Churchil Naude - My Wêreld (Official Music Video)

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 21 жов 2024
  • My Wêreld
    Ek lewe in 'n wêreld waar straight mense skeef praat
    inderdaad my wêreld is desperaat
    my genade
    vergewe tog hierdie mede straightenaars hulle skewe dade
    want
    som het smart, som praat hard
    terwyl hul harte saggies bewe
    som is niggies, som is newe
    dis die wêreld dis die lewe
    is so swaar
    soes
    een plus ses sakke sout is sewe
    dis net pyn wat hul na strewe,
    iemand moet hul tog vergewe
    hul wêreld is soe goor
    soes almal net moed verloor
    oor geweld en soes geld
    'n gat in jou sak boor
    jy sal veg vir jou reg
    en al maak dit jou hoe sleg
    en al vat dit die laaste sin
    maak in jou lewe hoe weg
    my wêreld is soe groot
    waar mense net klein praat
    en almal soe desperaat
    die vis vrot van sy kop af
    dan baklei ons vir die graat
    hoor hoor inderdaad
    oh my hel my liewe hemel
    al my mede ingelegdes
    laat ons bid vir meer sonde
    en ons lus in die pad beslis
    soos som van onse honde
    hierdie wêreld is soe oud
    daa’s rerig tog niks nuuts
    alles is alles was
    opgekrapte -
    opgekotste - wêreldsnuus
    my wêreld is 'n plek
    waar die
    odds teen jou gestack is
    met sy face-less attackers
    met sy diep financial backers
    die lewendes almal vrek is
    my storie 'n donker plek is
    waar jy krummels vang van tafels
    wat met vleis en koek gedek is
    my wêreld is soe wreed
    elke hond - en sy puppies
    try jou yt te check en meet
    ons gooi mekaar met stones en sticks en halwe bricks
    oh grote griet, oh my gatta my petatta
    is my stem vi jou te hat'ha
    is jy biesig om my taal se siel vi’ jou te loep en vat'ha
    oh my hell oh my gedoorie
    moet tog nettie julle se ubuntu staan en kom veloorie
    oh hel my frikkedel, skink vi' my daar soe 'n sagte
    kyk hoe donker is die magte, hulle kruip soe orals rond
    wan’ my wêreld is gewond, en die pleister is te klein
    en dit lyk die selle smaak om uit te lek daar by die brein
    laat die son se strale net vir ons die haat kom weg skyn
    en amal praat soes praat 'n nuwe fashion is
    amal passionless
    hashtag this
    jy dink die wêreld is 'n pypkaneel
    elkeen suig daaraan en kry sy deel
    maar ek weet dit is 'n wurgpatat
    elkeen suig daaraan en sien sy gat
    ons wiet
    daar is mos dinge
    elkeen point dan nou 'n vinge
    dinge wat ons van niks van weetie
    niemand ken hoe lykie waarheid
    wan’ die wereld was nog nooit
    en is nog nooit vir dit gereed’ie
    en hulle amal staan rond met swaarde
    om te pro-tek wat hy be-sit
    want dit is mos hulle waarde
    oh my aarde -
    amal gloe hy’s oppie regte kant, oh my liewe my land
    amal van ons word gepatch en kan oorreed word met 'n rand
    hy maak of hy gesien hoe die visse mens geraak'it
    hoe die mense kêns geraakit
    toe die cellphone lens gemaakit
    oh my gonnatjie my piet
    julle sallie goed moet wiet
    jy’s van die geleerde wêreld
    ek van die verkeerde wêreld
    en dit laat mens nogal wonner
    as jy begin en jy’s onner
    dan betekin jou opinie ab-so-luut tog niks
    sonder '
    n plakkaat teen 'n muur, wat mense kan aangluur
    met jou opinionated vrinne om 'n braai met 'n bier
    en dis mos nou n ding,
    is nogal 'n ou ding
    ek wil niemand belas
    ek wil net so inpas houding
    ons laat die koor sing

КОМЕНТАРІ • 7