Bedien jy gees of intelek (Deel 2 v 5)

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 22 вер 2023
  • Hoe belangrik is dit vir jou as bedienaar van die Woord om jou hart te bewaar sodat jy die Woord vanuit jou gees kan bedien en nie net vanuit jou intelek nie.
    MATTHÉÜS 7:21-23
    21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
    22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
    23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
    SPREUKE 4.23
    23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
    MATTHÉÜS 7.7
    7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
    I KORINTHIËRS 2:11
    11 Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.

КОМЕНТАРІ •