Ep 07 So Horo ons saam

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 29 лис 2024
  • Ons leer in hierdie program om mekaar van hulp te wees, en om nie in grootmense se geselskap te sit nie, asook om altyd daar te wees vir mekaar soos vertel deur Jakobus Beukes, Elizabeth Cloete en die Ouma met die pienk kappie “”Hata Saal “. ‘n Besonderse kombinasie van musiek en rymklets word ook weer gegee deur Phillip Johannsson en die Letterklip Rymkletsers.
    “So /hôro ons Saam“ is ‘n 13 episode reeks wat verfilm was in die Ratelgat Erfenisgebied van die Weskus, in die hartjie van Namakwaland naamlik Garies, asook in die blommepragstreek van Springbok in die Noord-Kaap. Die program handel feitliks oor verskillende storievertellers van die verskeie streke wat hul interessante stories deel met kinders van die nuwe generasie. Dit is stories wat aan hulle oor vertel was deur hul voorvaders snags rondom ‘n kampvuur. Die program beloof om oud en jonk baie leer van die Griekwa sowel as die Namamense se kulturele erfenis, beginsel waardes en musiek. Julle kan besonderse inheemse kampvuur stories verwag wat deur verskeie bekende storievertellers van die streke vertel word.

КОМЕНТАРІ •