Bouwer Bosch - God

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 3 жов 2024
  • geskryf deur Bouwer Bosch
    video deur Willem VAN DEN HEEVER en Bouwer Bosch
    Lirieke - Ek praat nie meer so baie met God nie en dis nie omdat ek kwaad is nie maar meer net omdat ek voel ek moet meer begin luister. As jy meer opgewonde raak oor jou kerk as oor jou God sou ek sê daar is 'n probleem. Ateiste tree soos Christene op en beoordeel almal wat nie soos hulle voel of glo nie. Ek weet soms nie wat aangaan nie en my swaar hart klop moeilik. My siel is die kaptein van hierdie skip en waar ek nou oor die rowwe see seil is dit God se winde wat my koers bepaal al mag dit voel of ek sink. Ek vra nie dat jy van my sal hou nie maar net dat jy vir 'n oomblik sal luister. Musiek is my alles, maar alles het al ook gelos met niks. Wat help dit 10 000 mense sing saam by 'n konsert, maar eks nie lief vir myself nie. Soms sukkel ek net om myself te wees. Woorde is leë aksies en ek kry myself dikwels op 'n plek waar ek net praat en nie leef nie. Ek glo in liefde wen, maar ek het ook al baie seer veroorsaak in baie lewens waaroor ek bitter spyt is. God is die pad, maar soms voel God in die pad. En dis hier by 'n ongelukstoneel wat ek my hart met jou deel. Ek luister elke dag as die skemer Sy naam skree en ek steel Sy genade by die oggend son. En dan besef ek, ek weet nie wat ek soek nie maar ek weet darem wie ek is. Ek vertrou nie altyd my hart nie ek moet hom dalk minder volg en ek moet leer om net lief te raak vir dit wat lief kan raak vir my. Musiek is net musiek is net musiek en as dit meer is moet jy sagter sit of selfs ophou luister. Jy sien, God is nie net goed omdat dit goed gaan nie. God is altyd goed. 'n Kind word gebore, God is goed. My pa het kanker, God bly goed. Jy sien, ek skryf musiek om te oorleef. Nie finansieel nie, maar emosioneel. En as ons nie alles verloor het toe ek 16 jaar oud was nie en ons nie in getrek het by 'n ander gesin nie en die barmhartige potchefstromer nie vir my sy kitaar gegee het nie sou ek nooit vir God ontdek het op 'n musikale manier nie. Persoonlik dink ek nie God het baie tyd vir Afrikaanse musiek nie, maar Hy is baie lief vir dans. Hy dans op my vals note oor die vreugde in die wêreld en Hy dans oor my opregte note met trane in Sy oë oor al die hartseer wat ons aan mekaar bring. My hart is 'n storm op die see. Die golwe gooi hom heen en weer, maar daar is vrede in die donderstorm. Die weerlig bliksem hoe ek God bewonder. Thank you for watching, please subscribe to support the channel.
    Connect on other platforms:
    Website: www.bouwerbosch...
    Facebook: / bouwerbosch
    Instagram: www.instagram....
    Twitter: / bouwerbosch
    TikTok: www.tiktok.com...
    Spotify: open.spotify.c...
    Apple Music: / bouwer-bosch
    Deezer: www.deezer.com...
    Soundcloud: / bouwerbosch
    Bookings: info@bouwerbosch.co.za
    #BouwerBosch

КОМЕНТАРІ • 555

  • @imorcilliers7899
    @imorcilliers7899 6 років тому

    Bouwer Bosch jy's n werklike inspirasie vir die mensdom🌼

  • @annekeellis7501
    @annekeellis7501 10 років тому

    Dit is 'n amazing liedjie, om dit van Bouwer Bosch te sien het my uit die veld geslaan, ek swot ook in potch en is bly om te weet hy is ook net 'n mens, met foute, met God in sy lewe, kan trots sê Bouwer Bosch is een van my gunstelinge... En ja GOD bly goed, omdat alles wat gebeur nie God se skuld is nie, maar die gevolg van mense se verkeerde besluite........... Goeie werk Bouwer Bosch....

  • @sunetreurnich5581
    @sunetreurnich5581 10 років тому

    Bouwer jy skyn waarlik baie helder. Die gedig laat my weer dink oor hoe ek vir God sien, en hoe ek Hom bo alles moet gaan plaas, bo al die aardse goed. Liefde wen!

