Dis tyd om te trek na Kleinfontein! - 'n Toer deur Kleinfontein

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 7 жов 2024
  • Kleinfontein is 'n unieke onge-ewenaarde Afrikaner Kultuurdorp.
    Sy huidige regsstatus 16 Maart 2018 is die van 'n Aandeleblokmaatskappy soortgelyk aan Kleinfontein se sustersdorp Orania. Nadat Kleinfontein aanvanklik 'n Koöperasie was is daar besluit om oor te gaan na 'n Aandeleblok Maatskappy omdat dit vir aandeelhouers meer eiendomssekerheid bied en nommerpas is vir 'n kultuurdorp soos Kleinfontein . Integraal tot die wet op die beheer van 'n aandeleblok is dat die wet daarvoor voorsiening maak dat elke aandeelhouer se aandeel gekoppel word aan sy erf.
    Elke aandeelhouer ontvang ook 'n landmeterskaart opgestel deur 'n geregistreerde landmeter. Uiteraard is vererfbare gebruiksreg van die belang asook lede se verpligtinge in die kontrak vervat.
    Kleinfontein se groei en die verval en onsekerheid van die nuwe Suid-Afrika het meegebring dat daar twee belangrike prosesse die lig gesien het.
    Die eerste proses is die van formalisering of andersins bekend as dorpstigting. Die tweede was die omskakel van die Koöperasie na ‘n aandeleblokmaatskappy wat intussen reeds voltooi is.
    #kleinfontein #erfenis #afrikaans #boermedia

КОМЕНТАРІ • 9

  • @annawitter5161
    @annawitter5161 2 роки тому +5

    Hemels! Dit lyk wonderlik daar, so mooi om die gees te sien van onse mense. Ons sal nie maklik ondergaan nie. Ek is in Nieu Seeland sedert 1993 , ons het besluit om te emigreer ter wille van ons drie jong kinders....en dis n lang storie! As daar toe n Kleinfontein was, het ek wraggies soontoe geemigreer en my klein bietjie daarin bele het. Ons land het meer sulke plekke nodig vir ons mense. Hou julle by julle stukke.....we will not be moved!! (dis van WW oorlog 1) Hou moed, en wees sterk en geseend! Ek bid vir julle almal.

  • @taniaspies3404
    @taniaspies3404 2 роки тому +4

    Ons is woonagtig op die Kleinfontein Kleinhoewes en ry so nou en dan deur die bo-dorp. So bevooreg en geseënd om hier te kan woon.

  • @honordiamond2548
    @honordiamond2548 9 днів тому

    Why cant this government learn from the Afrikaaner communities.... Strong Resilient and Principled with a vision for their people, I have so much respect for them, These people have got a Blueprint for structure.

  • @stephandeswardt5802
    @stephandeswardt5802 2 роки тому +1

    Dit lyk na n netjiese dorp in n mooi omgewing.....

  • @blessed162
    @blessed162 2 роки тому +2

    Waar op die aarde is Kleinfontein?
    Watter provinsie?

  • @gssrustenburg
    @gssrustenburg Рік тому

    My oorlede moeder het baie lekker in die aftree oord gebly tot met haar dood 15 jaar. Sover ek kan onthou bly eiendom wat 'n mens daar koop op kleinfontein se naam, maw ek kry nooit transport akte nie al is dit klaar betaal?