BEDANK OF BLY?

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 15 вер 2024
  • As jy die video sinvol gevind het, stuur gerus aan na diegene wat daardeur bemoedig of toegerus kan word. Dankie vir almal wat kontak maak en jul gebede. As jy belangstel om Evangelical Platform bediening te ondersteun vir toekomstige video reekse, skrywe en algemene navorsing, oorweeg asb. om by te dra ( evangelicalpla... ).
    - Hierdie video gaan deur 'n paar kykers-briewe i.v.m. veral die video "selfdegeslagverbintenisse. 'n Nuwe Godsdiens?" deur Dr Ferdie Mulder ( bit.ly/3ddNet5 )
    - "Department of Theology" ('n "God-centered" benadering) teenoor "Department of Religion" (of "religious studies", 'n "man-centered" benadering).
    "The difference is this: the study of theology is the study of God Himself first and foremost, while the study of religion is the study of a particular type of human behavior."
    • Introduction: What is ...
    - "3 Distinguishing Characteristics of a True Church"
    www.crossway.o...

КОМЕНТАРІ • 30

  • @johanvanwyk1093
    @johanvanwyk1093 3 роки тому +1

    Ek en my vrou is nou by die punt, na 'n leeftyd as belydende lidmate, om 'n besluit te neem oor ons lidmaatskap.

  • @sanetzwiegers564
    @sanetzwiegers564 3 роки тому +1

    Kan nie anders as om ne DANKIE te sê vir jou glimlag 😊wat met jou deel van die WAARHEID ...

  • @shaielrezamulder6132
    @shaielrezamulder6132 3 роки тому +2

    Loof die Here vir die waarheid wat deur God se genade steeds duidelik geopenbaar word

  • @johanbarnard1465
    @johanbarnard1465 3 роки тому +1

    Dankie vir die indringende boodskap - ek vertrou dit word bekend aan al die mee-gesleurdes - die bose dinge is 'n paar jaar gelede aan my bekend gemaak en ek het onmiddelik bedank uit die NG Kerk - wat 'n verligting om vry te wees van al die openlike bedrog, die brutale leuens en die opsetlike verdraaing van die Woord van die Skepprer lewende God - "may their judgement be swift and relentless"

  • @anitanortje1521
    @anitanortje1521 3 роки тому +1

    Dankie Ferdi. Prys die Here.

  • @nicobrits5111
    @nicobrits5111 3 роки тому +1

    My pa is ‘n afgetrede predikant en toe hy uit die NGK wou bedank (jare na aftrede) oor dié dinge het die sinodale kantoor hom ook met sy penioen gedreig.
    Eta Linnemann se boeke van die beste om liberalisme bloot te stel.

  • @dawnprinsloo6898
    @dawnprinsloo6898 8 місяців тому

    Geen wonder Jesus het vir Petrus gesê “wyk voor My satan, jy is vir my ‘n struikelblok. Jy bedink nie wat God wil nie maar wat mense wil” Amên.

  • @theov5590
    @theov5590 Рік тому +1

    Die NG Kerk transformeer haar self uit die Evangelie uit.

  • @ansieduplooy5321
    @ansieduplooy5321 3 роки тому +1

    Baie dankie Ferdie vir jou bediening ! Vir daardie dapper dominee wat opstaan teen die dwaalleraars in my ou kerk (NG) wil ek graag hierdie teks deel ter bemoediging:
    Mat 5:9 Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
    Mat 5:10 Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
    Mat 5:11 Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
    Mat 5:12 Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.

    • @Tsumebleraar
      @Tsumebleraar 3 роки тому

      Dankie Len. Bid vir ons ua-cam.com/video/pS8aYTvXPBg/v-deo.html

  • @sarelroeloffze
    @sarelroeloffze 3 роки тому +4

    Teologie moes nooit 'n akademiese rigting gewees het nie! Hoe kan jy iets studeer op universiteit wat deur God geopenbaar moet word?

    • @Gratusgratus
      @Gratusgratus 3 роки тому

      Heeltemal waar, Sarel. Teologie is 'n woord met 'n heidense oorsprong, wat Godskennis beteken asof ons deur navorsing vir God bestudeer. Ons mag en moet God se skepping bestudeer deur God se wetmatighede (sy wil) in die skepping te onbloot en so die skepping te bestuur. Maar ons kan nooit God se wet of Woord as sulks bestudeer nie. Ons kan slegs gelowig daaronder buig as openbaring deur God die Heilige Gees.