  • @imghost3267
    @imghost3267 10 років тому

    bouwer dis een van die beste songs ooit. Nog asseblief nog!!!!!!

  • @suzaanrossouw5305
    @suzaanrossouw5305 10 років тому

    Hierdie is een amazing song!!!!!!!!!! Dit ontlok soveel emosies, so mooi, so perfek!!!

  • @katrienviljoen1185
    @katrienviljoen1185 10 років тому

    Dankie Bouwer Bosch vanaand het ek met skok besef hoe ver ons eintlik van God af leef en jy is reg.......God is goed God is altyd goed. Dit is nie God se skuld dat die mens wat hy met soveel liefde en so volkome geskape het swak optree nie, want as enige mens se kind oortree kan jy nie die ouer verantwoordelik hou vir die kinders se dade nie, GOD IS GOED EN GOD BLY GOED, NOU VERALTYD EN VEREWIG

  • @dolfvanwyk8265
    @dolfvanwyk8265 10 років тому

    Jy het my siening oor God sopas heeltemal verander. Dankie Bouwer, God IS goed

  • @JohannSteffen01
    @JohannSteffen01 10 років тому

    Baie dankie Bouwer ons het partykeer so iets nodig (jou song) om te weet ons is nooit allen nie, gister weer gehoor dat JESUS is orals met ons in die dood skaduwee, in die valei en ook op die hoogste kranse. Baie dankie vir jou boodskap.

  • @SkeletorFXB69
    @SkeletorFXB69 10 років тому

    God is Altyd Goed!! Dit kan dalk vir mense moeilik wees om te verstaan maar God is n God van liefde en is ALTYD GOED!!! Gan nou my straatligkinders playlist vir more oggend reg kry. Dit is vir my mooi. Rock hom uit bradda

  • @hermangroenewald5172
    @hermangroenewald5172 10 років тому +1

    Thnx! Dis baie mooi! ONS GOD IS ALTYD GOED!!

  • @pieterbronkhorst3305
    @pieterbronkhorst3305 9 років тому +1

    Bouwer die song is rerig amazing. Ons Koning bly amazing

  • @andredebeer4953
    @andredebeer4953 10 років тому

    Dit wat mens beleef saam met God moet jy met ander mense deel (well done Bosch!!) dit help weer ander om God vir hulle self te ondek. Elke mens se verhouding met God is anders en onvergelyklik. Respekteer mekaar se menings al stem jy nie altyd saam nie

  • @buksmoolman68
    @buksmoolman68 10 років тому

    Jy tokkel my hartsnare vriend Bouwer. Ek hoor die Here tussen jou woorde. By the grace of God am I ..

  • @corliafraser45
    @corliafraser45 10 років тому

    Hierdie laat my hart warm voel. Dis so bitter mooi...... Goeie werk! all truth!!!!

  • @imorcilliers7899
    @imorcilliers7899 6 років тому

    Bouwer Bosch jy's n werklike inspirasie vir die mensdom

  • @imorcilliers7899
    @imorcilliers7899 6 років тому

    Bouwer Bosch jy's n werklike inspirasie vir die mensdom

  • @hillianroman975
    @hillianroman975 10 років тому

    Ek het hoendervleis na ek geluister Bouwer. So mooi, en betekenisvol

  • @andriesvanschalkwyk359
    @andriesvanschalkwyk359 10 років тому

    Ek kan nie verstaan hoe die mense NIE kan verstaan wat jy se nie ????? God bly goed.
    Super Awesome Song Bouwer

  • @carolineheydenrychartist9732
    @carolineheydenrychartist9732 10 років тому

    Bower moet net een ding nie vergeet, God deel nie eer nie. ek like dit wat jy hier gedoen het.

  • @chanedebeer7058
    @chanedebeer7058 2 місяці тому

    Ek mag dalk enigste mens wat so dink maar hys gemaak vir rock. En rock music. Hy hoef nie sy geloof te verban of abandon nie. Ek dink net hy sing so goed rock. Hy sal rock kan change. ❤

  • @rucoebersohn7420
    @rucoebersohn7420 10 років тому +1

    Liggaam, siel en gees. Laat jou gees die kaptein wees met God se Gees wat in jou is.

  • @marynapretorius5192
    @marynapretorius5192 9 років тому +1

    Jy is so inspireerend. Jou woorde praat boeke en my siel lees. Dankie dat jy sulke amazing kunswerke uit bring!!!!

