NG KERK BEKERING?

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 15 вер 2024

КОМЕНТАРІ • 67

  • @errollmulder8850
    @errollmulder8850 2 роки тому +10

    Once more 'bravo' Ferdie for speaking out patiently and lovingly on the essence of the Christian faith. And 'bravo' to the Namibian Synod for discerning the truth and courageously tackling heretical leadership and teaching issues in their midst and in South Africa. We follow developments with interest, concern and prayer. Die wat vir die waarheid staan kan gerus aanhou 'brom!'

  • @PietM749
    @PietM749 2 роки тому +15

    Hierdie video is hartsverblydend. Ek het die NG Kerk meer as dertig jaar gelede verlaat. Dit was geen blye dag toe gewees soos baie dit wou afmaak nie. Ongelukkig het baie lidmate oor die dekades hulle losgemaak van hierdie eens gereformeerde liggaam. Sommige het met swaarkry 'n nuwe liggaam gevind, maar die grootste hartseer is dat die meeste net kerklos en kerkloos geraak het, of hulleself by groter dwalings gevoeg het. Die herders het die skape vir die wolwe gelos. Omdat Artilels 28 en 29 van ons NGB belydenis geïgnoreer en selfs geminag is, het hierdie dinge gebeur. Ek loop nie met verwyte in my hart hieroor nie, maar met hartseer. Tog is dit nooit te laat vir bekering nie. Wat by die mense onmoontlik is, is inderdaad by God moontlik. Ek bid vir my broers en susters in Christus Jesus om hierdie moeilike pad met volharding te loop. Ek bid met nederigheid en eie sonde vir ware bekering daar. Mag die vrede en genade van God julle vergesel om weer te kan sê: Sola Scriptura, sola fidé, sola gratia, sola Christos en soli Deo gloria.

  • @Gratusgratus
    @Gratusgratus 2 роки тому +5

    Baie dankie, Ferdie. Pragtig! Ek wonder of beroep-afwagtende proponente in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, wat al maande wag op 'n beroep, hulleself nie moet aanmeld by daardie NG gemeentes wat tevergeefs wag om 'n Gereformeerde predikant te bevestig nie. Ek bring hierdie video onder hierdie jongmanne se aandag.
    Neels Malan
    Emeritus
    Gereformeerde Kerk Bethulie

    • @PietM749
      @PietM749 2 роки тому

      Die Gereformeerde Kerk( GKSA) het vanjaar self nie eens een eerstejaarstudent in die teologie nie. Waarskynlik omdat kerkleiers soos prof. Fika van Rensburg ook al saam met die Moslems bid. Die liberale teologie is ongelukkig ook al stewig geanker in die Dopperkerke en hulle Teologiese Skool.

  • @jeannevanderwesthuizen942
    @jeannevanderwesthuizen942 2 роки тому +5

    Uitstekende video. Bemoedigend vir ons wat jare al ontsteld is oor die pad wat die liberale mense in sinodale posisies die kerk dying en probeer kaap.

  • @hennievanstaden5860
    @hennievanstaden5860 2 роки тому +7

    Hoe bereken jy die koste van siele, kan Nelus dit bereken??????

  • @burgervisser8504
    @burgervisser8504 2 роки тому +5

    As ek aan God , Jesus en die Gees van waarheid dink en werklik ernstig aan hulle funksies soos deur die woord verklaar, is die onkunde en onsekerheid deur teoloe net eenvoudig skokkend. Hulle sal seker dieselfde van my se.. Die eie god wees is eie aan hulle en die kompromie met die wereld sal net meer intens raak. Omdat bekering nie juis van waarde geag word in die kerk nie , word die massas net meegevoer onder leuns ondat hulle nie deur die Gees gelei word nie. Die ng kerk sal waarskynlik bestaan omdat mense geskep is met n soeke na betekenis en waarheid. As hulle nie van beter weet nie , gaan hulle na dit wat lyk soos die waarheid. Hulle dien tradisies en die ng k verwys gereeld na hulle tradisies.
    Nooit het Jesus erkenning gegee aan denominasies of sekere denk rigtings nie. Dit het my n tyd geneem om te aanvaar dat God , Jesus en seun en Sy gees van waarheid volkome sin maak en totaal voldoende is.
    Die Gees van waarheid onderig my en God se woord bevestig wat die Gees my leer. Ek dra nie die titel van gerformeerde, pentacostal of wat ook al nie. Dit was n benoude gedagte om my hiervan los te maak, maar ek is die Here oneindig dankbaar dat Hy my deur die vals skuldgevoelens geneem het.
    Ek kan net probeer dink die skok wat ervaar word as mense nadat hulle werklik sien dit wat die oog nog nie gesien het nie en die oor nog nie gehoor het nie en dit wat in hulle harte nog nie opgekom het nie en hulle moet die woorde hoor , gaan weg van My , Ek ken jou nie. Die gedagte is erger as die hel self en my smeek gebed vir mense is buig jou knie , dat Sy Gees van waarheid jou vul. Hierdie sinnelose kompromiee met die wereld, wat totaal die denke van Satan, vind baie maklik n landingsplek daar waar God nie is nie.