    • @carelroos8908
      @carelroos8908 3 роки тому

      Daar is baie goeie redes om Teologie te swat, nl. om God te loof, om iets te leer, wat ons nie anders sou weet nie, soos byvoorbeeld antieke tale en so kan ek aangaan. Ons moet egter by die regte kweekskole studeer en nie by plekke wat verot van die liberalisme nie, want liberalisme is so goed soos om God te laster.

    • @sarelroeloffze
      @sarelroeloffze 3 роки тому

      @@carelroos8908 Die Woord is genoeg. Hoe weet jy watter skole is nie vrot nie?

    • @carelroos8908
      @carelroos8908 3 роки тому

      @@sarelroeloffze Die Die skool,wat deur 'n kerk bestuur word, wat die Woord van God suiwer verkondig, die suiwere bediening van die sakramente toepas en die suiwere toepassing van die tig hantaaf sal waarskeinlik die beste teologiese skool wees.

    • @sarelroeloffze
      @sarelroeloffze 3 роки тому

      @@carelroos8908 al hoekom ek vra is dat al die kerke het hul eie skole en nog erger kan die een nie by die ander preek nie maar almal aanbid dieselfde God? Kan nie so wees nie, iets is mos dan verkeerd. Dan belangrikste is dat geen skool jou kan leer wat God jou moet openbaar nie.

  • @redfritz3356
    @redfritz3356 3 місяці тому

    Klink na 'n groot deformasie!

  • @coeniebre
    @coeniebre 3 роки тому

    Wat se inligting gaan 'n liberale Predikant aan 'n jong persoon gee, as die persoon dalk twyfel of hy gay is ? , gaan hy hom waarsku oor gevolge of aanmoedig om voort te gaan ?

  • @dawnprinsloo6898
    @dawnprinsloo6898 8 місяців тому

    Lees Romeine 1 vanaf vers 18-32 waar die Here self, Sy opinie oor die saak uit spreek. Lees dit saam met die
    Waarskuwing in Openbaring 22:18,19.
    God se Woord dra Opper gesag.
    Die mens kan en mag dit nie verander om by menslike opinies en interpretasies aan te pas nie. Die Woord verklaar self die Woord.
    Amên.

  • @carelroos8908
    @carelroos8908 3 роки тому

    Hier is nog 'n vantastiese behoudende gerevormeerde UA-cam kanaal.
    ua-cam.com/channels/OMxdXPGiRs7rrWkDg-g0eg.html

    • @SOLAplatform
      @SOLAplatform  3 роки тому +1

      Beste Carel, dankie hiervoor. Art 3 van die APK verhinder my egter om daai kanaal as 'n behoudende gereformeerde kanaal te verstaan.

  • @lenetterobberts802
    @lenetterobberts802 3 роки тому +1

    Dr Ferdi, ek is n ma van n gay dogter, wat ek wil vra is, hoekom word homoseksueel so uitgelig in die kerke, maar as daar egbreek in huwelike is waar buiteegtelike seks plaasvind, praat niemand daaroor nie, in so n tyd gebeur seks, wellus, egbreek, diefstal steel ander persoon se man of vrou, maar hulle altyd welkom. My kind en haar vriendin dien die Here, hulle het n baie mooi verhouding, goed vir mekaar, kyk na mekaar, baie beter as meeste huwelike. Gay mense is na aan my hart, hulle word erg beledig deur Christene. Ek kan nie dink dat hulle met hulle lewe wat hul lei sal hel toe gaan nie. Dankie Ferdi. Lenette

    • @baarki
      @baarki 3 роки тому

      Die kerk gee nie om vir jou kind nie. So lank as wat die bronsrydperk boekies klakkeloos nagevolg word.

    • @baarki
      @baarki 3 роки тому +1

      En selektief ook.

    • @lenetterobberts802
      @lenetterobberts802 3 роки тому +1

      Ja my hart kry baie seer oor al die seermaak woorde en oordele

  • @hermankern3939
    @hermankern3939 9 місяців тому

    Nee wat, ou video 3 jaar gelede, ek bly!!