  • @tanneheyneke1045
    @tanneheyneke1045 10 років тому

    Great great nogmals great BOUWER!!! Min mense het die guts om dit te erken en dit te se!! jy het baie mense se harte geraak met die liedtjie !!! Well done !!high5

  • @shaunloubser
    @shaunloubser 6 років тому

    die woorder gee my nogsteed trane in my oe na soveel jaar @BouwerBosch . Thanks Mnr

  • @rethamaritz2407
    @rethamaritz2407 10 років тому

    Dankie Bouwer dit is so opreg, diep woorde kan hoor dis die hart wat praat.

  • @wesselswart5339
    @wesselswart5339 10 років тому

    love die musiek in agtergrond tesame met die AWESOME woorde wow ! GOD IS GOED...

  • @carolineheydenrychartist9732
    @carolineheydenrychartist9732 10 років тому +1

    ek like dit. Die Koning is nie beperk tot ons onvemoë om te verstaan nie. Jy was beweeg deur die Waarheid!

  • @klaasjan111
    @klaasjan111 8 років тому +1

    Even een reactie vanuit Nederland. Wow: christelijke muziek is over al. God is overal/ Amen!

  • @lelaneklose
    @lelaneklose 10 років тому

    dit vat baie om so eerlik te wees...respek... goosebumps en trane heel pad deur

  • @dominiquewatt8843
    @dominiquewatt8843 10 років тому +3

    van al die Bouwer liedjies en se goedjies is die die een wat my die meeste aan geraak het. dit maak mens se oogies oop, dankbaar vir mense wie God so baie lief het.

  • @WineAndWanderlust
    @WineAndWanderlust 10 років тому

    Lief dit !!!! Share dit met almal wat ek raakloop. Dankie Bouwer Bosch.

  • @skree-official2048
    @skree-official2048 10 років тому

    Het my gehelp BAIE DANKIE BOUWER !!!!!!!

  • @danielbruwer3728
    @danielbruwer3728 10 років тому

    Vlippen mal awsome Bouwer!!! Vst 'n man om op te staan. Min wat hulle God ernstig sal vat. Pappa God is TROTS!!!!

  • @johanfourie5905
    @johanfourie5905 10 років тому

    Nie die beste liedjie nie, maar niemand kan stry met jou lyrics nie.

  • @johandrekruger2912
    @johandrekruger2912 10 років тому

    Bouwer ou dit is die mees amazingste iets en die realste iets wat iemand nog ooit geshare het.

  • @quintesstaats5378
    @quintesstaats5378 10 років тому

    Amen.
    Bewonder God. Die God van wonders
    Amen again

  • @ZuenTheMan
    @ZuenTheMan 10 років тому

    Kan nie vir 'n meer inspireerende video vra as die nie. Dankie Bouwer!

  • @echoesfadingify
    @echoesfadingify 10 років тому +3

    " 'n Kind word Gebore, God is goed. My Pa het Kanker, God Bly goed." So waar.

  • @germabeukes
    @germabeukes 10 років тому

    Wow!!! Sit ek nou hier met trane in my oë.... Dis uitstekend!!

  • @WackyJack
    @WackyJack 10 років тому +4

    Absoluut awesome. Kon nie op n better dag kom nie! God is goed!

  • @Lyntjies100
    @Lyntjies100 10 років тому

    Bouwer, so waar so beautiful. God is ons hartkop altyd net soos afrikaans.

  • @shanedarkphoenix
    @shanedarkphoenix 10 років тому

    Wow...
    Fantasties geskryf!!
    God Bly Goed!!
    "Glo in God...glo ook in MY"....

  • @rickymeyer7421
    @rickymeyer7421 10 років тому +1

    Amazing. Hart rukkend!

  • @imghost3267
    @imghost3267 10 років тому +5

    bouwer dis een van die beste songs ooit. Nog asseblief nog!!!!!!

  • @ancoisnaude4087
    @ancoisnaude4087 Рік тому +3

    Baie dankie, God is ALLES in. My storms, dankie vir jou mooi boodskap. God will bless you💞🙏🏻🙌☀️✝️

  • @anrivanghent7702
    @anrivanghent7702 5 років тому

    Die is beautiful , ek het hoendervleis ❤️.