    • @errollmulder8850
      @errollmulder8850 2 роки тому

      The days of church denominationalism and institutionalism are over. As a longstanding denominational minister I recognized that 14 years ago. It was a costly decision. God is gathering his faithful remnant all around the world, who glory only in the Person of Jesus, his Cross and (historical) Resurrection from the dead. Christ alone, through the Scriptures and the Holy Spirit, is the functional Head of the Church his Body. By that principle we can work out the practical ramifications under the leading of God.

  • @andrieshumphries3929
    @andrieshumphries3929 2 роки тому +2

    Ek het die NG Kerk verlaat toe God op 'n wonderbaarlike wyse sy Bybel waarheid aan my bekend gemaak het. Keer terug na God se Woord nie wat julle verkondig nie. Het julle 'n idee wat die merk van die dier is? Wie die dier en sy merk is? Nee, want julle lees nie die Bybel nie. Vasgevang in tradisie! So jammer.

  • @annanievandenberg398
    @annanievandenberg398 2 роки тому +4

    Wat ñ gemors!
    Dis tè laat vir omdraai. Hartverskeurend.

  • @joeyels4638
    @joeyels4638 10 місяців тому

    Dankie dankie vir die waarheid. Mag ons Christene wat neig tot afdwaling tog wakker skud en by die ware lewende Woord van God bly. U Woord sê ons sal 'n stem agter ons hoor, wat sal sê nie hierlangs nie en vir ons die regte pad aanwys. Jesus U is die enigste ware lewende God.

  • @alomaengelbrecht
    @alomaengelbrecht 10 місяців тому +1

    Baie dankie vir die wonderlike uitleg. Ons sal vashou aan die Woord'

  • @marietteschlebusch3653
    @marietteschlebusch3653 2 роки тому +4

    Mt biddende dankbaarheid loof ek di Here v hierdie platvorm Dr Ferdie...en ook vir elke ander NG predikant, lidmaat en elke gelowige wat opstaan vir Die Woord van God as di hoogste gesag wat nooit kan of sal verander nie. Mag di post-moderniste en liberale teoloë tot inkeer kom voordat God die plae oor hulle bring en hul deel aan di boom van di lewe in die heilige stad wegneem. Open22:18&19 Laat ons nederig en biddend bly voordat di LEWENDE GOD as verterende vuur ook teen ons staan. Heb12:28&29, Heb10:29-31, Jak4:6-10

    • @marthievandermerwe4058
      @marthievandermerwe4058 10 місяців тому

      Dit ruk my in hart dat daar predikante is wat die Woord van God verdraai. Die diere stel vir ons 'n voorbeeld.

  • @esthervanschalkwyk2620
    @esthervanschalkwyk2620 2 роки тому +13

    Ek stem 100% saam. My ontstellende ervaring is dat baie lidmate al so lank aan liberalisme blootgestel is, dat hul skynbaar niks met die huidige stand van sake fout vind nie.

    • @johankuhn5348
      @johankuhn5348 2 роки тому +1

      Ek was vir 10 jaar daaraan bloot gestel. Ek dank die Here dat ek,deur sy lyding, myself daarvan los kon maak. Ek het nie die NG Kerk verlaat nie maar 'n NG Kerk gevind waar die Evangelie van Christus nog verkondig word. Soek en jy sal vind.

  • @jjkoos
    @jjkoos 2 роки тому +4

    Die Algemene Sinode se kommentaar is vir my skokkend! Dit is bloot degraderend (belaglik maak) teenoor Sinode van Namibië

  • @antonpietergous
    @antonpietergous 9 місяців тому

    "Wear your scars like medals, defender of the faith." Delirious?

