Ep 3 “So /hôro ons Saam”

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 26 лис 2024
  • Hierdie episode handel oor gehoorsaamheid, respek en dissipline teenoor jou medemens en ouers. Dit word op ‘n wysvolle manier vertel deur die nimlike Hata Saal, Benjamin Kriel, Magrieta Bezuidenhoudt en die plaaslike rieldansgroep wat lekker stof opskop by die Garies Munisipale Karavaanpark.
    “ So /hôro ons Saam “is ‘n 13 episode reeks wat verfilm was in die Ratelgat Erfenisgebied van die Weskus, in die hartjie van Namakwaland naamlik Garies, asook in die blommepragstreek van Springbok in die Noord-Kaap. Die program handel feitliks oor verskillende storievertellers van die verskeie streke wat hul interessante stories deel met kinders van die nuwe generasie. Dit is stories wat aan hulle oor vertel was deur hul voorvaders snags rondom ‘n kampvuur. Die program beloof om oud en jonk baie leer van die Griekwa sowel as die Namamense se kulturele erfenis, beginsel waardes en musiek. Julle kan besonderse inheemse kampvuur stories verwag wat deur verskeie bekende storievertellers van die streke vertel word.

КОМЕНТАРІ •