  • @johancilliers1507
    @johancilliers1507 10 років тому

    Vannaand het ek dit nodig gehad. Dankie God dmv Bouwer.

  • @ryxi777
    @ryxi777 10 років тому +1

    Wow Bouwer! Ek het dit meer nodig as wat jy besef. Baie dankie dat jy jou hart deel en ons herinner dat dit juis is wat God vra. Dat ons eerste ons hart met Hom deel, vir Hom gee.

  • @geocachesensei
    @geocachesensei 10 років тому +1

    Awesome awesome awesome!

  • @johnathanvanwyk9164
    @johnathanvanwyk9164 10 років тому +54

    Die mees inspireerende video wat ek al gesien het... Super goeie werk Bouwer!

  • @dalenevnel
    @dalenevnel 10 років тому +2

    Bouwer. Dit is real. Dit is fantasties. Dankie tog ons is almal verlore mense WANT God red verlore mense.

  • @vaughancoetzee
    @vaughancoetzee 10 років тому +9

    Well done Bouwer. God is goed.

  • @jpknoetze
    @jpknoetze 9 років тому +16

    Bouwer, ek lees die comments en dis sad. Sad vir so baie daar buite. Anyway, hulle probleem. Wil net sê hierdie gedig en toonset is ongelooflik inspireerend en wow, wat n verskil aan my denke. Jy is reg... God is altyd goed. Nie net sometimes nie. As dit goed gaan is dit goed, en as dit sleg gaan is dit ook goed, want dinge kan altyd slegter gaan. Jy het oê weer oopgemaak broer, en ek sê vir jou dankie. Mens volg en lees die Bybel maar vergeet gou die boodskap. Hierdie woorde staan egter elke dag in my hart. Dankie.

  • @qvan2troy
    @qvan2troy 5 років тому

    Bouwer ek is al vir n lang tyd n fan van jou, maar well done op hierdie gedig, verseker nie net van jou beste werk nie maar VERSEKER oor die GROOTSTE! AMEN!
    "Musiek is net musiek is net musiek en as dit meer is moet jy sagter sit of selfs ophou luister. Jy sien, God is nie net goed omdat dit goed gaan nie. God is altyd goed."

  • @ashgilchrist4565
    @ashgilchrist4565 10 років тому +3

    Hier uit China, wil ek se DANKIE!! So inspirational..

  • @theautocareguy6080
    @theautocareguy6080 10 років тому

    Bouwer Bosch jys awsome tjopa!

  • @rosadiamonds2204
    @rosadiamonds2204 8 років тому

    Dit is zo prachtig geschreven. Zo veel respect.

  • @leeroy251436
    @leeroy251436 9 років тому +3

    Die song het my verander !! my gewys daar nog hoop na als, dat GOD goed is, Baie dankie Bouwerbosch

  • @louisuys1722
    @louisuys1722 10 років тому

    If you haven't made any enemies in life, you have not been living. Your words have more power than most will ever realize. This gripped my heart. We we're given his infinite grace, God is good. My dad was an abusive alcoholic and I felt alone most of my life, God is STILL Good. I don't blame God for my troubles, but I thank him. Because they haven't killed me and I don't plan to die from it! He saved my life when I was an infant, the least I could do is give my life to him. I don't do it because I feel I should, but because I want to. But anyway! awesome song! powerful song. Never stop what you do Bouwer and Willem.

  • @wesselvanniekerk9365
    @wesselvanniekerk9365 10 років тому

    voel asof die lirieke my lewe kan verander...amazing video dankie bouwer!!!

  • @diematchien
    @diematchien 10 років тому

    Bouwer jy bringit ou! Dankie vir die insperasie!

  • @Toxity101
    @Toxity101 10 років тому

    Bouwer.. dankie.. Ekgan nou in Rekord eksamen in... hierdie is presies wat ek nodig het! Jys amazing!
    vrede

  • @tarienvanheerden8433
    @tarienvanheerden8433 10 років тому

    Wow is al wak kan se!!! Wow Bouwer!! Baie baie dankie!!!

  • @talliestaljaard7415
    @talliestaljaard7415 10 років тому

    Awesome!!!!!!!!!!!!Awesome!!!!!!!!!!!!!Awesome!!!!!!!!!!!!Awesome!!!!!!!!!!!!!

  • @lizevandermerwe4681
    @lizevandermerwe4681 10 років тому +1

    Sjoe! Hoendervleis mooi gese.

