir Antoinette by info@karookruie.co.za Geniet die video!
Antoinette Pienaar op Theefontein video 5
Переглядів 1,1 тис.Місяць тому
Werfwerk is meer as net diere versorg en jou omgewing regruk, vertel Antoinette Pienaar van Theefontein in vandag se video. Jy gebruik ook al jou sintuie om jouself te reguleer. Ons plaas élke Sondag ‘n nuwe video van Antoinette. Hierdie video’s is ook beskikbaar op ons webtuiste www.bruis.co.za en Facebook.
Antoinette Pienaar op Theefontein video 4
Переглядів 4,3 тис.2 місяці тому
As daar nou een ding is waaroor Antoinette Pienaar van Theefontein droom, is dit om een oggend die voordeur oop te maak en daar lê ‘n boksie wense vir haar en wag. In vandag se video vertel sy juis hoe haar ma vir haar en haar susters kleintyd stories gelees het en al die vreemde wense wat die karakters gemaak het. Ons plaas élke Sondag ‘n nuwe video van Antoinette. Hierdie video’s is ook beski...
Antoinette Pienaar op Theefontein video 3
Переглядів 1,5 тис.2 місяці тому
Het julle geweet elke hoender het ‘n gesig? En ‘n persoonlikheid? In vandag se video vertel Antoinette Pienaar van Theefontein in die Karoo meer oor dié geveerde diertjies.
Vinette Ebrahim
Переглядів 842 місяці тому
Vinette Ebrahim gesels in die nuwe Bruis oor haar trek Kaap toe en haar rol in die daaglikse e.tv-drama, 'Kelders van Geheime'. “Ons verfilm elke dag op ’n pragtige wynlandgoed, my karakter daag my uit en ek is naby my familie. Wat meer kan ’n mens vra?”
Antoinette Pienaar op Theefontein video 2
Переглядів 1,5 тис.2 місяці тому
In vandag se video gesels Antoinette Pienaar van Theefontein in die Karoo oor haar liefde vir hekke. Maar nie sommer enige hek nie, o nee, ‘n plaashek. En moenie vergeet nie, daar is ‘n spesifieke manier om ‘n hek oop en toe te maak.
Antoinette Pienaar op Theefontein video 1
Переглядів 2,7 тис.2 місяці тому
Vandag nooi ons jou om saam met Bruis by Antoinette Pienaar in haar Klein Wit Huisie op Theefontein in die Karoo te gaan kuier. Sy vertel ons meer van dié huisie, of haar hawe soos sy dit noem, waar sy vir 23 jaar saam met oom Johannes gewoon het voordat hy oorlede is. Sy wys ons ook die bene van ‘n kameelperd wat in die dak hang terwyl ‘n beesstert op die stoof prut.
Regardt van den Bergh gesels oor sy nuwe projek
Переглядів 1064 місяці тому
Die akteur en regisseur Regardt van den Bergh was reeds ’n groot naam in die plaaslike rolprentbedryf toe hy 37 jaar gelede ’n Christen word. Op 71 is hy steeds passievol om God se Woord deur sy flieks uit te dra en betrokke by ’n nuwe multinasionale mediamaatskappy wat inhoud vir die Christengemeenskap skep.
Podsendings met Hein Kruger
Переглядів 324 місяці тому
Podsendings met Hein Kruger
Sonja Herholdt
Переглядів 4362 роки тому
Sonja Herholdt
Amore Bekker
Переглядів 1652 роки тому
Amore Bekker
Johan Stemmet
Переглядів 1,8 тис.2 роки тому
Johan Stemmet
Carike Keuzenkamp
Переглядів 4,4 тис.2 роки тому
Carike Keuzenkamp
Bruis inspireer Amore!
Переглядів 4002 роки тому
Bruis inspireer Amore!
Cedwyn Joel
Переглядів 1,4 тис.3 роки тому
Cedwyn Joel
Hans Strydom 3
Переглядів 15 тис.3 роки тому
Hans Strydom 3
Hans Strydom 2
Переглядів 15 тис.3 роки тому
Hans Strydom 2
Hans Strydom 1
Переглядів 20 тис.3 роки тому
Hans Strydom 1
Niel du Bois
Переглядів 723 роки тому
Niel du Bois
Rina Hugo en Johan van Rensburg
Переглядів 13 тис.3 роки тому
Rina Hugo en Johan van Rensburg
Leon Schuster 3
Переглядів 19 тис.3 роки тому
Leon Schuster 3
Leon Schuster 2
Переглядів 7 тис.3 роки тому
Leon Schuster 2
Leon Schuster 1
Переглядів 4,6 тис.3 роки тому
Leon Schuster 1

