GKL Boodskap | Willem van der Waal | Is daar `n Krag Krisis in die Kerk? | Filippense

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 4 лют 2025
  • .
    GKL Boodskap
    Tema: Is daar `n Krag Krisis in die Kerk?
    Teks: Fil 3:15-4:1.
    Bemoediging:
    Die kragonderbrekings het so baie gevolge. Dit het my laat dink : hoe kragtig is ons in ons verhouding met die Here? Dit is waaroor Fil 3:15-4:1 gaan - oor geestelike volwassenheid. Dit vra die vraag of ons veerkragtig is in die Here. Die Here leer ons hoe Sy krag werk met 5 beginsels:
    1. Groei in geloofsvolwassenheid:
    Volwassenheid in ons geloof gaan oor insig en begrip. Dit gaan oor die vermoë om te kan onderskei wat God se wil is. Ons moet kinderlik glo, nie kinderagtige gelowiges wees nie.
    2. Hoe om koers te hou:
    Om rigting te hou het ons gewoonlik bakens nodig. Mag wie Jesus is altyd ons koers bepaal. Hy is die belangrikste baken in die geskiedenis.
    3. Weerstand teen Vyande van die Kruis:
    Die kerk staan teenoor die wêreld. Ons is in die wêreld, maar nie van die wêreld nie! Ons is uit God gebore. Dit beteken ons verteenwoordig God se lig en sout.
    4. Hemelburgers:
    Ons identiteit lê nie in onsself of in wat ander mense van ons dink nie, dit lê in wie ons Vader sê ons in Jesus is.
    5. Hoe om vas te bly staan:
    Vastheid van geloof kom wanneer ons in Jesus geanker is. Hy is die fondament van ons lewe. Die wyse man bou sy huis op die Rots...

    Gesels in Groepe:
    1. Hoe is die Here besig om geestelike groei in jou lewe te bewerk?
    2. Hoe kan ons weer koers terugkry as ons dit verloor het?
    3. Wat is `n vyand van die Kruis?
    4. Hoekom is identiteit so belangrik in ons verhouding met die Here?
    5. Hoe kan ek my lewe anker aan die persoon en werk van Jesus?
    #gklinden #boodskap #filippense #geloof #gemeenskapvangelowiges

КОМЕНТАРІ •