MILANIE VOSLOO & RIEKERT BOTHA - GRAFFITI AANLYNKUIER

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 29 вер 2024
  • Milanie Vosloo en Riekert Botha gesels oor hulle nuwe dagstukkieboeke ---
    Krag vir elke dag - Milanie Vosloo
    Voel dit of die eise van die lewe jou wil oorweldig? Smag jy na 'n plek waar jy kan wegkom van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms?
    Topverkoper-outeur Milanie Vosloo wéét dat die lewe soms elke druppel energie uit 'n vrou tap. Die 366 bemoedigende dagstukkies met 'n Skrifaanhaling, oordenking en kort gebed sal vroue opnuut verseker dat God die enigste Bron is wat hulle volkome kan versterk.
    Wees oor niks besorg nie - Riekert Botha
    Is jy op soek na vrede? 'n Kalm oomblik te midde van die chaos? Voel dit of selfs één dag sonder bekommernisse eenvoudig buite jou bereik is?
    Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Wanneer jou hele lewe op Hom gefokus is, word jou visie helder, jou prioriteite duidelik en onmoontlike situasies hanteerbaar. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het.
    Hý is jou stilte in die storm.
    bit.ly/3I6e5WN

КОМЕНТАРІ •