Die ossewa en sy spore ~ Prof Erik Holm tydens die Dorslandtrekfees

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 12 січ 2025

КОМЕНТАРІ • 32

  • @pietmaritz1435
    @pietmaritz1435 4 місяці тому +3

    Dag Prof. Ek glo jy weet wat jy beryk het met die boek van jou. Dit sal ń Afrikana stuk wees vir ons Boervolk se geskiedenis. Hierdie boek sal as ń erfstuk vir ons mense wees en ń kosbare geskiedenis boek vir die opkomende geslagte. VADER seën daardie werk.

  • @paulmikula-y2p
    @paulmikula-y2p 4 місяці тому +4

    Prof Holm.A living legend and a South African treasure

  • @jorgfilter2241
    @jorgfilter2241 4 місяці тому +9

    Baie Dankie vir die behoudenheid en interessante kennis. Wat waens aanbetref weet ek dat ons Duitse voorvaders wat met die Hermannsburgse Sendelinge uitgekom hat in die 1870's in noord Natal ook koloniste gehad het wat in sekere bedrywe geleer was in Duitsland. Onder andere wa-makers. Ek wonder hoeveel geelhoutbome in ons area gekap is juis ook vir die maak van waens. In my onmiddelike omgewing is oor die 60 plekke getel waar houtbome oor gate laat val is om met die hand van bo en oder gesaag te word. Die duitse benaming is "Sägekuhlen". Destyds is waens gebou en verkoop teen sowat 70 Pond. Dit was dan ook die prys vir 'n gemiddelde plaas in ons omgewing. Ons het nou nog van daardie sae.
    My oupa-groetjie het op 'n stadium 'n redelike klein plaas gekoop in 1910. Om die geldsake te laat maak klop het hy 'n saagmeule begin wat oorspronklik met 'n stoomenjin aangedryf is. In my kinderdae in die 1970's is dit vervang met 'n Diesel enjin wat verskeie sae ens van 'n baie breë as met baie pulleys aangedryf is.
    My oupa, wat in 1983 oorlede is het nog steeds daagliks tot op 85 jarige ouderdom jukke gedraai. Vir sy draaibank het hy self 'n pulley uit hout gebou wat sowat 3 of 4 "V-belts" kon vat vir 'n swysmasjien. Maar ook 'n plat pulley wat hy "in die draai" die belt kon opgooi of afhaal met 'n stuk plank.
    Ek het 'n ou boek waarin opgeteken was wat hy en sy pa gemaak en verkoop het. Daar is baie verwysings na parte wat hulle vir ossewaens gemaak het. Die beskrywings/benoemings was ook maar Afrikaans en op 'n manier "verduits".
    Ek onthou ook nog toe daar 'n ou bokwa op die werf gestaan het. Van "Djarra-hout" gemaak. Die wiele lankal verrot, maar die bak nog daar. Nie vêr daarvan af, 'n ou "Vaaljapie"-trekker. Ook al geparkeer in sy "Ruhestand". (aftrede). Dan ook nog outydse implemente, soos 'n KRUPP hooisnyer ens. Die ou hooihark het my uopa nog met 'n trekker laat sleep. 'n Baie lang disselboom uit hout gemaak. En 'n plaaswerker wat die hooihark moes lig van tyd tot tyd, terwyl hy op die ystersitplek gesit het. Daarna is die hooi met hooivurke op 'n plat eenkel-as wa agter 'n trekker gelaai en in die Kukuya kamp in 'n hooimied afgelaai. Dis waar die melkkoeie dan gevreet het in die winter, buiten die radyse wat hulle gevoer is wat ook met die hand ge-oes is en vir hulle tydens melkktyd in krippe gevoer is. Wintersmelk het maar altyd na radyse geproe...
    Maar terug na die waens en wat daarmee saamgaan. My pa het tot in 2016 nog jukke gedraai. Hoofsaaklik vir swartes uit die omgewing wat nog met osse geploeg en geplant het. Ek weet ook dat daar 'n wyer en meer eenvoudiger jeuk was om tussen die rye te kan skoffel. Vir hierdie werk was daar gewoonlik net 2 osse gebruik. My oudste seun kon darem in sowat 2004 nog saam op 'n sleë saamry wat mielies gebring het om te maal. Die swartes het ook nog osse "ingeleer" vir die tipe werk. Maar ongelukkig sit hulle ook maar in die skaduwee van 'n perskeboom en kyk hoe die trekkers die werk doen, terwyl hulle by die werk in die tyd "afgevra het om te plant" maar slegs toekyk en hulle tuisgemaakte bier drink.
    My pa en sy neef het destyds nog met ossewaens gewerk. Ook met donkies (muilesels) is daar Wattelbas na spoorwegstasies aangery in die somermaande. Die tegnologie sedert die 1970's het met rasseskrede vooruit gegaan. Voor dit was dit stil en daar was geen of min gedreun / klankbesoeding gewees nie. Ek kan nog onthou hoe ek in die laat 1970's Diesellokomotiewe kon hoor wat sowat 30km vêr was. Deesdae is dit trekkers en vragmotors, kettingsae (voorheen net byle en handsae) en daarby baie meer motorverkeer.
    Ek het nog 'n paar "Yster-bande" van waens sowel as ysteraste -wat later as hoekpale vir draadheinings gebruik was.
    Op die plaas het ek ook nog "ysterwiele" met handvatsels wat my oupa gebruik het om die buitelyne van 'n ossewawiel uit te meet. In 'n spruit naby die plaas kon ek ook nog 'n ronde yster met 'n hoekyster vind tydens 'n droogte waarin ek vermoed houtspeke in uitgelê is om ossewaens-wiele te maak en te meet.

