Die Instruksies oor Maandelikse Onreinheid

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 22 вер 2024
  • Wayyiqra/Levitikus 15:19-24,
    “En as 'n vrou 'n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid (H5079 נִדָּה niddah); en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.
    En alles waar sy in haar onreinheid (H5079 נִדָּה niddah) op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees. En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein. En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
    en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees. En as 'n man met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid (H5079 נִדָּה niddah) op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees.”
    “Niddah” beteken skeiding of onreinheid. Dit spreek van die tydperk wanneer ‘n vrou in haar maandelikse menstruele siklus verkeer.
    Hou in gedagte dat ‘n toestand van onreinheid nie noodwendig sonde is nie. Om onrein te word is meestal ‘n alledaagse, onskuldige gebeurtenis. Maar om te weet wanneer jy onrein is, is belangrik, omdat dit dikteer het wanneer ‘n persoon toegelaat was om die Tempel te betree. Aangesien daar geen fisiese Tempel vandag is nie, is hierdie saak veel minder van ‘n kwessie vandag oor of jy onrein is of nie.
    Nietemin is daar egter direkte opdragte oor of dinge verbode is gedurende hierdie tydperk.
    Wayyiqra/Levitikus 18:19,
    “Ook mag jy nie naby 'n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie.”
    “Om haar skaamte te ontbloot” is ‘n Hebraïese manier om te verwys na geslagsgemeenskap. Dit is die konteks van hierdie opdrag.
    Wayyiqra/Levitikus 20:18,
    “En as 'n man met 'n vrou gemeenskap het wat onwel is, en haar skaamte ontbloot - hy het haar fontein ontbloot en sy die fontein van haar bloed - dan moet hulle al twee uitgeroei word onder hulle volk uit.”
    Man en vrou moet albei afgesonder van mekaar bly in hierdie geval. Dit is wat bedoel word in Levitikus 15:19 in die sin van om nie jou vrou “aan te raak” nie gedurende haar maandelikse siklus. Die Hebreeuse woord vir “aanraak” kan die letterlike betekenis van aanraking weergee, al die pad tot intieme verhoudings.
    Ons leer vanuit Levitikus 18:19 en 20:18 dat die voorneme bestaan rondom intieme verhoudings.
    Die middel om onrein te word gedurende hierdie tydperk is ‘n kwessie van om blootgestel te word aan bloed. Nie om enigsins grof of onsensitief te probeer wees nie, maar ons moet in ag neem dat gedurende antieke tye, kon ‘n bed of stoel maklik blootgestel geword het aan bloed gegewe die feit rakende die manier hoe dit bestuur was...en natuurlik sou intieme verhoudings verseker die man aan bloed blootgestel het.
    Ons leer ook dat bad, wat ‘n mikveh of doop was, asook die was van klere, ‘n middel was om rein te word nadat ‘n persoon op hierdie manier onrein geword het. Dus pas alles mooi en dit blyk sin te maak.
    Die rede waarom hierdie onderwerp soms so gedebatteer word, is omdat sommige godsdienstige groepe na die uiterstes toe gaan om te verhoed dat iemand onrein word...daar bestaan selfs gevalle waar die man vir sy vrou ‘n aparte gebou oprig om in te woon gedurende hierdie tyd. Nie dat laasgenoemde noodwendig verkeerd is nie, maar dit is verseker nie noodsaaklik nie. Dit gaan eenvoudig oorboord. Gepaardgaande daarmee beweer diegene wat nie die Torah verstaan nie dat sulke groepe wél die Torah van YHWH bewaar soos dit bedoel was, dus, kan dit verwarring veroorsaak.
    Dus berus die keuse by elke vrou of sy na ‘n gemeentesamekoms wil gaan of nie gedurende haar tyd van menstruasie. Daar bestaan geen direkte opdrag dat ‘n vrou haarself moet onthou van enige interaksies met mense gedurende haar tyd wat sy onwel is nie. Enige ekstra instruksies is meestal mensgemaak in oorsprong en nie uit die Skrif nie. Die gemeentesamekoms is nie dieselfde as die opgaan na die Tempel van YHWH nie; die individuele gelowige in Yahshua is nou die Tempel van Elohim. Die Tempel van Elohim is sekerlik nie verwerplik gedurende die tydperk van ‘n maandelikse menstruasie siklus nie?
    En met al die verskeie reinigingsmiddele tot vrouens se beskikking vandag is die maandelikse siklus ook baie skoner as antieke tye en daarby bad vrouens ook elke dag om hulself fisies te reinig.
    Selah.

КОМЕНТАРІ •