RAAKVAT RUGBY!
RAAKVAT RUGBY!
  • 5
  • 1 730
Wat gaan aan by die Leeus? André Pretorius kyk bietjie dieper!
In hierdie opwindende ontleding grou voormalige Springbok losskakel André Pretorius diep in die Leeus se seisoen en hul onlangse stryd teen die Bulle. André het tot 'n paar verrassende gevolgtrekkings gekom en MW Welman het met hom hieroor gesels. Moenie hierdie lekker diep ontleding misloop nie!
Wat gaan aan by die Leeus? André Pretorius kyk bietjie dieper!
Переглядів: 151

Відео

Ons slaan ons naam met 'n plank in Europese Beker, so wat is die pad vorentoe?
Переглядів 1 тис.16 годин тому
In hierdie episode van Raakvat Rugby delf MW Welman en Simon Riekert diep in die huidige gemors waarin Suid-Afrikaanse spanne hul bevind in die Europese Beker-kompetisies. Hulle skroom nie om die harde vrae te vra nie: Moet ons onttrek, bly vasklou en hoop vir beter dae of is daar 'n ander oplossing? Kan ons ooit werklik mededingend wees as dinge bly soos dit is? MW en Simon soek na konkrete op...
Is daar 'n krisis op Loftus of is Bulle-ondersteuners verniet bekommerd?
Переглядів 53014 днів тому
In hierdie in-diepte gesprek delf MW Welman en Simon Riekert in die huidige toestand van die Bulls. Hierdie openingsaflewering op Raakvat Rugby, die uitsluitlik Afrikaanse rugbykanaal wat deel is van die Megafoon Sport-familie, bied 'n deurdagte en gebalanseerde oorsig van die kwessies wat die span by Loftus Versfeld in die gesig staar. Dit is 'n eerlike poging om tot die kern van die saak deur...

КОМЕНТАРІ

  • @jj56x7.5mm
    @jj56x7.5mm Годину тому

    David Kriel was baie beter as van wyk net my mening

  • @jj56x7.5mm
    @jj56x7.5mm Годину тому

    Dankie vir die upload waardeer

  • @izakbisschoff8712
    @izakbisschoff8712 2 години тому

    Goeie, direkte, vrae MW en bly Andre is op hierdie kanaal! Interessante opmerkings oor Sam en Edwil. Azanathi verstaan rugby. As stoere Rooibonte het ek steeds splinters van die ou Ellispark se oop paviljoen in my boude. Die Transvaal trui van die 1970’s (1 breë rooi streep) is vir my steeds die mooiste trui van almal. Ek hoor nog ‘Kom die ‘Vaal’ in my ore.

  • @frederikbrits9559
    @frederikbrits9559 3 години тому

    My geliefde Rooibontes.......al van die 70's, is hartseer

  • @johanjordaan5642
    @johanjordaan5642 2 дні тому

    Manne, die waarde van die Rand is nie die enigste probleem nie! Speler bestuur tel ook baie en so ook BELASTING! Kom ons praat van Pollard as verbeeld en ons neem aan on het die R23mil om hom per jaar te betaal, wat gaan daardie arme spelers hier belas word teenoor wat hulle nou betaal? Nog een punt, hulle kry blootstelling aan baie goeie ander tipe afrigitng wat ons net nie het nie. PSDT speel onder Hansen en die lys gaan aan en aan van wereld klas afrigters.

  • @johanjordaan5642
    @johanjordaan5642 2 дні тому

    Ek vang nou eers op kerels so verskoon ek kyk nou eers. Ek is gewoonlik een van die 1stes 1. Ons het die spelers, ons het meer talent as meeste ander spanne in die URC. Letterlik top 4 of so in terme van talent. 2. Jake is 'n baie baie goeie afrigter en het die vermoe om vir ons silwerware to bring met die span wat ons het. Hy het vir ons silwerware gebring met 'n baie jonger onervare span. 3. Ons is nie gereed om vir silwerware in die Champs te kompeteer nie en dit gaan nog 'n paar seisoene neem voor ons by daardie punt kom. 4. Die verloor teen die Skotse Duiwels het bestuur baie seergemaak wat interessant is is dat ons so baie beserings gehad het gedurende daardie tydperk. Ons was almal teleur gestel, maar ons het almal geweet ons het baie beserings en van die spelers op die veld was nog nie heeltemaal herstel nie. 5. Jake moet bietjie ego eenkant sit en fokus op sy werk instead van die politiek. Ons weet almal hy kan ons probleme fix! Dis al dankie

