Seil deur die ruimte (Riku Lätti) Langkloof Art Gallery & Sculpture Garden (Artist: Sheena Ridley)

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 21 чер 2024
  • sal jy vir my by die voordeur kry
    met jou tas in jou hand
    want ons het plekke om te gaan
    ons laai die kar
    kry koffie by die meul
    as die son ons kry
    is it net weer ek en jy
    sal jy vir my by die voordeur kry
    en ek vir jou
    op die pad kan ons besluit
    waarheen om te ry
    op die pad kan ons besin
    waar ons weer begin
    die wind waai deur die ruit
    en ek is vasbesluit
    ek en jy
    seil deur die ruimte
    in ons rubberwiel kajuit
    weet nie waarheen nie
    maar ons kom ook wel daar uit
    die waarheid bly staan
    lank na elke skip vergaan
    maar ons
    seil deur die ruimte
    oor ons aarde oop en wyd
    vryheid hier kom jy
    ons gaan staan langs die pad
    die agterband is pap
    ‘n man en sy koei
    wat hom met ons saak bemoei
    hy stop en vertel
    hy is gretig om te help
    en hier is hy
    ons kry raad van sy maat
    waar ons vanaand kan bly
    ‘n paradys met ‘n huis
    wat hy graag vir ons wil wys
    met ‘n vriend by die deur
    wat vra of ons bier makeer
    ek het uitgesien om die bosveld weer te sien
    en ek is steeds bereid om woestyne te bekruip
    maar ons is hier in ‘n bos
    meteens my kop verlos
    hier is ek
    in uit
    haal asem in en uit
    en ek lê my op die aarde neer
    en kyk op in die wolke kan ek sien
    as ek weer so sien
    was dit jaar of tien

КОМЕНТАРІ •