Ek lees by 5:08 die befaamde Johannes Stegmann geb.15/10/1926 wie 'n uiterste rol gespeel het in SASOL se ontwikkeling. Sasol bou die Johannes Stegmann-teater op Secunda en oorhandig dit later aan die Govan Mbeki-munisipaliteit. (Soortgelyk presies dieselde in boustruktuur is daar die Ettienne Rousseau-teater op Sasolburg). Terwyl ek woonagtig was op Trichardt (aangrensend met Secunda) kry die Govan Mbeki-munisipaliteit dit in hul koppe die naam te wil verander van die teater. Ek woon die vergadering by en vra aan hulle of dit hulle sou geval dat ek hul kinders se name verander indien ek hul sou moes grootmaak. Eers word ek buite orde gereël maar volstaan op 'n antwoord wat uit die aard 'NEE' is. Ek antwoord met: "SASOL bou die teater en gee dit die naam Johannes Stegmann ter ere van sy bydrae. Uiteraard is dit die kind van SASOL. Almal van ons hier teenwoordig se verstand tesame is nie naastenby die gelyke van Johannes Stegmann se intellek. (Ek word nou beloer van alle kante!!). Die teater word deur SASOL oorhandig aan die munisipaliteit met my bewoording as volg: 'Kyk mooi na my kind, nou wil julle my kind se naam verander . . .!!" Was dit deels my bydrae, ek weet nie? Nou sien ek dat min. Gaytom McKenzie navraag doen oor R3miljoen wat verdwyn het vir instandhouding van die teater.
Ek lees by 5:08 die befaamde Johannes Stegmann geb.15/10/1926 wie 'n uiterste rol gespeel het in SASOL se ontwikkeling. Sasol bou die Johannes Stegmann-teater op Secunda en oorhandig dit later aan die Govan Mbeki-munisipaliteit. (Soortgelyk presies dieselde in boustruktuur is daar die Ettienne Rousseau-teater op Sasolburg).
Terwyl ek woonagtig was op Trichardt (aangrensend met Secunda) kry die Govan Mbeki-munisipaliteit dit in hul koppe die naam te wil verander van die teater.
Ek woon die vergadering by en vra aan hulle of dit hulle sou geval dat ek hul kinders se name verander indien ek hul sou moes grootmaak.
Eers word ek buite orde gereël maar volstaan op 'n antwoord wat uit die aard 'NEE' is.
Ek antwoord met: "SASOL bou die teater en gee dit die naam Johannes Stegmann ter ere van sy bydrae. Uiteraard is dit die kind van SASOL. Almal van ons hier teenwoordig se verstand tesame is nie naastenby die gelyke van Johannes Stegmann se intellek. (Ek word nou beloer van alle kante!!).
Die teater word deur SASOL oorhandig aan die munisipaliteit met my bewoording as volg: 'Kyk mooi na my kind, nou wil julle my kind se naam verander . . .!!"
Was dit deels my bydrae, ek weet nie?
Nou sien ek dat min. Gaytom McKenzie navraag doen oor R3miljoen wat verdwyn het vir instandhouding van die teater.
Uiters tragies! Wil net vat!