  • @marshabooysen9199
    @marshabooysen9199 3 дні тому

    Ek is nou wel n Kaapse Blou Bul, maar ek stem nie saam met Simon oor dat daar n kopskyf moet gemaak word met die provinsiale storie nie. Ek sal dit glad nie likes as ek sien Cameron Hanekom draf uit vir die Stormers nie🙈🤣en ek soek ook nie n Stormer by die Bulls kamp unless hy permanent na ons toe kom nie🤷🏽‍♀️

  • @marshabooysen9199
    @marshabooysen9199 3 дні тому

    MW ek wil weet kan ons nie drie verskillende groepe vir die drie verskillende kompetiesies het nie? Ek weet daarvoor benodig ons meer spelers en geld, maar se nou ons het die aantal manne en geld? Want hoe bou jy diepte as die span heeltyd verander?

  • @hermangoosen7756
    @hermangoosen7756 3 дні тому

    Ek dink die probleem is gedeeltelik watter kompetisie moet ons voor gaan, en wie moet ons by watter wedstryd instoot? Verder wonder ek of ons kan kompeteer in Europa met hulle uitstekende afrigting, nie-ras gebaseerde spelers en takties gevorderde spel. Ons reis te veel rond, speel te dom rugby en die seisoen is te lank.

  • @florisbellingan8441
    @florisbellingan8441 6 днів тому

    Tyd om unies te skrap en ons spanne in die hande van privaat eienaars te kry.

  • @dirkjurgens2445
    @dirkjurgens2445 6 днів тому

    Pro rugby is nie VOLHOUBAAR nie

  • @dirkjurgens2445
    @dirkjurgens2445 6 днів тому

    Gaan terug Super rugby toe. Dus dood eenvoudig

  • @Burninglash
    @Burninglash 6 днів тому

    The money argument is misleading. First thing that needs to happen is that the junior coaching investment should be recovered when players leave SA to play elsewhere after getting skilled at SA rugby cost. Secondly our clubs have failed to grow glibal brands so they don't earn revenue in those strong currencies. Thirdly when we draw revenue from urc and champions cup, will that not be in those strong currencies? Also how much bis spent in expanding skils development across non traditional rugby schools to build an army of young tallent that adds to our top tier base of players? Then for the boks we want players getting up-skilled across the globe. We want the insight of foreign coaches adding to our diaspora.

    • @raakvatrugby
      @raakvatrugby 6 днів тому

      I think the money is a crucial aspect. Maybe the revenue flowing from the URC / European Cup, as well as the equity deal will allow for an increase in budgets and squad size. That doesn't solve the problem of players not getting enough game time which I think is a far more pressing matter.

    • @Burninglash
      @Burninglash 6 днів тому

      @raakvatrugby yes it's a crucial aspect but our flow of funds is artificial restricted because we have failed to globalise our fanbase i to the high value markets. That affects ad revenue and merch sales. The kiwis understand this and schedule games in Japan, USA etc to build the brands. We are not thinking that way. Gamevtime can be built by playing club teams vs tier 2 nations. Get our junior teams travelling internationally, gaining experience and building our brands. The central salary idea for a select few players is good but rather let's just build a bigger base of skilled players at home. We have the population and popularity to do so. Then tour this bigger local base to 2nd tier countries. Kind of like when man united played bafana

  • @Eric-1924
    @Eric-1924 6 днів тому

    Sien KLA gaan nie terug wees vir Bulle se URC uitspeelwedstryde nie (as Bulle dit maak), as sy Japan span uitspeelwedstryde haal of relugasie wedstryde moet speel. Met hom uit, dink ek ons twee beste opsies op vleuel is: Moodie en Sergeal. Kriel en Gans op senter, Willie op heelagter (as hy wel nog wil speel vir die Bulle?) anders Devon.

