Mini-dokumentêr: Episode 5: Dankbaar en Tevrede
Вставка
- Опубліковано 7 лют 2025
- Luister saam na Episode 5 waar Doktore Van de Merwe & Geyser gesels oor die klein dingetjies in die lewe, wat eintlik regtig die groot dinge is. Wanneer mens mooi kyk sal jy raaksien daar is baie dinge waarvoor jy dankbaar en tevrede kan wees.
Hierdie is die VYFDE episode in 'n reeks van 6 mini-dokumentêre waar die geagte Doktore Van der Merwe & Geyser die musiek van die fenomenale internasionale supergroep Prophet bespreek. Prophet stel op 6 April 2021 hulle splinternuwe plaat DIE KOLONIE vry, en hierdie teologiese en profetiese verdiskonteringe word vervat in hierdie mini-dokumentêr. Prophet, die supergroep, het self vir Doktore Van der Merwe & Geyser gevra om hierdie reuse taak te behartig. Om Prophet se musiek te bespreek, ontleed en te resenseer vra inderwaardheid diepe insig en enorme intellek. Om dié rede is die Doktore verkies tot hierdie groot voorreg.
My pa het my ma op sy skoeter gelaai,en n hele maand se kruideniers vir 5 kinders gaan koop❤️
Weereens diep, baie diep...
Ek luister al 'n week die liedjie oor en oor. Ek stap vandag by 'n kerk verby en daar op die advertensie staan DIE KRAG IS NIE OP NIE Jesaja 40:31. In die middel van Stage 3 Loadshedding.
Ek kan nie verwoord hoe geniet ek Prophet se musiek en hierdie praaitjies wat hulle lewer nie! Hulle praat so na my hartsmense se taal. 😀😀