  • @monicaalberts8130
    @monicaalberts8130 4 місяці тому +6

    Naand Eric.....pragtige program!! Ek en jy was saam op Hoërskool Brits en in st 6 in dieselfde klas. En ek het voorreg gehad om jou besondere waens gesien

  • @mariananel3102
    @mariananel3102 4 місяці тому +13

    Dit was 'n wonderlike interessante praatjie!

  • @hantievanzyl2136
    @hantievanzyl2136 4 місяці тому +3

    Baie dankie prof vir hierdie openbaring van die ossewa.

  • @angelikaesterhuizen1691
    @angelikaesterhuizen1691 4 місяці тому +7

    Baie dankie, Baie interessant.
    In Swellendam, staan 7 of Meer, Bok Waens, net onder afdak, oorkant die kerk. 💜

  • @salomemalherbe677
    @salomemalherbe677 4 місяці тому +2

    Baie dankie vir n regtig fassinerende gesprek oor ons geskiedenis!!! ❤

  • @AIRview2
    @AIRview2 4 місяці тому +2

    Baie dankie hiervoor! So 🎉interessant en ons eie Geskiedenis!

  • @chrisduplessis1913
    @chrisduplessis1913 4 місяці тому +4

    Pragtige inligting. Baie dankie.

  • @stefanusswanepooel8834
    @stefanusswanepooel8834 4 місяці тому +3

    My oupa het ook transport met WA gery tussen Ellisras en Nylstroom. Daar was ook n uitspan op sy plaas. My oupa het tot sement met sy wa hartbeespoortdam toe gery toe hul dam gebou het.

  • @NickSchoonwinkel
    @NickSchoonwinkel 4 місяці тому +7

    Baie interessant. Riemland is indie Oos Vrystaat.

  • @lindagropp2965
    @lindagropp2965 4 місяці тому +1

    Uitsonderlike en genotvolle lesing! My Oupagroot Grobler was n wamaker. Nou verstaan ek baie meer. Hierdie baie geniet.

  • @hanettedebruin6342
    @hanettedebruin6342 4 місяці тому +2

    Wonderlike les van ons Afrikaners❤

  • @azawahk
    @azawahk 4 місяці тому +2

    Absoluut merkwaardig

  • @boermedia
    @boermedia  4 місяці тому +2

    Deel die video met jou familie en vriende sodat hulle meer kan leer oor die ossewa en sy spore wat hy in ons taal en geskiedenis gelaat het.

