(Privaat) Adri en Fanie de Jager roudiens
Вставка
- Опубліковано 7 лют 2025
- Welkom by die roudiens van Stephanus Johannes de Jager en Adriana Maria nee Verhoef gelei deur Ds. Werner Smal vanuit NG Kempton Park Oos.
Ons harte breek vir julle verlies. Ons wens julle al die beste toe in die pad vorentoe. Mag julle troos en genesing by God vind.
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie
tot die eer van sy Naam.
Selfs al gaan ek deur donker dieptes,
sal ek nie bang wees nie,
want U is by my.
In u hande is ek veilig.
U laat my by 'n feesmaal aansit,
terwyl my teëstanders moet toekyk.
U ontvang my soos 'n eregas,
ek word oorlaai met hartlikheid.
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees in die huis van die Here
tot in lengte van dae.
Indien u meer wil uitvind oor NG Kempton Park Oos of ons direk wil kontak, kan u gerus op die volgende skakels klik vir meer inigting:
Facebook: / ng-kempton-park-oos-pa...
Webtuiste: www.ngkpo.com/
Wie is NG KPO?
NG KPO is ‘n ligbaken van God se liefde vir mense. Ons wil mense bedien met die lewende woord en hulle geestelike groei fasiliteer. Ons uitgebreide bedieninge is daarop gemik om ‘n werklike verskil aan mense se alledaagse lewens te maak.
Pragtige diens!!!!
Pragtige diens. Liefde en sterkte aan al hul geliefdes.