КОМЕНТАРІ

  • @LittleOwl123
    @LittleOwl123 20 годин тому

    Antoinette ek wens jy kon n uur lank met ons gesels. Ek kan n leeftyd na jou luister en nog nie genoeg geluister het nie 🪻

  • @martha44290
    @martha44290 День тому

    Dankie liewe Antoinette 💛

  • @daleneoberholster125
    @daleneoberholster125 День тому

    Dankie Antionette! Jy maak my dag soo mooi! Ons het hoeka so n doodse winter gehad. Alles was honger vir die Lente. Gister die eerste ou blommetjies op die plaas raakgeloop. Was n pragtige dag. Liefde vir jou!

  • @elnaferreira8418
    @elnaferreira8418 День тому

    Baie dankie, pragtig. ❤

  • @nicinaude6189
    @nicinaude6189 День тому

    Ai dis darem so 'n pragtige gedig. Ek lief herfs en winter. Wonderlike seisoene wanneer die diere en die natuur regmaak vir hul rus. En soos jy tereg sê, Antoinette, ons moet dit ook doen. Tonne blessings vir jou.

  • @tertiavanromburgh1514
    @tertiavanromburgh1514 День тому

    Pragtig pragtig prágtig ❤ 🙏🏻🙌🏻😇

  • @benitaferreira7946
    @benitaferreira7946 День тому

    Baie baie dankie❤ Alles van die aller aller mooiste vir julle almal❤❤

  • @LizabettRusso
    @LizabettRusso 5 днів тому

    Please enable English translation

  • @annamariacalabro536
    @annamariacalabro536 5 днів тому

    Sottotitoli per piacere

  • @martha44290
    @martha44290 7 днів тому

    Ag hoe mooi....dankie Antoinette 💛

  • @Stroopy-ud8xn
    @Stroopy-ud8xn 7 днів тому

    ❤❤❤❤❤❤😊

  • @hanafri8
    @hanafri8 8 днів тому

    As ń gebore Namibiër,wat nou hier in die Kaap bly,mis jy die reuk van die reën,die windjie voor die reën,dit is net nie dieselfde nie. Reën in die Kaap is heeltemal iets anders,heel uit seisoen,bring koue wat jou binnetoe dryf,stormwinde wat alles wil wegwaai,skade ,vloede,ongelukke en ongeduld. Iets wat eerder weggewens word na dae van nat en triestige weer. Reën was soos iets heiligs in Suidwes/Namibia ,die uitkyk na die opsteek van die wolke,die windrigting,tekens van die natuur dat die reën oppad is. Ons as kinders mag nie geraas het as die reën val nie,want dit was iets heiligs.

  • @LittleOwl123
    @LittleOwl123 8 днів тому

    Beelskoon! Ek is so bitter lief vir die reen. En die reen ruik anders in die Karoo. Die wind huil ook anders hier. In die Kaap maak hy shhhiesss en hier in die Karoo maak hy n amper die geluid van n bees. So n diep dreunerige geluid. Ek kan ure so sit en luister en kyk 🩶

  • @daleneoberholster125
    @daleneoberholster125 8 днів тому

    Soo lekker om na jou te luister! Vat die ou gedagtes ver weg van al die ou onnodige dinge wat ons gedagtes deesdae so besighou. Dankie vir die wonderlike vertellinge. Dit is ook kos vir my siel.

  • @sannamagranna6552
    @sannamagranna6552 8 днів тому

  • @MarinaFPeres
    @MarinaFPeres 9 днів тому

    Legenda pleaseeeee!❤❤❤❤❤❤

  • @alidawolvaardt7864
    @alidawolvaardt7864 14 днів тому

    Antoinette - was jy in 1969 op huiskom in Minerva Stellenbosch?

  • @estellemclachlan9786
    @estellemclachlan9786 15 днів тому

    Ag Antoinette, jy is voorwaar 'n tonic!❤

  • @elizemeyer-hb1id
    @elizemeyer-hb1id 15 днів тому

    Môre Antonette, O ek geniet jou met sommer net alles. Dankie vir soveel deel met ons. Lekker dag verder vir jou.