  • @christiaanlegrange8851
    @christiaanlegrange8851 6 днів тому

    Julle weerspreek jul self. Ek het gehoor wat se swak besluit dit was van Dobson om hierdie jong spelers teen die hardebaarde van die anderspanne te last speel. Wen het te groot rol begin speel. Geld speel te groot rol in rugby, kyk wat het in sokker gebeur.

  • @gertduplessis2274
    @gertduplessis2274 6 днів тому

    Ou Simon, jy praat regtig vanaand n klomp snert. Jou planne gaan nie werk nie, want waar gaan die geld vandaan kom.

    • @raakvatrugby
      @raakvatrugby 6 днів тому

      Bietjie kras of hoe? Ons het geen planne gemaak nie, bloot die situasie bespreek en na alternatiewe gekyk

  • @izakbisschoff8712
    @izakbisschoff8712 6 днів тому

    Dankie MW en Simon. Moet asb nie van Andre Pretorius op hierdie forum vergeet nie !

    • @raakvatrugby
      @raakvatrugby 6 днів тому

      André is volgende week terug in Afrikaans! (En Engels op Megafoon Rugby)

  • @daniedutoit6128
    @daniedutoit6128 7 днів тому

    Manne ek weet nie wat gaan aan nie maar hoekom kies Jakes sy swakste span vir weg wedstryde oorsee ons verstaan mense moet ondervinding en speelkans kry maar dan kyk ek na munster Glasgow warriors Edinburgh ens wat hulle sterrkste spanne week na week speel met 2 tot3 nuwelinge in hul span maar om al 15 tot 18 te vervang en verneder re word maak nie sin nie kyk hoe lyk loftus en ellispark of het ons n kondidionering pprobleem?

  • @noneofyourbusiness768
    @noneofyourbusiness768 7 днів тому

    Baie goeie episode dankie manne

  • @johanvandermerwe4884
    @johanvandermerwe4884 12 днів тому

    Is Jake te? Hoekom is Marcell nie die kaptein nie? Wil Willie nog? Jy kan nie bekers koop nie! Hoekom presteer Oom Bierman, Cash en Jimmy ten spyte van?

  • @JohannesPetrusJooste
    @JohannesPetrusJooste 12 днів тому

    Jake het gesukkel by die Bokke en hy sukkel by die bulle Bulle moet Franco Smith kry vir afrigter en maak die huis skoon

  • @florisbellingan8441
    @florisbellingan8441 12 днів тому

    Elke punt wat MW maak is spot on en die regte kwessies word aangespreek, hoekom kan elke fan die probleme sien en die manne in beheer nie. Goeie punte manne

  • @florisbellingan8441
    @florisbellingan8441 12 днів тому

    Somtyds wens ek ek het die geleentheid om soos jul ouens vir Jake vrae te vra. Ek sal baie graag wil weet hoekom KLA laat gaan is, as dit is agv Jake se siening dat Bokke te min beskikbaar is en geld gespaar kan word, dit terwyl Sharks die Bokke kan bekostig dan moet Jake sy tasse onmiddelik pak. Hoekom as so baie ondersteuners se gevoel is dat Jaco en Boeta op beste CC speler is , hoekom het hy gevoel om die 2 te koop. Hoekom ignoreer hy sy probleem op 10, 12 en 13 vir so lank. Na 6 + jaar en ons het nogsteeds net 2 kwaliteit stutte. Om aan te hou kla oor n squad wat nie goed genoeg is stuur nie n goeie boodskap vir span moeraal. Meeste ondersteuners verstaan rugby en selfs toe ons vir 3 jaar onsuksesvol in finale speel kon ek al gevaarligte sien

  • @simonriekert8802
    @simonriekert8802 14 днів тому

    Dankie dat jy saam kyk en -luister. Ons wil allesbehalwe van hierdie program (soos met enige ander program!) 'n kla-sessie daarvan maak. Dis waarom ons die "disclaimer" aan die begin , mondelings en skriftelik opsit: dis nie om Jake uit te haal nie en dis nie om te teem oor die Bulls nie. Ons spreek namens ondersteuners 'n mening uit want baie ondersteuners vra ons wat is aan die gang. Ons verwoord maar net hulle frustrasie en soek antwoorde soos ons aan die einde by sê: dis 'n storm wat soos baie storms al oor Loftus gehang het. Die Bulls en hul bestuur sal iets positief hiervan maak en weer begin wen. Vat my woord hiervoor!

