- 115
- 238 996
BibleProject - Afrikaans
United States
Приєднався 10 жов 2019
BibleProject skep gratis hulpbronne om jou die Bybel te help beleef. Alles wat ons skep word befonds deur vrygewige ondersteuners van reg oor die wêreld. Jy kan meer leer daarvan by bibleproject.com/afrikaans of gee by bible.to/afr-c.
Praat jy 'n ander taal? Kyk na ons video’s, plakkate en lees planne in meer as 50 ander tale by bibleproject.com/languages.
Praat jy 'n ander taal? Kyk na ons video’s, plakkate en lees planne in meer as 50 ander tale by bibleproject.com/languages.
Heilige Gees
In hierdie video verken ons die oorspronklike betekenis van die Bybelse konsep van "gees" en wat dit beteken dat God se Gees persoonlik in die hele skepping teenwoordig is. Uiteindelik is die Heilige Gees deur Jesus geopenbaar en in die lewens van sy volgelinge uitgestuur om die nuwe skepping tot stand te bring.
Kredietrol:
Plaaslike Afrikaanse Produksiespan: Studio Bolland, Kaapstad, Suid Afrika
Oorspronklike Engelse Inhoud en Produksie: BibleProject, Portland, Oregon, VSA
#BibleProject #bybel #HeiligeGees
Kredietrol:
Plaaslike Afrikaanse Produksiespan: Studio Bolland, Kaapstad, Suid Afrika
Oorspronklike Engelse Inhoud en Produksie: BibleProject, Portland, Oregon, VSA
#BibleProject #bybel #HeiligeGees
Переглядів: 1 647
Відео
Lukas, hfst. 24
Переглядів 39610 місяців тому
Hierdie video is die laaste episode in Lukas se uitstekende vertelling oor Jesus van Nasaret. Die dissipels kom op die leë graf af en wanneer hulle die opgestane Jesus weer sien, verander dit uiteindelik hul wêreldbeskouing totaal en al. Lukas wys hoe Jesus se sending oor die koninkryk van God sy klimaks bereik. Dit rig die toneel in vir die vervolg in Lukas se tweede boek, Handelinge. Kredietr...
Dag van die Here
Переглядів 27510 місяців тому
Gee God om oor al die boosheid wat mense pleeg in ons wêreld, en indien wel, wat doen Hy daaraan? In hierdie video oor die Dag van die Here volg ons die verskillende maniere waarop God menslike boosheid en die selfs dieper geestelike boosheid wat dit onderlê, konfronteer. Uiteindelik sien ons hoe Jesus hierdie storielyn vervul en boosheid oorkom deur toe te laat dat dit hom verslaan. Kredietrol...
Evangelie van die Koninkryk
Переглядів 21010 місяців тому
In hierdie video volg ons die oorsprong van die woord "evangelie" en hoe dit die verhaal van die Ou Testament met die verhaal van Jesus en sy aankondiging van God se koninkryk verbind. Jesus het God se heerskappy na die wêreld gebring op 'n baie onderstebo manier, wat die beste nuus is waarvoor jy kon vra. Kredietrol: Plaaslike Afrikaanse Produksiespan: Studio Bolland, Kaapstad, Suid Afrika Oor...
Hemel en Aarde
Переглядів 26810 місяців тому
Wat leer die Bybel regtig oor die hemel, en wat is die hemel se verhouding tot die aarde? In hierdie video verken ons die verrassende Bybelse oogpunt dat hemel en aarde bedoel was om te oorvleuel, en hoe Jesus op 'n missie is om hulle vir eens en vir altyd bymekaar te bring. Kredietrol: Plaaslike Afrikaanse Produksiespan: Studio Bolland, Kaapstad, Suid Afrika Oorspronklike Engelse Inhoud en Pro...
Getrou
Переглядів 15411 місяців тому
Die woord emet is 'n algemene woord wat gebruik word om God in die Bybel te beskryf. Dit kan vertaal word as “getrouheid” of “waarheid." So wanneer die skrywers sê dat God “vol van emet” is, sê hulle dat Hy betroubaar en getrou is-ons kan Hom vertrou. Maar dis nie altyd maklik om te vertrou nie. In hierdie video kyk ons hoekom ons kan vertrou dat God vol emet is. Kredietrol: Plaaslike Afrikaans...
Yakhal - Hoop
Переглядів 15611 місяців тому
In die Bybel is mense wat hoop het baie anders as net optimiste! In hierdie video gaan ons ondersoek hoe Bybelse hoop na God se karakter alleen lyk as 'n rede om te vertrou dat die toekoms beter sal wees as die hede. Kredietrol: Plaaslike Afrikaanse Produksiespan: Studio Bolland, Kaapstad, Suid Afrika Oorspronklike Engelse Inhoud en Produksie: BibleProject, Portland, Oregon, VSA #BibleProject #...
Lojale Liefde
Переглядів 750Рік тому
Die Hebreeuse woord ghesed is een van die mees algemene beskrywings van God in die Hebreeuse Bybel en dit is byna onmoontlik om in enige ander taal te vertaal! Hierdie woord is ryk in betekenis en kombineer die idees van liefde, lojaliteit en vrygewigheid. Sluit by ons aan terwyl ons hierdie fassinerende Hebreeuse woord verken en hoe dit ons begrip van God se karakter vorm. Kredietrol: Plaaslik...