  • @amandanelson5327
    @amandanelson5327 4 місяці тому

    9:49 Verskriklik om te val in die hande van n lewende God....hierdie kerk is op bitterlike dun ys...keer terug na die ware evangelie die evangelie van die ware woord van God nie hierdie nuwe vertalings wat wegvat en bysit soos dit hul pas nie.alreefs van die begin af het hul gedwaal met die ware doop wat oorgekom het na hulle vanaf die rooms katolieke kerk..ek hoop die ng kerk kom waaragtig tot bekering en keer terug na die ware evangelie want satan het in hul midde ingesluip en MISLEI hierdie kerk geweldig.kom weg onder hul uit jy wat waarlik ernstig met Jesus Christus is want jy gaan saamgesleep word die hel in as jy nie jou wegkeer van hulle nie

  • @buksboltman4920
    @buksboltman4920 2 роки тому +1

    Buks Boltman
    Ek het September 2008 die NG kerk verlaat nadat Jesus Christus uit genade my siel kom red het en geloof aan my geskenk is en God die Heilige Gees my begin lei het op ń pad van heiligmaking.
    Hierdie geestelike seëninge uit die hemele soos beskryf in Efes3(AOV) het tot my gekom deur en uit God se Woord ALLEEN soos bewerk en verlig deur Sy Gees in my hart.
    Let op God se Woord, die Bybel in sy suiwerste vorm,
    bevat as sentrale tema (Op19:10), die reddende GENADE van God aan die verlore mensdom(Tit2:11-15).
    Die psalm digter in Ps1, Ps19 en Ps119 en dan Jesus in Joh8:31-32, is net ń paar van die baie verwysings in God se Woord na die allesoorheersende rol wat Sy Woord in Sy kinders se lewe SAL speel, hulle wat Hom beter wil leer ken en gehoorsaam en uit die skatkamers van Sy goddelike heiligheid wil put tot hul ewige lewe en heil en vreugde en blydskap voor Hom nadat hul aardse stryd, wat Hy vir hul berei het(Ef2 :10) en waartoe Hy hul bekragtig, verby is.
    Ek haal John Macarthur aan uit sy blog post"THE PATHOLOGY OF AN APOSTATE CHURCH" op gty.org webtuiste:
    "Churches can descend into apostasy on a wide variety of issues. They might succumb to mysticism, feminism, wordliness, works righteuosness or any of the myriad corrupting threads poised against the church.
    But there is a common thread uniting every church that turns from the truth after error. Setting aside the authority of God's Word is the most well known path to apostasy"
    Ek dink nie daar is ń treffender beskrywing van die oorsaak waarom die NG kerk(as dit nog in God se oë deel van Sy eklesia is) in die
    geestelike ellendige, beklaenswaardige, arm en blinde toestand is, soos God reeds amper 2000 jaar terug aangaande die Laodicéa gemeente in Sy Woord(Op3:17) laat aanteken het.

  • @willene58
    @willene58 Рік тому

    Baie dankie vir jou grootse herinnering aan Luther en nogsteeds
    .Hoekom en waarom beweeg predikante in hul eie ruimte ?
    Luther het altyd sy hart ondersoek seker...

  • @pieterhaarhoff7228
    @pieterhaarhoff7228 10 місяців тому

    Daar was predikante wat die bybel nie eerbiedig soos wat GOD die woord aan ons op gedra het.

  • @Chris-y2q
    @Chris-y2q 7 місяців тому

    Probleem het met 1st vrou wat begin preek het

  • @ecpnothnagel9121
    @ecpnothnagel9121 2 роки тому +2

    Ek bid vir 'n wonderwerk. Hou vas aan die 1933/1953 Bybel en u sal altyd die Waarheid in u eie hande vashou. Daar waar Ons Vader se Woord is sal Sy Heilige Gees die Werk doen wat mense nie kan doen nie. Luister na oorlede Dr Willie Marais se preke en verkondig die suiwer evangelie dag en nag. O Here werk met ons, help ons en eis u kinders op in 'n wêreld wat hulle deurmekaar wil maak. U is die Weg en die Waarheid en die Lewe. Ons het U baie Lief.

  • @johankuhn5348
    @johankuhn5348 2 роки тому +1

    Lidmaate word ongelukkig maklik verlei met "MOOI" preke en dit is moeilik vir 'n lidmaat om die kaf van die koring te skei. My vraag is eenvoudig, wat gaan met die mense gebeur wat op 'n dwaalspoor gelei was? Sal dit help as ek dan sê die NG kerk het my so geleer? Of sal dit dan telaat wees om terug te draai na die Evangelie van Christus?

