Onthou u nog Volksvergadering 2009 Gustav Muller

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 18 вер 2024
  • Hierdie boodskap sluit aan by Sef.13:8-9 in verband met dit wat by Bloedrivier gebeur het, waar 464 Voortrekkers in beproewing gebring is en in benoudheid verkeer het en hul oë onverdeeld op hul Almagtige Vader gehou het en in eensgesindheid die knie voor Hom gebuig het. Eensgesindheid is volgens hierdie boodskap dit wat ons as volk moet nastreef, want daarsonder sal ons onder die strafgerig bly.
    Baie klem word daarop gelê dat 'n Geestelike liggaam tydens die vergadering moet ontstaan om die volk te lei en vir die volk in die bres te tree.
    Tans verkeer die volk onder 'n strafgerig omdat ons nie meer die Bybelse weg volg nie en word die vier kwaai strafgerigte: hongersnood, pes, swaard en wilde diere van die veld teen ons aangewend ter bekering. Die volk is op die verkeerde weg wees kerklike misleiding.
    In retrospek tot die vergadering, is die Geestelike liggaam wat die volk moet lei en in die bres voor moet tree- die komitees wat aangestel is om die vergadering se eensgesinde besluite as mandaat uit te voer. Naamlik dat ons 'n soewereine volk moet word en dat ons vrywordingsproses gegrond moet wees op die nakoming van ons volksgeloftes en dat sodanige bestel 'n Bybelse Teokrasie moet wees.
    In hierdie verband kan u die vordering wat sedertdien gemaak is lees in die Teokrasie verslag en Konsep Grondwet op www.volksvergadering.co.za. en www.boererepublieke.org. U kan ook die UA-cam kanaal volg waarop al die vorige vergaderings se besprekingspunte stelselmatig in video formaat beskikbaar gemaak word.
    U kan ook die volgende volksvergadering bywoon by Holfontein kampterrein naby Ottosdal gedurende 21-22 Sept. 2024.
    Die sakelys is beskikbaar by www.volksvergadering.co.za se afdeling oor Jaarprogramme, of die fb blaaie, Volksvergadering- soek My en julle sal lewe, en Herstel die Boererepublieke.

КОМЕНТАРІ • 3