Ep 05 So Horo Ons saam

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 26 лис 2024
  • In die Namakwalandse streek het mense al baie te doen gekry met spook verskynsels en beter kon ons dit nie hoor uit die mond van die plaaslike storievertellers John Boyes, Hata Saal en Oom Joey. Die rieldansgroep van Garies wys ons ook weer van watter stoffasie hulle gemaak is.
    “ So /hôro ons Saam “is ‘n 13 episode reeks wat verfilm was in die Ratelgat Erfenisgebied van die Weskus, in die hartjie van Namakwaland naamlik Garies, asook in die blommepragstreek van Springbok in die Noord-Kaap. Die program handel feitliks oor verskillende storievertellers van die verskeie streke wat hul interessante stories deel met kinders van die nuwe generasie. Dit is stories wat aan hulle oor vertel was deur hul voorvaders snags rondom ‘n kampvuur. Die program beloof om oud en jonk baie leer van die Griekwa sowel as die Namamense se kulturele erfenis, beginsel waardes en musiek. Julle kan besonderse inheemse kampvuur stories verwag wat deur verskeie bekende storievertellers van die streke vertel word.

КОМЕНТАРІ •