    • @johannmeiring4208
      @johannmeiring4208 2 роки тому

      Johan Kuhn
      As jy die NGK se lering bo dié van die Heilige Gees verkies kan ek jou verseker is jy verlore.

  • @plaas228
    @plaas228 2 роки тому

    Dr, Ferdie, ek hoor jy maak van sekere leraars van Namibië meldig wat hulle openlik uitspreek oor die besluite van die AS. In 'n vorige opname het jy Thijs van der Merwe uitgesonder al sou hy die AS besluite steun. Ons ken hom baie, baie jare, hy was ons pastor vir meer as 25 jaar en het 'n baie suiwer woordverkondiging. Daar is nie sprake dat hy simpatiek is oor die AS se besluite. Maar net 'n regstelling.

    • @SOLAplatform
      @SOLAplatform  2 роки тому

      Geagte "plaas228", ds Thijs het tydens die 2019 Algemene Sinode 'n publieke video gemaak en op die Namibie Sinode se Facebook geplaas waarin hy ongelukkig die Algemen Sinode se nuwe standpunt geregverdig het. Ons bid en hoop dat die Here hom sal oortuig om terug te keer na die Woord. Vriendelike groete

  • @baarki
    @baarki 2 роки тому +2

    Net so klompie opmerkings:
    1. Julle en die liberale gaan mekaar nie vind nie. Dit weet ons almal. Die koeël is deur die kerk.
    2. Julle het die faaight verloor maar gelukkig is daar 'n geleentheid om die liberale nog vir oulaas hard te slaan. Ek dink daar is nog heelwat sinodes en gemeentes wat Namibie sal volg. Julle is 100 % korrek die liberale stel gladnie meer belang in wat julle te sê het nie en die gesprek is verby. Hulle voel julle murmureer en kla net onnodig.
    3. My voorstel vir die nuwe tjirts se naam is die NNG, die 'Nuwe' NG kerk, soos die NNP desjare. Ander opsie is die HNG (Herstigte NG).
    4. Lekker naweek vir almal. Ek gaan nie Sondae kerk toe nie. Dis my inlêdag.

    • @hermankern3939
      @hermankern3939 10 місяців тому

      So jy stem ook nie want dit help tog nie, dis hoekom ANC die land sal bly regeer....

    • @baarki
      @baarki 10 місяців тому

      Ek hoor op die radio die mense van Ikageng het die registrasienaweek ontwrig. Hulle stem elke 5 jaar en niks verander nie. Ek stem ook elk 5 jaar en niks verander nie. Word eintlik net erger. Ek het in elke verkiesing gestem maar ek dink nie ek is beter as mense wat nie stem nie. Inteendeel het ek nogal heelwat begrip vir sulke mense. Volgende gaan jy my seker ook vertel vir wie ek moet gaan stem.

  • @rockhardcafe-zd8xx
    @rockhardcafe-zd8xx 10 місяців тому

    pharisees he who have no sin pick up rock

  • @johannmeiring4208
    @johannmeiring4208 2 роки тому +1

    My persoonlike ervaring is om jouself eers eens en vir altyd van die valse Calvinistiese leer los te maak. Want eers as jy dit gedoen het en daardie "bril" afgehaal het, kan en sal jy GOD's woord kan begin reg lees en verstaan met hulp van die Heilige Gees.

    • @SOLAplatform
      @SOLAplatform  2 роки тому +1

      Beste Johan, stuur gerus aan my die heel beste teoloe se name wat jou hiermee gehelp het