  • @SirWilliamSA
    @SirWilliamSA 10 років тому +3

    Bouwer doen dit weer, liefde wen! Dankie vir als wat jy doen!

  • @jackbezuidenhout2419
    @jackbezuidenhout2419 10 років тому +1

    AWSOME. EK LUISTER.
    Sang van David sal ek dit noem.
    Bouwer kom ons wees lief vir als selfs die Wie ons nie kan lief he nie, dit is ons werk.
    Soos Jy Skree LIEFDE WEN!

  • @daniellefrancis7425
    @daniellefrancis7425 6 років тому

    Bouwer, Luister na die kolletiew siel, die wêreld. Ons sink omdat ons ego te swaar is in die skip. Liefde vir jouself is nie afhangend van ander nie maar jouself, soos die bybel sê- pas jouself eers op voor jy na ander nasien. Woorde is leeg, aksies praat vir jou. "THE ONLY TIME PEOPLE THINK OF INJUSTICE IS WHEN IT HAPPENS TO THEM." Jy moet almal lief hê wat nie hulself nou kan lief hê nie. Musiek, musiek maak almal se hartklop op dieselfde ritme, dit bring almal saam. Klaar gepreek. #LIEFDEWEN

  • @anjahaasbroek5277
    @anjahaasbroek5277 10 років тому

    WOW! Baie dankie. Nie baie meer wat ek kan sê nie! Net DANKIE!

  • @jurgenssteyn9339
    @jurgenssteyn9339 10 років тому

    Dit is bja nice woorde en dit vat diep in n mens. Veral as jy bja dinge in die lewe verloor het en God gevind het op n harde manier

  • @mundell101
    @mundell101 10 років тому +1

    Kragtige woorde vriend, waar vir almal op een vlak of n ander. Jy het n manier om direk met n mens se innerlike te kommunikeer. Liefde Wen!

  • @leonvanzyl764
    @leonvanzyl764 10 років тому

    Ekt hier gekom om n cool song/ musiek vid te kyk.. Die was meer as dit.. Bouwer die was awesome dude. Jys een van die min ouens wat Afrikaans vir my verander het.

  • @divanwolf
    @divanwolf 10 років тому

    Eks nie n fan van Bouwer se werk nie.
    Maar dis n baie baie goeie video. Well done Bouwer Bosch.

  • @marlise3443
    @marlise3443 10 років тому

    sulke PRAGTIG woorde...- LOVE DiT.!!!!!

  • @anneliebadenhorst6252
    @anneliebadenhorst6252 10 років тому

    Baie waar woorde, die wat werklik weet waaroor Kind van God gaan sal dit verstaan. Dit is treffend.

  • @tiny5560
    @tiny5560 9 років тому +1

    “The most beautiful people we have known are those who have known defeat, known suffering, known struggle, known loss, and have found their way out of the depths. These persons have an appreciation, a sensitivity, and an understanding of life that fills them with compassion, gentleness, and a deep loving concern. Beautiful people do not just happen.” - Elisabeth Kübler-Ross

  • @abriegrobler847
    @abriegrobler847 5 років тому

    Ek hoor, en ek voel jou! dankie, ek het hierdie nodig gehad.

  • @marissavosloo-jacobs4869
    @marissavosloo-jacobs4869 10 років тому +1

    Ongelooflike mooi song en video !

  • @yolandiventer17
    @yolandiventer17 10 років тому

    Ek het gister vir die eerste keer die liedjie op RSG gehoor, dit is n bja mooi en inspireerende liedjie. Thanx vir die liedjie.Hou aan met die goeie werk!!!!!!

  • @Nardus06
    @Nardus06 10 років тому

    As alle gedigte maar net so mooi was... Respek Bouwer!

  • @johansteyn6124
    @johansteyn6124 10 років тому

    Uitstekend Bouwer! Jy maak baie goeie standpunt!

  • @chanelleterblanche9272
    @chanelleterblanche9272 10 років тому

    dankie God dat U deur bouwer n boodskap bring van vrede, liefde, hoop en genade. GOD BLY GOED

  • @jacques.groenewald
    @jacques.groenewald 10 років тому +6

    Wow Bouwer... jy het 'n tree gevat in geloof. Dit gaan moeilik gaan en baie mense gaan baie he om te se hieroor. God is goed en God is lief vir jou! Wees blessed! Dankie vir dit!

