Len Muller - Oorgenoeg EPK

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 4 жов 2024
  • Len Muller gesels met vervaardiger The Crous oor nuwe enkelsnit 'Oorgenoeg'
    LUISTER/KYK Hier: ditto.fm/oorgen...
    Contact: len@lenmuller.co.za
    “Vandat ek baie klein was, het ek ’n diep hartseer oor die armoede in ons land en het baie gehuil oor mense wat op straat moet bly. Ek kon nog nooit vertaan hoekom ’n sekere groep mense meer het as wat hulle nodig het, terwyl ander doodgaan van die honger nie. Die liedjie het dus ontstaan uit hierdie frustrasie met geldgierigheid”, verduidelik Len. “Ek het gevoel dat ek self nie veel finansieel kan doen om ’n verskil te maak nie, maar wat ek wel het is musiek. As ek een persoon kan kry om anders te dink of meer mededeelsaam te leef, dan is dit die moeite werd. Die lirieke is baie rou en eerlik en dit is seker een van die eenvoudigste liedjies wat ek al geskryf het, maar tog die naaste aan my hart.”
    OORGENOEG, wat deur Theo Crous van Belville Studios vervaardig is vir Len se volgende album wat eersdaags beskikbaar sal wees, is ook die eerste liedjie wat hy saam met sy sussie, Miemie Blaauw, opneem en haar stem vul syne perfek aan in die laaste koorgedeelte van die enkelsnit. “Sy het my laat huil in die ateljee. Dit was baie spesiaal,” deel hy.
    Video Deur Nelis Botha
    Studio: Bellville Studios met spesiale vergunning van Theo Crous.

КОМЕНТАРІ • 2