    • @johannmeiring4208
      @johannmeiring4208 2 роки тому +1

      @@SOLAplatform
      1) My Verlosser en Meester Jesus Christus self.
      2) Die Heilige Gees wat jy sal sal ontvang die dag as jy jou laat geloofs doop het, nie baba besprenkeling nie.
      3) Paulus
      4) Petrus
      5) Jakobus ( ń Nagmêrrie vir enige geswore Calvinis)
      6) Die skrywer van Hebreërs wat ook heel moontlik Paulus kon wees.
      7) Markus
      8) Matthiës
      9) Lukas
      10) Johannes
      Ek hoop en vertrou dis ook jou begin en einde van "teologie" .
      Ironie is dat dit juis teoloë is wat al hierdie verwarring aan die saai is.
      Ek hoop nie jy het vergeet dat Calvyn Dr Micheal Servititus sy vriend, se brandstapel dood aangeblaas het bloot omdat hulle "teologie" nie ooreengestem het nie. Calvyn wat net soos Martin Luther ook nie homself heeltemal kon losmaak van Rooms katalosisme nie. Vandaar die baba besprinkeling waarmee my ma my skelm laat "doop" het dat my pa nie moes agterkom nie.
      My vriend , op 69 jarige ouderdom moes ek besef hoe ek deur die NGK mislei in ń valse geloof in, ek het deel geword van ń menslike tradisionele instelling met die skyn van Godsaligheid het , maar daar waarlik geen krag in is nie.
      Ek ken Braam Hanekom van Wes Kaapse sinode en ń hele paar van sy maters. Hulle het my geen persoonlike skade aan gedoen nie maar my laat besef , geestelik is hulle nie op die pad van die ewige lewe nie. Raak ontslae van die NGK en sy valse leerstellings. Dit het ek ook besef toe ek die onsin vir my Sondagskool leerlinge moes mee indoktrineer. Kyk eers na binne en vra jouself af waar het dié verrotting begin. As daar net ń bietjie gif in die stroompie se begin ingegooi is, dan sal daardie gif sorg vir baie sterftes verder stroomaf.
      Groete in die naam van die enigste Jesus Christus wat deur die enigste een ware GOD van Abraham, Isak en Jakob gestuur is. Joh 17:3

    • @andreasrademeyer2563
      @andreasrademeyer2563 2 роки тому +1

      Hi Johann,
      Dis baie interessante kommentaar, maar daar’s 'n paar punte wat nie duidelik is nie en daar kom verdere vrae op:
      1) Rakende "valse Calvinistiese leer" - watter spesifieke Calvinistiese leer sal jy sê is vals? Jy noem "baba besprinkeling" maar dis natuurlik nie uniek aan die Calvinistiese leer nie, so dis nie duidelik wat jy met "Calvinistiese leer" bedoel nie.
      2) Watter gedeeltes in Jakobus sal jy sê is 'n "Nagmêrrie vir enige geswore Calvinis"?
      3) Is jy deel van 'n gemeenskap van gelowiges (kerk) wat weekliks saam kom om die Here te loof en opgebou te word deur sy Woord en Gees?
      4) Watter Bybel-vertalings stel jy voor vir
      - Afrikaans-sprekendes en
      - Engels-sprekendes, en
      Hoekom sal jy sê is hierdie vertalings beter as van die ander opsies?
      5) Watter liedboek stel jy voor?

    • @johannmeiring4208
      @johannmeiring4208 2 роки тому

      @@andreasrademeyer2563
      Ek wil nie in ń debat voering betrokke raak nie. Debat voering kan deur die duiwel self gekaap word om met met baie woorde en woordspeling/kuns net verdere verwarring te saai. Die hoofstroom denominasies is al goed bedeeld en gekonfyt daarmee. Dis juis die rede hoekom dit gaan en lyk soos dit is in die kerke deesdae. Anna M Louw het in een van haar boeke die opmerking gemaak dat jy/ons nie die duiwel ń verhoog moet gee om homself te verdedig nie. Vlg. JESUS se versoeking tydens sy 40 dae in die woestyn.
      Ek waardeer jou reaksie en ek neem dit ernstig op, want ek sukkel om in te skakel by ń geloofs gemeenskap. Moet asb. nie ń opmerking maak tov die perfekte "kerk" nie. Ek besef ek gaan dit nie kry nie. Al te veel kere daarmee gekonfronteer.
      Ek wil jou of niemand tipeer nie , maar die liedboek en die lerings vraag/opmerking verklaar my juis die naelstring wat dit vir jou/kerklidmate moeilik maak om te sny.
      Daar is soveel van die liedere wat ek vermoed slegs gesing word vir die wysie alleen ten koste van wat die oorspronklike aanbiddings/lofprysing betekenis daarvan sou wees. Dis slegs ń opmerking/opinie.
      Jou vraag ivm met die Calvinistiese
      Leer . TULIP dit is genoegsame bewys vereers.
      Jakobus se nagmerrie : Al daai WERKE wat die apostel hier noem.
      Hiper genade en liefde het hier oorgeneem. Ek was bevriend met een van die leraars hier en ek het redelike toegang gehad tot die kerk se voorgeskrewe boeke en leringe. Dit het my later net verward en agterdogtig gelaat en met die verdere promovering van gay regte in die die gemeente my uiteindelik genoodsaak om maar ander weiveld te soek. (Wat my in ń Babtiste gemeente gebring het en wat ek uiteindelik agv weereens Calvinistiese leer ook maar moes verlaat)
      Ek wil jou nie verder vermoei nie , maar die Woord leer ook dat ons onvermoeid moet aanhou arbei en soek. Dis alleen die waarheid in Christus Jesus wat ons uiteindelik sal vry maak.
      Ek het die 53 vertaling, nuwe vert, KJV. Dan het nog ook die vertalings op E/sword op my rekenaar met die YLT met die KJV + wat my help om die Grieks en Hebreeuse betekenisse te verstaan.
      Dan net nog ń laaste opmerking:
      Die Christendom het sy eie dodelikste vyand geword. Debat voering gaan hierdie wegval van die waarheid nie keer nie. Lees maar in openbaring wat ons Meester self te sê het vir die 7 gemeentes in Asië. 5 van hulle het baie onvleiende kommentaar en waarskuwings gekry. Dis interressant om daarop te let dat kerke (geloofs gemeenskappe) altyd wegdryf van die basiese waarheid, nooit of selde naderkom.o