    • @raakvatrugby
      @raakvatrugby 14 днів тому

      Presies net so, Simon.

    • @Eric-1924
      @Eric-1924 13 днів тому

      Dankie Simon, het dit so verstaan. 👍

  • @RonnieMulligan
    @RonnieMulligan 14 днів тому

    Boys dit was nou n gemoan. Julle kla ma julle se nee dis nie nie so nie dit is. Julle wil vir vir Jake ge fire het ma het nie die die Guts om dit te se nie. Bulls is Pateties op oomblik. Kom uit en se dit reguit finish en kla

    • @raakvatrugby
      @raakvatrugby 14 днів тому

      Nee wat Ronnie, as ons so gedink het sou ons so gesê het.

    • @RonnieMulligan
      @RonnieMulligan 14 днів тому

      Ek is maar net gat____vol dat bulle nie meer met guts speel nie en Jake bly moan nie genoeg geld nie nie genoeg spelers nie Bla Bla. Julle het n direkte lyn na Bulle. Sorry is ma net frustrated dankie vir bydrae ek is al 45 jaar n bul

  • @HaribaldiJones-d6d
    @HaribaldiJones-d6d 14 днів тому

    Hier is 'n heerlike pod: MW praat te vinnig vir my

    • @raakvatrugby
      @raakvatrugby 14 днів тому

      🤣 Ek gooi die Afrikaans!

    • @Eric-1924
      @Eric-1924 14 днів тому

      @@raakvatrugby Met KLA weg, kort ons spoed daar op die buitekante! 🌟

    • @HaribaldiJones-d6d
      @HaribaldiJones-d6d 12 днів тому

      @@raakvatrugby hier is spoed!

  • @hannesbornman1045
    @hannesbornman1045 15 днів тому

    Hoekom moet ons hierdie games kyk en die span ondersteun as Jake nie genoeg omgee oor die kompetiesie om n behoorlike span te kies nie? Dieselfse ding het laasjaar gebeur en dit haal die wind heeltemal uit die seile van die champions cup uit n Suid afrikaanse oogpunt.

    • @raakvatrugby
      @raakvatrugby 15 днів тому

      Ek dink die Champions.Cup.is 'n brug te ver vir SA spanne op die oomblik. Tot die beperkings en uitdagings uigesort is

  • @Eric-1924
    @Eric-1924 15 днів тому

    My 2 sent mening: ek het heeltemal begrip vir alles wat jul noem, ook Okkert in die kommentaar afdeling. Hier is my 'lykskouing' van ons seisoen tot dusver: ons grootste probleem is nog in die kop, nie in die bene nie. Bulle span en veral afrigters is nou nog nie oor die Glasgow verloor vorige seisoen nie. Ongeag 5/7 in URC, was al die wenne teen gemiddelde spanne. Die oomblik toe ons Glasgow vlak spanne speel (Saracens, Saints, Sharks), toe gebeur presies waarmee ons verloor het in die URC finaal, en sukkel eintlik al vir jare: ons weet nie hoe om games te bêre nie, gee nie om hoeveel statistiek en lugdruk en wat ookal in ons guns tel nie. Lyk ook of afrigters nie plan B of C het vir die huidige seisoen nie, en die span in die lewendige spel self kan nie aanpas by verskillende wedstrydsituasies nie. Is dit leierskap probleem, is afrigters en spelers op dieselfde golflengte in terme van wedstrydsbestuur in groot oomblikke en om aan te pas, of het ons eenvoudig net nie die bmt of x-faktor spelers nie? Partykeer kan afrigters en spelers regtig alles probeer, maar hul kan nie volgende vlak gaan of die probleem oplos nie, dalk dan aanpassings maak terwille van die unie self in die afrigtingspan en spelers? Hoekom is daar so min oud-Bulle betrokke by Bulle, stel Vic en FDP nie belang nie? Ja, ons het 'n goeie wen nodig, of ons nou gaan uitdaagbeker maak of nie, om reg te wees vir res van die URC seisoen.

