Ek sit op hierdie Saterdag oggend en sê dankie Here vir ore wat kan hoor. So pragtig en strelend mooi musiek en woorde wat my toevou in Jesus teenwoordigheid. Dankie Jannie en musikante wat jul gawes met ons deel. Shalom❤😢
Baie dankie - dis 'n voorreg om so 'n reaksie te kry rondom 33 jr nadat ons die opname gemaak het. Ek sing die lied nog gereeld. Groete en beste wense, jannie
Ons het n uitstekende Afrikaanse sangers en vir my is Jannie een van die top vyf. Het die voorreg gehad om vir twee weke in sy gastehuis te bly en elke oggend tydens ontbyt n geselsie met die mens Jannie geniet. Hard gewerk in die 80's om Afrikaanse musisk na vore te bring.
Die eerste Afrikaanse CD wat ek aangeskaf het in 1991, was Palet en as my geheue nou nie balhorig is nie, was dié liedjie daarop gewees. En nou, amper 'n dekade en 'n half later, is dit darem net so mooi en "meer relevant" as vrede ooit meer relevant as minder relevant kan wees!!!! :)
+PIETER PRINSLOO Hallo Pieter, jy onthou reg dat dit op Palet was, maar die sommetjie effens uit - dis 2 en 'n half dekades! Kan jy glo? Natuurlik sien ons daagliks dat die soeke na vrede relevant sal bly solank as wat ons hier op die ondermaanse is. Baie dankie dat jy weer geluister het, jannie
Ek onthou soos gister, was net voor die ‘94 verkiesing in Kollegepark se skoolsaal wat ons gebid het vir vrede en die lied gespeel het. Was so 8 of 9 jaar oud. Daar was ‘n gevoel van finaliteit... ‘n gevoel van oor ‘n drempel trap. Min het ons geweet hoe hierdie wêreld gaan uitrafel. Dis soos ‘n groen droogte en ons vra nog al die pad vir vrede.
Dis gaaf om dit van jou te hoor. My held, Jules de Corte, het net na die Tweede Wêreldoorlog gesing: "wij zijn al zo lang onderweg naar de vrede toe - daarom zijn de mensen zo moe"
Dit is Maandag oggend 3de Junie 2024 in 'n mistige koue RW met vlae reën. My hart het nie vrede nie. My boetie is 14 Junie 2023 van ons weggeskeur. Ek kan hom nooit weer bel nie, ons kan nooit weer as twee families saam gaan vakansie hou nie, ek gaan nooit weer helder lig in sy kinders se oë sien nie. Hy was ons boom wat skadu oor ons almal gegooi het. Dit raak net moeiliker, nie makliker nie. Dit is 'n pragtige lied, en ek weet mens kry die vrede v ons Hemel Vader, maar ons almal se splinterharte lê nog soos gebreekte spieëls op die grond.
Hallo Tebra, jou hartseer roer my en ek wens so dat daar 'n klinkklare antwoord op jou vrae en versugtinge was. Ek vertrou maar net dat die wonde oor 'n lang tyd stadigaan sal heel. Op die ou end besef ek maar net weer dat daar vir my geen ander hoop is waaraan ek kan vashou nie. Baie sterkte vir jou en jou mense. Waarvoor staan RW? Sal jy my asb antwoord op epos - jannie@agterplaas.co.za
Ek wou op skool altyd soos Jannie Du Toit lyk, met langerige hare en 'n snor. Hierdie is die kreet van die skepping. All creation waits eagerly for the manifestation of the sons of God. Romans 8.
