Wetteloosheid gaan vermeerder

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 10 лис 2024
  • As gevolg van die groot leuen wat deur valse profete en valse herders versprei word, sien ons hoe Yahshua ons met die volgende waarsku:
    “En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. En omdat die wetteloosheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.” Mattheus 24:11, 12.
    Wat is die Groot Leuen? Dit is die verkondiging dat die Torah (Wet) mee weggedoen is, en dat mense vry is van die Torah.
    As jy met hierdie kennis kyk na bogemoemde vers, verklaar dit alles mooi duidelik: Baie valse profete gaan opstaan en baie mense mislei met die leuen dat die “wet” mee weggedoen is (“vasgenael aan die kruis”), en as gevolg daarvan gaan die wetteloosheid (“anomia”) vermeerder en die liefde van die meeste gaan
    verkoel. Daar is individue wat rondloop en verkondig dat “die Ou Testament nie meer geldig is vandag nie”. Hoekom skeur hulle dit dan nie uit hul “Bybels” uit nie? Dit maak vir my sin hoekom hulle so sê, want daar is so baie waarheid in die “Ou Testament” alleen wat wys dat ons Majesteit YAHWEH se gebooie moet gehoorsaam en dat Sy gebooie regverdig is.
    Ons weet dat die Torah ‘n mens leer wat liefde beteken - liefde vir Elohim, en liefde vir jou naaste. Maar wanneer Torah weggeneem word, hoe sal ons weet om lief te hê?
    Mattheus 7:13,
    “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die vernietiging lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.”
    Yahshua maak aan ons bekend dat die weg na die lewe nie ‘n populêre weg is nie. Dit is nie ‘n pad wat gereeld bewandel word nie. Die feit van die saak is dat dit ‘n “nou poort” (smal weg) is en MIN vind dit en wandel daarop. Die meerderheid blankes in Suid-Afrika bely dat hulle gelowige “Christene” is...nou, indien ons op ‘n weg wandel waar BAIE ander op wandel, dan kan ons mos nie op ‘n smal weg wees wat min vind nie? Ons moet waaksaam wees!
    Volgers van die Weg Odysee kanaal: odysee.com/@Vo...

КОМЕНТАРІ •