  • @imorcilliers7899
    @imorcilliers7899 6 років тому

    Bouwer Bosch jy's n werklike inspirasie vir die mensdom🌼

  • @crazYf0x44
    @crazYf0x44 10 років тому +1

    Bouwer jys naby aan baie ... l0ve dit !!

  • @pieter-hendriklund7255
    @pieter-hendriklund7255 10 років тому

    Bouwer!!!
    God bly altyd GOED well HY is GREAT!!! Sien as ek jou net gou n storie kan vertel oor hoe ek die ding sien...my geestelike roeping is om vir Christus te gaan vlieg in Afrika...ekt dit uitgevind toe ek in matriek was en vlieg was en is nog altyd my droom. Ekt gedink na matriek gaan ek n 'gap jaar' vat en terwyl ons op vakansie was daai Desember na matriek is ek letterlik oornag in n vliegskool gesit....(ALLES in GOD se tyd) my ouers het nie geld om die opleiding te betaal nie...en hoe ek dit sien is dat as jy nie daai half miljoen kan voorsien nie is alles in vlieg n helse challenge, want alles gaan stadiger, jy vlieg min en mense dink jy is nie ernstig oor die hele vlieg storie nie. Maar sien hulle weet nie hoekom ek vlieg nie en ek sal nie ophou totdat ek my roeping vervul het nie...elke dag is n challenge want as jy nie pelle verloor in die vliegongelukke nie druip jy n vak of jy is so lis om te vlieg dis gladi snaaks nie. Sien tot vandag toe weet ek nie hoe ek my vlieglesensie gekry het nie dis alles net Hy wat dit doen...soos jy se ek skryf nie musiek om finansieel te oorleef nie maar emosioneel is dit dieselfde met my...ek vlieg nie omdat ek baie geld eendag wil he nie...ek vlieg omdat ek lettelik n nuwe mens is wanneer ek vlieg.
    Ek wou maar net met jou deel...dis regtig n great "gedig" of song...watookal jy dit wil noem....of dalk nog beter dis n getuienis!!! Het my verseker gemotiveer..thanx ou BUL!!!!

  • @SumarieUys
    @SumarieUys 10 років тому

    Thanx Bouwer! I am undone...

  • @fezzer120
    @fezzer120 10 років тому +4

    Bouwer... Wees geseend. Die is 'n stukkie wat my diep geraak het...

  • @pietercvdm
    @pietercvdm 8 років тому

    Goed gesê. Dit voel partykeer Christene is geloof se grootste probleem. God is goed, mense nie altyd nie. God is opreg, mense nie altyd nie. God weet, mense nie altyd nie.

  • @SuperAssassin77
    @SuperAssassin77 10 років тому +1

    Hierdie het my aangeraak! Dis brilljant, ek was deurtrek met die hoendervleis!!

  • @janakriel5627
    @janakriel5627 10 років тому +1

    "Ek moet leer om net lief te raak vir dit wat kan lief raak vir my..." fave

  • @gideonliversage8958
    @gideonliversage8958 6 років тому

    het die nou baie geniet, kragtige video en net so baie mooi boodskap

  • @ReanCombrinck
    @ReanCombrinck 10 років тому +6

    Bouwer, ou jy praat diep woorde. Ek hoor bra, ek hoor.

  • @bruh6929
    @bruh6929 7 місяців тому

    I understood half of what you said & what you said is powerful!

  • @adriaanhubinger
    @adriaanhubinger 10 років тому

    Dude!! UITSTEKEND!! Well done.
    God is good, always...

  • @mtblover
    @mtblover 10 років тому

    Wow Bouwer!!!! Wow wow wow! Ek het so gehuil oor die video! Dankie! Ongelooflik!

  • @ZitaFilmz
    @ZitaFilmz 10 років тому

    baie baie awesome!! diep! Blessings!

  • @HauntedHistories101
    @HauntedHistories101 10 років тому

    Well done Bouwer. Dit is ongelooflik !!

  • @RedRhino_za
    @RedRhino_za 10 років тому

    Amen. Vrede vir almal!

  • @ryxi777
    @ryxi777 10 років тому

    Wow Bouwer! Ek het dit meer nodig as wat jy besef. Baie dankie dat jy jou hart deel en ons herinner dat dit juis is wat God vra. Dat ons eerste ons hart met Hom deel, vir Hom gee.