Ek sit op hierdie Saterdag oggend en sê dankie Here vir ore wat kan hoor. So pragtig en strelend mooi musiek en woorde wat my toevou in Jesus teenwoordigheid. Dankie Jannie en musikante wat jul gawes met ons deel. Shalom❤😢
Te mooi spreek met jou hart
Baie dankie - dis 'n voorreg om so 'n reaksie te kry rondom 33 jr nadat ons die opname gemaak het. Ek sing die lied nog gereeld. Groete en beste wense, jannie
Ons het n uitstekende Afrikaanse sangers en vir my is Jannie een van die top vyf. Het die voorreg gehad om vir twee weke in sy gastehuis te bly en elke oggend tydens ontbyt n geselsie met die mens Jannie geniet. Hard gewerk in die 80's om Afrikaanse musisk na vore te bring.
Baie dankie, dit is so fantasties. Geseend is jy Jannie. Dit is so t vertroostend.
Dis n ongelooflike mooi verwerking hierdie en dwing mens behoorlik om saam te bid vir on "wereld" en sy mense.
Linda Henning Baie dankie Linda - steeds baie naby aan my hart ook, j
Die eerste Afrikaanse CD wat ek aangeskaf het in 1991, was Palet en as my geheue nou nie balhorig is nie, was dié liedjie daarop gewees.
En nou, amper 'n dekade en 'n half later, is dit darem net so mooi en "meer relevant" as vrede ooit meer relevant as minder relevant kan wees!!!! :)
+PIETER PRINSLOO Hallo Pieter, jy onthou reg dat dit op Palet was, maar die sommetjie effens uit - dis 2 en 'n half dekades! Kan jy glo? Natuurlik sien ons daagliks dat die soeke na vrede relevant sal bly solank as wat ons hier op die ondermaanse is. Baie dankie dat jy weer geluister het, jannie
Ek onthou soos gister, was net voor die ‘94 verkiesing in Kollegepark se skoolsaal wat ons gebid het vir vrede en die lied gespeel het. Was so 8 of 9 jaar oud. Daar was ‘n gevoel van finaliteit... ‘n gevoel van oor ‘n drempel trap. Min het ons geweet hoe hierdie wêreld gaan uitrafel. Dis soos ‘n groen droogte en ons vra nog al die pad vir vrede.
Dis gaaf om dit van jou te hoor. My held, Jules de Corte, het net na die Tweede Wêreldoorlog gesing: "wij zijn al zo lang onderweg naar de vrede toe - daarom zijn de mensen zo moe"
Amen en Amen. Huilmooi.
Uitstekende video.
Pragtig!!°
Pragtig!!!
+Angelo Lawrence baie dankie Angelo, ekskuus - my besoeke aan youtube laat veel te wense oor. groete, jannie
Pragtig
Dit is Maandag oggend 3de Junie 2024 in 'n mistige koue RW met vlae reën. My hart het nie vrede nie. My boetie is 14 Junie 2023 van ons weggeskeur. Ek kan hom nooit weer bel nie, ons kan nooit weer as twee families saam gaan vakansie hou nie, ek gaan nooit weer helder lig in sy kinders se oë sien nie. Hy was ons boom wat skadu oor ons almal gegooi het. Dit raak net moeiliker, nie makliker nie. Dit is 'n pragtige lied, en ek weet mens kry die vrede v ons Hemel Vader, maar ons almal se splinterharte lê nog soos gebreekte spieëls op die grond.
Hallo Tebra, jou hartseer roer my en ek wens so dat daar 'n klinkklare antwoord op jou vrae en versugtinge was. Ek vertrou maar net dat die wonde oor 'n lang tyd stadigaan sal heel. Op die ou end besef ek maar net weer dat daar vir my geen ander hoop is waaraan ek kan vashou nie. Baie sterkte vir jou en jou mense. Waarvoor staan RW? Sal jy my asb antwoord op epos - jannie@agterplaas.co.za
Roerend ... .
.kosbaar!!
Ek wou op skool altyd soos Jannie Du Toit lyk, met langerige hare en 'n snor. Hierdie is die kreet van die skepping. All creation waits eagerly for the manifestation of the sons of God. Romans 8.
Mmm het liedje loopt niet. Veel te grof en allerlei happen uit te taal. Gelukkig is het niet vals, dat moest er nog bijkomen.