    • @tilmanvondelft
      @tilmanvondelft 15 днів тому

      Puik gestel

    • @raakvatrugby
      @raakvatrugby 15 днів тому

      Baie goed gestel! Dankie dat jy saamkyk!

    • @Eric-1924
      @Eric-1924 15 днів тому

      @raakvatrugby Carr, B span kaptein, doen die onderhoude die week, en noem dat hulle gaan vir BP wen en 22 punteverskil om Uitdaagbeker te maak. So lyk my dit is weer B span, ai. 🙄

  • @okkertgreyvenstein5765
    @okkertgreyvenstein5765 15 днів тому

    Dankie MW en Simon vir die program.... luister altyd

    • @raakvatrugby
      @raakvatrugby 15 днів тому

      Dankie Okkert. Altyd lekker om van jou te hoor

  • @okkertgreyvenstein5765
    @okkertgreyvenstein5765 15 днів тому

    Ek se kom ons check na die urc seisoen, dan kan ons komentaar, onthou na elke storm is daar sonskyn. ek staan agter my bulle. en Jake se kontrak is tot 2027, en as Jake nie hernie nie, wie gaan ons kry, Franco Smith gaan die volgende skotse afrigter wees, Van Graan doen goed by Bath, wie gaan ons kry, daar is niemand aan wat ek kan dink, so op die oomblik is Jake ons uitweg, en na die urc dan as die ouens nie goed is , dan laat hulle gaan, kry spelers wat daar wil wees en hulle lewens sal uitspeel om daai bul trui te dra. Honderd nul ek bly n bul,

  • @okkertgreyvenstein5765
    @okkertgreyvenstein5765 15 днів тому

    Bulle moet terug gaan na die game plan van laas seisoen, hardloop en score tries, te gefokus op die verdediging, ons moet n Sascha Feinberg na die bulle kry, ons kort n behoorlike losskakel. , ons kort 2 goeie stuute wat op die bench is, om op te kom as wilko en gerhard afkom, ons kort behoorlike slotte, en meer x gactor spelers, as jy dit nie in preoria kry, gaan kyk by cheetahs, Griquas boland ens. rupert en motsepe moet met planne kom en die groot base van bulle. Oplossings moet gevind word......

  • @okkertgreyvenstein5765
    @okkertgreyvenstein5765 15 днів тому

    Ek is nie n joernalist nie, ek is lief vir rugby, en as jy jou huiswerk gaan doen, dan gaan kyk bietjie net na Leinster en Toulouse, dit het hulle n klompie van 10 jaar gevat om die systeem te bou en diepte om in 2 kompetisies deel te neem, en hulle billionaires het die koop krag om die bestes te lok na hulle span en system, ons as SA spanne kan nie kompeteer met sulke budgets nie, so ons kan net gebruik wat ons het , en sodra ons spelers het wat goed speel en bokke word dan word hulle getrek na daardie franse en engelse spanne, so SA RUGBY moet met n oplossing kom hoe om hierdie jong spelers hier te hou. die afrigter kan doen net wat tot sy beskikking is, en ja van hierdie spelers het ook nie ervaring nie, as n bul gebruik Jake die spelers om ervaring te kry, jy kry nie ervaring op die oefen veld nie, maar in in sulke wedstryde. ek dink die druk op SA spanne se afrigters is groot. so moet die sytems in stel en bring , om te bou, ons bou en oorsese spanne benefit in ons bou van spelers. So waar is SA rugby , hoe hou ons die spelers in ons franchises? Miskien moet ons terug gaan na , as jy nie in SA speel kan jy nie vir die bokke speel nie, maar dit het ook dan sy nadele, maar ja, ek dink journaliste moet biethie hulle huiswerk doen, gaan kyk na die geskiedenis van champpins cup ens. Hulle soek net n storie vir sensasie, en geen facts. Hulle vra ook baie kak vrae, sorry for my french, net my insig en opinie, so moet nie klippe gooi nie

    • @simonriekert233
      @simonriekert233 15 днів тому

      Dis goeie punte wat jy aanspreek want daar is nie 'n eenvoudige oplossing vir die probleem nie. Dankie vir jou saamkyk en -luister.