Tempted And Tried - Kings Messengers Quartet

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 10 вер 2024
  • Die legendariese gospelgroep is in 1954 gestig onder aanvoering van Billy Mahlalela by die Bethel Kollege in Butterworth in die Oos-Kaap, waar die lede ook almal lid van die Sewedaagse Adventistekerk was. Hulle het gespesialiseer daarin om gesange en ander geestelike liedere te sing in Engels, asook natuurlik in Zoeloe. Meeste van die liedere is net so geneem uit die Hymn Book Of The African People, destyds uitgegee deur die Church Of Christ Our Saviour. Hulle het dit vermag om perfekte note te sing en skitterend te harmoniseer, en dit sonder enige musikale begeleiding. Die vier stigterslede was Billy Mahlalela (bariton & soms tenoor), Washington Sixolo (bas), Palmer Paul Kote (2de tenoor) en Norman Dube (1ste tenoor). Sixolo se ongelooflike sterk bassang was een van die heel groot redes waarom die groep sommer gou hier, en in die buiteland, gewild was, en baie sukses behaal het.
    Daar is verskeie 78-spoedplate van die groep destyds uitgereik, en hul musiek is ook versamel op agt langspeelplate. Hul besonderse weergawe van die snit "Tempted And Tried" is oorspronklik op 78-spoedplaat (JP 533) uitgereik in 1955 deur His Master's Voice, met "I'm Gonna Lay Me Down" op die keersy. Die lied is gekomponeer deur William B. Stevens, en oorspronklik opgeneem onder die titel "Farther Along" op 19 Januarie 1938 deur J. H. Howell's Carolina Hillbillies.

КОМЕНТАРІ • 8

  • @NdumisoObinna
    @NdumisoObinna 2 місяці тому +2

    Amen my brothers in christ.Glory be to God.

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  2 місяці тому +1

      Thanks Ndumiso, greetings to you!

    • @AndreDMalan1966
      @AndreDMalan1966 Місяць тому +3

      My parents had a 33.3 album of their songs and played it regularly. I'm 57 now and still enjoy listening to them.

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  Місяць тому +1

      @@AndreDMalan1966 Thanks Andre... Still beautiful music hey! Greetings

    • @AndreDMalan1966
      @AndreDMalan1966 Місяць тому +1

      @@mariusdevos63-777 Greetings from Guangzhou, 🇨🇳

    • @hopesonmubita4422
      @hopesonmubita4422 Місяць тому +1

      ​@@mariusdevos63-777 please upload "No one ever cared for me like Jesus" by king's messengers if you have it