    • @andreasrademeyer2563
      @andreasrademeyer2563 2 роки тому +1

      @@johannmeiring4208 Dankie vir jou meedeel Johann. Eks nie hier vir debat nie - soos jy noem kan dit maklik verdere verwarring veroorsaak. Ek probeer jou standpunt(e) verstaan en uitvind hoe dit jou aanbidding van God beïnvloed, so weereens dankie vir die meedeel.
      Persoonlik lees ek Jesus, Johannes, Petrus, Jakobus en Paulus dieselfde sê oor geloof/werke, so dit was vir my interessant dat Jakobus uitgelig is. Maar daar gelaat.
      Rakende vertalings en liedboeke - ek dink self sommige liedere word somtyds meer vir die wysie of ander sentimentele waarde gesing as werklik lofsang voor God - maar ek het daardie vrae gevra omdat ons almal besluite moet maak daaroor. D.w.s. hoekom sekere vertaling(s) eerder as ander; hoekom sekere liedere, maar nie ander. Niemand van ons is volbring in ons Grieks/Hebreeus nie, so daar is altyd 'n mate van vertroue gepaard met onderskeidingsvermoë in sulke besluite. Deels is die onderskeiding rakende of die vertalers (dikwels teoloë) hulle taak goed gedoen het. Selfde met die pen van liedere.
      Ek's nie in 'n NGK gemeente nie, maar in my soektog na 'n kerk waar gesonde leer verkondig word, het ek ook besef daars baie ander probleme en dwaalleer daar buite - mens kan maar net dankie sê vir die wedergebore predikers/ouderlinge wat Hy uitstuur.
      Sterkte met jou soek na 'n geloofsgemeenskap waar jy kan inskakel. Mag die Here jou onderskeiding gee en seën in die verband.

  • @nghaakdoorn2480
    @nghaakdoorn2480 2 роки тому

    Sjoe, dit is hartseer om te hoor hoe mense die een stel mensgemaakte tradisies voorstel as die regte pad, net omdat hulle nie die vermoë het om ruimer te kan dink as die klank van woorde nie. Met sulke vennyn binne in die koninkry van God, kan die Duiwel gerus met verlof gaan - ons doen sy werk vir hom. Ek moet aanvaar dat julle bedoelings goed is, al sien ek dit nie.

  • @jeannevanderwesthuizen942
    @jeannevanderwesthuizen942 2 роки тому

    Hierdie Video is gepost op 22 Maart. En op 24 Maart is hierdie video gepost van John MacAarthur:
    ua-cam.com/video/iJ-MEWgnuAU/v-deo.html
    Dit is waarskynlik gepreek die dag net na die besluit van Namibiese Streek Sinode Sitting waar die besluit geneem is om die Algemene sinode op te roep tot bekering. En ek glo nie dat hy bewus is van wat in Namibie gebeur nie. Vir my is dit soos die Vinger van God. Dit is 'n bevestiging dat die Here nou gaan werk in Sy Kerk wat Hy instand hou! Halleluja. Dit is die moeite werd om die preek van John MacArthur te luister. Dis 'n verdere bemoediging en bevestiging aan diegene wat bereid is om op te staan vir die waarheid.