  • @lizzieovermeyer2986
    @lizzieovermeyer2986 15 днів тому

    Ek is 69 jaar oud. Ek kan nou nog nie brood knie nie. ! My kinders het jare gelede gese, ; ek moet maar tou op gooi. Want brood knie is nie vir my nie.!! Dankie dat jy jou storie met ons deel❤ e

  • @Stroopy-ud8xn
    @Stroopy-ud8xn 15 днів тому

    More please

  • @Stroopy-ud8xn
    @Stroopy-ud8xn 19 днів тому

    I love listening to Antionette. Ik wou dat ik vloeiend Afrikaans kon spreken. Ik ben engels-nederlands-frans talig en mis het mening van bepaalde woorden en uitdrukkingen. Shem!

  • @lmy5pence481
    @lmy5pence481 19 днів тому

    So dan moet daardie klippe mos trou om by mekaar te pas. Antoinette lief jou stories kan net aanhou luister, lief jou werke en gesprekke. Jou kennis moet jy neer pens, jou mediese kennes van die plante ook.

  • @daleneoberholster125
    @daleneoberholster125 21 день тому

    Dankie vir die pragtige vertelling. Jy is soos n klip wat gedress is. Ek verkyk my nogsteeds aan die pragtigste klipmure hier naby my kinders se plaas. Naby die Seweweekspoort. Moes seker grensmure gewees het. Dink net hoe moes daar ingebuk en gesoek word vir klippe om daai mure te pak. Ek kan my net soos jy my verwonder aan klipmure. So kosbaar!

  • @daleneoberholster125
    @daleneoberholster125 21 день тому

    Pragtig! Wat n belewenis om die storie te kon hoor. My hele wese is vermeng met die ou Karoo se klipprag! Wat van die kunstig en vaardig gepakte mure wat n mens nog so plek plek langs die grondpaaie sien. Party lyk of dit grensmure kon gewees het. Ek kan ure daar loop en net myself in die verlede plaas. Wie het hier gebuk, opgetel en gepak? So, so mooi. Dankie Antionette. Jy het n hart wat soos n klip gedress is. Uniek!

    • @irenevanwyk1446
      @irenevanwyk1446 16 днів тому

      Pragtig. Hoe hou jy jou vel so mooi skoon..

  • @hanafri8
    @hanafri8 22 дні тому

    Hoe onthou ek nog ons kripkraal op ons plaas in Namibië❤ Ek het altyd ń spesiale opening in ons klipkraal gehad,ń spesiale plekkie waar ek ń "spesiale" speelding gebêre het tussen vakansies,terwyl ek in die koshuis was. Ook was die klipkraal my toevlug as ons mak werf springbok my oor die werf gejaag het😅 Wonderlike herinneringe,lank verby😢

  • @helenagouws865
    @helenagouws865 24 дні тому

    Sal ek nou by jou voor n kagggel vuurtjie, kombersie oor die bene en n kommetjie bonesop wil sit en gesels. Gesels van my liefde vir die natuur. Ek wil vertel van die lekker om aan n klip te ruik en die aarde te asem soos dit moes ruik met die skepping. Ek praat van my liefde vir n droë boom se gesels met my as die maanligstrale deur sy kaal takke vir ons luister en vêr antwoord n uil en vra maar net hoe. Hoe kom ek by jou uit Antoinette. Ek en jy sal van ligdag tot anderdag gesels oor die soet en suur van die lewe. Nooi my en wys my die pad na jou klein wit huisie met die man berg en die vrou berg agter hom. O ek sal vir n duisend maal kom. Antoinette ek sal kom

  • @Vintageleaf_7
    @Vintageleaf_7 24 дні тому

    Soooooo VARS....jou gesien JAAAARE TERUG OP GRAHAMSTAD KUNSTEFEES waar jy ongelooooflike kabaret gedoen het oor die uitkerf van Meiringspoort...die meermin in die poeletjie waar hartseer skaapwagter kom sit het met sy honger skapies...sy het die waternimfe opgeroep om groot waters te versamel en......daar was Meiringspoort... oeeee dit bly my tot vandag toe by...ongelooffffflike optrede...3 x props...sagte groot stuk blou lap...regop klavier..klein antieke vaas met veldblom in..jy het lannnggg rok aangehad, kaalvoet... Die vertelling het my soooo diep geraak...hoe wennns ek om dit weer te kan sien!!! Wat ñ INSPIRASIE...SOOOO DANKIE vir die memoir!!!

  • @sdippenaar7179
    @sdippenaar7179 25 днів тому

    As ek na jou gaan, sal ek waarlik probeer sorg dat daai aalwyn op jou oorskot kom groei - naby aan jou dan stil hart wat tans so warm hier klop - terwyl ons koppies tee sit en drink en uitsien na als wat vir ons voorlê.

