Bedien jy gees of intelek (Deel 5 v 5)

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 22 вер 2023
  • Hoe belangrik is dit vir jou as bedienaar van die Woord om jou hart te bewaar sodat jy die Woord vanuit jou gees kan bedien en nie net vanuit jou intelek nie.
    JOHANNES 4:10
    10 Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.
    MATTHÉÜS 12:34
    34 Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
    MATTHÉÜS 7.7
    7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
    SPREUKE 4.23
    23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
    MATTHÉÜS 6:6
    6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
    I KORINTHIËRS 2:11
    11 Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.

КОМЕНТАРІ •