Bedien jy gees of intelek (Deel 1 v 5)

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 21 вер 2023
  • Hoe belangrik is dit vir jou as bedienaar van die Woord om jou hart te bewaar sodat jy die Woord vanuit jou gees kan bedien en nie net vanuit jou intelek nie.
    SPREUKE 4.23
    23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
    JEREMIA 23.29
    29 Is my woord nie só, soos 'n vuur, spreek die Here, en soos 'n hamer wat 'n rots vermorsel nie?
    JESAJA 55.11
    11 so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.
    MATTHÉÜS 6.6
    6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
    OPENBARING 3.16
    16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.
    MATTHÉÜS 15.8
    8 Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.
    MATTHÉÜS 7.7
    7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
    MATTHÉÜS 15.14
    14 Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as 'n blinde 'n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.
    MATTHÉÜS 7:21-23
    21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
    22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
    23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

КОМЕНТАРІ •