  • @dynamicloco2186
    @dynamicloco2186 27 днів тому

    Ai Tannie ek is so dankbaar vir jou mooi stories en pragtige uitbeelding van ons taal. Baie dankie!

  • @MarinaFPeres
    @MarinaFPeres 27 днів тому

    Gostaria que tivesse opção de legenda em português Brasil!❤ Gostaria muito de compreender o que Antoinette está dizendo ❤❤❤❤

  • @mariauys2008
    @mariauys2008 28 днів тому

    Ek is mal oor al jou gesels. Ek het al by jou hek na daai withuisie verby gery. Eendag kan ek dalk deur daai hek sal wil gaan.

  • @candyv4921
    @candyv4921 28 днів тому

    I love this so much. More please ❤

  • @davidswanepoel9372
    @davidswanepoel9372 Місяць тому

    Net n tukkie vryheid .❤

  • @johanmarais4059
    @johanmarais4059 Місяць тому

    Wat n mooi mooi woord so waar gesondheid en geluk is alles. Jy is pragtig.

  • @user-rd3cv4gn7v
    @user-rd3cv4gn7v Місяць тому

    Mens soos ek Bloekomboom mens Vuurmens Vlakte mens Werfmens ! Nooit gedink daar is iemand op di ou aarde wat voel soos ek voel ni Altyd gedink my kop is ni baie lekker ni!

  • @user-rd3cv4gn7v
    @user-rd3cv4gn7v Місяць тому

    Ai wens ek kon net1dag saam met haar deurbring!

  • @heilastander7237
    @heilastander7237 Місяць тому

    Lekker om te luister.

  • @beatrixfourie9792
    @beatrixfourie9792 Місяць тому

    Baie dankie

  • @judithmitchellthedevotedlu3087
    @judithmitchellthedevotedlu3087 Місяць тому

    ooo jene, elke keer as ek vir Antoinette hoor praat dan sing my siel. Baie groete van Melbourne in Australie. Verlang elke dag huistoe.

  • @LizabettRusso
    @LizabettRusso Місяць тому

    Can someone please translate these videos with Antoinette?

  • @VanessaBadenhorst
    @VanessaBadenhorst Місяць тому

    Sielskos❤

  • @JohnitaleRoux-td8nh
    @JohnitaleRoux-td8nh Місяць тому

    Wat 'n lieflike juweel hier op UA-cam van Antoinette se wyshede --- so grondig geAARD en blink geslyp in die ondeurgrondelike skat wat Oom Johannes deur haar vir ons aangee, sonderling soos 'n Karoo-komeet. En wat 'n vonds ook vir Afrikaans. Teen die slot van hierdie episode, met die verwysing na die swaar dinge wat mens in die lewe "oorkom", kan slegs 'n klemverskuiwing in dieselfde woord dit vaartbelyn opklaar dat 'n mens dit wat jy "OORkom" kan "oorKOM"!

  • @LittleOwl123
    @LittleOwl123 Місяць тому

    My mooiste onthou is die tye dat ek op pa se skoot voor die dover stofie gesit het en hy vir ons stories vertel het. Die vlammetjies in hul blou, oranje, goud en rooi het soos dansende vuur feetjies gelyk. Vuur en kers is die storieman en die poeet se towerstaf 🤎

  • @wettham715
    @wettham715 Місяць тому

    Such a beautifully descriptive language. Baie dankie 😅

  • @lindabuitendag6247
    @lindabuitendag6247 Місяць тому

    Middag tannie kan u vir my wys hoe lyk die katjie drie blaar kruie plant asb. Linda

  • @HannetjieEsterhuyse-tv1hy
    @HannetjieEsterhuyse-tv1hy Місяць тому

    Dit voel vir my al asof ons twee sielsgenote kan wees. Dit sal vir my 'n blye dag wees om jou raak te loop.

  • @HannetjieEsterhuyse-tv1hy
    @HannetjieEsterhuyse-tv1hy Місяць тому

    Ai, hoendertjies! Ek het paar oulike stories oor die geveertes en hoe ek hulle beleef. Jy klim met jou vertelling in my kleintyd se hart.

  • @HannetjieEsterhuyse-tv1hy
    @HannetjieEsterhuyse-tv1hy Місяць тому

    Lieflike mens! Afrikaans sing op jou tong!

  • @HannetjieEsterhuyse-tv1hy
    @HannetjieEsterhuyse-tv1hy Місяць тому

    Antoinette, jy lig mens op uit die diepste gat met jou vertellings. In my verbeelding sien en beleef ek jou storie hier in Keetmanshoop Pragtig!