  • @jennywood7426
    @jennywood7426 4 місяці тому +1

    Very interesting and informative.😊

    • @boermedia
      @boermedia  4 місяці тому

      Glad you enjoyed it

  • @johanroux-yt5st
    @johanroux-yt5st 4 місяці тому +4

    My oupa het vir elke seun n klein replika van oorspronklike gemaak wat geslag na geslag oorgeerf word.

  • @ChristianSteinmann-i9i
    @ChristianSteinmann-i9i 4 місяці тому +1

    Naand Prof....Pragtig..!!

  • @WakkerWordWoord
    @WakkerWordWoord 4 місяці тому +3

    Ek het die volgende terugvoer op 'n groepie ontvang, mense verstaan net die verskil tussen "volk" en "nasie" nie; laasgenoemde is 'n politieke samevoeging, gewoonlik deur 'n kabaal... : "Die praatjie van Prof Holm oor die plek van die Ossewa in ons Afrikaner kultuur is groter, mooier en ryker as die reuse Botswana diamant wat nou die dag gekry is. Dit is ook ń baie diep goedvoel en emosionele belewenis oor hoe kultuurryk God die Afrikaner gemaak het en hoe ryk en besonder ons taal is. Daar is nou weer ń debat aan die gang oor die Afrikaner met baie negatiewe insette, maar ook baie positiewe stemme. Dit is tyd dat ons weer lief en trots word op die nasie wie ons is. Ons is deur God geanker hier aan die Suidpunt van Afrika. Ons is ń sterk nasie met sterk geloof in ons Vader wat ons tot hier gebring het. Al is ń groot deel van ons genote in die verre buiteland, hulle maak spore waar hulle is en die naelstring strek tot by die Ossewa. Stuur die video asb vir julle kinders en kleinkinders. Koop die boek as julle kan. Geseënde dag vir almal en vra die Here om ń nuwe voorslag aan jou sweep/lewe te sit. Oor berge en dale sal ons Koning Jesus verhoog en verheerlik."

  • @GoAndStay
    @GoAndStay 4 місяці тому +1

    Towards the Far Horizon the Story of the Ox Wagon in South Africa by Jose Burman, jy sal selfs leer wie Olaf Bergh was. Baie interessante boek

  • @learningtostream3919
    @learningtostream3919 4 місяці тому +3

    Ons gaan dit weer doen!

  • @WakkerWordWoord
    @WakkerWordWoord 4 місяці тому +3

    Werklik ‘n unieke lesing, ek het baie hieruit geleer en deel dit met familie en ander groepe.

  • @salomemalherbe677
    @salomemalherbe677 4 місяці тому +1

    Hoe lyk u boek ??? Waar kan ons een te koop kry ??

  • @AIRview2
    @AIRview2 4 місяці тому +1

    Kan ons iewers van hierdie noeke van Prof aankoop?

  • @monicaalberts8130
    @monicaalberts8130 4 місяці тому +1

    Te Hartebeestpoortdam mag dit goed gaan van Monica Alberts (Pretorius) v George KP

  • @godfreyberry1599
    @godfreyberry1599 4 місяці тому +3

    Oom U praat 100% WAARHEID. Die Afrikaner, afstamelinge van die Hollanders, Duitsers en Franse Hugenote moet NOOIT tweede in n ry staan.

  • @johannblignaut1966
    @johannblignaut1966 4 місяці тому +2

    Prof Erik so bly om u weer op skerm te sien.Altyd interesant.

  • @PhillipBarnes-k5w
    @PhillipBarnes-k5w 4 місяці тому +1

    Dit het julle van my voorouers geleer. Wit boere het nie gewerk nie, Korrek. Khoisan het hulle gehelp / geleer. Vertel die volle waarheid oom.

    • @bwarrior6340
      @bwarrior6340 4 місяці тому +1

      Bymekaar geleer sou ek sê.