Ons Skool

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 12 тра 2021
  • Die keuse van 'n skool is 'n integrale deel van die geleenthede wat elke ouer sy kind wil gee. Daar is noodwendig 'n vraag na gehalte onderrig wat op 'n gebalanseerde wyse die student toerus om sy/haar potensiaal te verwesenlik. Ons glo dat die "Blou Masjien" aan hierdie behoefte voldoen. Hoërskool Randburg se tradisie en geskiedenis staan bo verdenking met uitstaande prestasies deur leerders en oudleerders.
    By dié skool is daar 'n wye verskeidenheid van aktiwiteite wat aan elke leerder die geleentheid gee om sy belangstelling en talente uit te bou. Hierdie aktiwiteite word onderskraag deur 'n hoë standaard van onderrig wat 'n intellektuele verruiming stimuleer wat ons kandidate op tersiëre vlak onderskei van ander.
    Hierdie Blou Masjien wat hoog bo die wolke uittroon is vir vele oudleerlinge steeds die hartslag van hulle dink en doen, 'n Alma Mater wat met trots die grondslag van hul wese kon help vorm.
  • Спорт

КОМЕНТАРІ •