Een-word met... Jesus - Andries Enslin, 25 Maart 2018
Вставка
- Опубліковано 16 гру 2024
- 25 MAART 2018
ANDRIES
REEKS:WORD EEN MET…
TEMA:JESUS (HEILIGE WEEK)
TEKS:MARKUS 11:1 & 14:71 (NLV)
___________________________________________________________________________
HEILIGE WEEK - PALMSONDAG
Markus 11:8-11 (NLV) Baie van die skare het toe hulle bo-klere op die pad voor Jesus oopgegooi, ander weer groen takkies wat hulle in die veld gekap het. Met Jesus in die middel van die optog het hulle uitgeroep: “Prys God! Geseënd is die Een wat kom in die Here se Naam! Geseënd is die koningsheerskappy van ons voorvader Dawid wat aan die kom is! Prys God in die hoogste hemel!” So het Jesus toe in Jerusalem aangekom en na die tempel toe gegaan waar Hy alles rondom bekyk het. Omdat dit alreeds laat was, het Hy toe saam met die twaalf dissipels uitgegaan na Betanië toe.
MAANDAG
Vervloek die vyeboom.
Reiniging van die tempel.
Markus 11:25 (NLV) Maar wanneer julle besig is om te bid, vergewe eers enigeen teen wie julle ’n grief koester. Dan sal julle hemelse Vader ook julle oortredings vergewe.”
DINSDAG
Konfrontasie met leiers.
Toekomsgebeure en eindtyd.
Wees waaksaam en volhard.
Markus 12:29-31 (NLV) Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’ Die tweede gebod is net so belangrik: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Hierdie twee vorm saam die allerbelangrikste opdrag.”
STIL-WOENSDAG
Markus 14:3 (NLV) Intussen was Jesus in Betanië by die huis van Simon, die man wat van ’n ernstige velsiekte genees is. Tydens die ete kom daar ’n vrou in met ’n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit.
DONDERDAG
Paasete
Voete was
Getsemane
Word gevange geneem.
HOE WORD EK EEN MET HEILIGE WEEK?
P - Partytjie, gaan die lewe triomfantlik in as kind van God.
A - Aggressief, konfronteer vrugteloosheid en godsdiens in jou, kyk na jou verhoudings, jou toekoms en jou volharding.
L - Luister in stilte, maak jou besluite vas.
M - Maaltyd saam met geliefdes en nag van gebed.