Lankmoedig
Переглядів 603Рік тому
Wat beteken dit om te sê dat God lankmoedig is? In die Bybel is God se woede 'n regverdige reaksie op menslike boosheid wat deur God se geregtigheid en liefde gemotiveer word. In hierdie video sal ons God se woede en regverdigheid in die Bybelse verhaal ondersoek en sien hoe dit alles na Jesus lei. Kredietrol: Plaaslike Afrikaanse Produksiespan: Studio Bolland, Kaapstad, Suid Afrika Oorspronkli...
Genade
Переглядів 698Рік тому
Wat beteken dit om te sê dat die God van die Bybel genadig is? In hierdie video sal ons na die Hebreeuse woorde vir genade kyk en dit leer ken as 'n kragtige konsep wat diepgaande implikasies het vir hoe ons God sien. Wanneer ons na die Bybelse betekenis van genade kyk en God as genadig verstaan, sien ons 'n God wat lief daarvoor is om vrygewige gawes te gee aan mense wat dit nie verdien nie. K...
Barmhartigheid
Переглядів 519Рік тому
Barmhartigheid is 'n baie emosionele woord wat gebruik word om die sterk band tussen 'n ouer en hul kind te beskryf. In hierdie video kyk ons na hierdie baie beskrywende Hebreeuse woord, die eerste een wat God gebruik om homself te beskryf in Eksodus 34:6-7. God word deur die hele Skrif as 'n deernisvolle ouer uitgebeeld - beide as 'n moeder en 'n vader, en sy deernis word beliggaam in die pe...
Getrou
Переглядів 971Рік тому
Die woord emet is 'n algemene woord wat gebruik word om God in die Bybel te beskryf. Dit kan vertaal word as “getrouheid” of “waarheid." So wanneer die skrywers sê dat God “vol van emet” is, sê hulle dat Hy betroubaar en getrou is-ons kan Hom vertrou. Maar dis nie altyd maklik om te vertrou nie. In hierdie video kyk ons hoekom ons kan vertrou dat God vol emet is. Kredietrol: Plaaslike Afrikaans...
Die Boek van Job
Переглядів 1,2 тис.Рік тому
Hoe vertrou jy God selfs wanneer die lewe nie regverdig is nie en jy sonder enige goeie rede ly? Job se verhaal nooi ons om na te dink oor wat dit beteken dat God die wêreld deur wysheid bestuur en hoe hierdie waarheid vrede in donker tye kan bring. Job is die laaste van die drie boeke wat hierdie temas van Bybelse wysheid verken. Kredietrol: Plaaslike Afrikaanse Produksiespan: Studio Bolland, ...
Die Boek van Prediker
Переглядів 884Рік тому
In Prediker, hoor ons die skeptiese stem van ʺdie leermeester.ʺ Hy merk op dat 'n lewe geleef volgens Spreuke nie altyd positiewe resultate lewer nie. Somtyds is die lewe moeilik en maak dit nie sin nie. Hoe leef jy met daardie spanning en streef steeds na wysheid? Prediker is die tweede van die Bybelse wysheidsboeke. Kredietrol: Plaaslike Afrikaanse Produksiespan: Studio Bolland, Kaapstad, Sui...
Die boek van Spreuke
Переглядів 992Рік тому
Spreuke is die versameling van wyshede deur generasies van wyse mense wat 'n nou pad met God geloop het. Dit bevorder 'n waardegedrewe lewe en "vrees van die Here", sodat jy werklik die goeie lewe kan beleef. Spreuke is een van die drie boeke wat hierdie temas van Bybelse wysheid verken. Kredietrol: Plaaslike Afrikaanse Produksiespan: Studio Bolland, Kaapstad, Suid Afrika Oorspronklike Engelse ...
I've been using the Bibleproject videos in my study of the Bible for years, and now suddenly discover that it's also available in my home language! Thank you SO much, Bibleproject team for all you are making available to us - trustworthy summaries and interpretations and explanations of God's Word. Such a precious resource!
I confused but will look over a few times blessed, amen
Baie dankie vir al jul Bybel verduidelikings. Ek het begin met die ou Testament en is so bly dat ek uiteindelik die Bybel kan verstaan.
Ek het nie geweet dat die Bible project 'n afrikaanse channel het nie. My Engels is op' n goeie vlak maar my afrikaans nie so baie, dit sal seker nou baie verbeter. Lol. 😅
Gisteraand moes ek by ons gemeente Bybelskool aanbied en die onderwerp was: "'n Oorsig oor die Ou Testament". Hierdie video was baie inssiggewend. Wat ook sal help is om te weet watter profete saam met watter geskiedkundige gebeure gaan...MAW 'n kronologiese studie van die boeke
Ek vardeer
Hello hoe kan ek die opsomming print?❤
Wow hoe wonderlik dat hierdie nou in Afrikaans beskikbaar is!
Dankie 😊
Dankie vir die moeite met die Afrikaanse weergawe vir hierdie video. Goed gedoen en lekker om in die my moedertaal daarna te kyk
Dankie, ek is besig om die hoofstuk te lees in my Bybel, maar het dit moeilik gevind om te verstaan, nou verstaan ek baie meer, en wat wonderlik is, is die feit dat God selfs die dooie see, sal lewe gee, dis Sy ongelooflike beloning en seën aan ons. Dankie my God vir U genade. Amen
Dankie
Bybelse hoop gaan daaroor om God se karakter te vertrou selfs in onseker omstandighede. Verken Bybelse hoop met animasie video’s, oordenkings, vrae en gebede van BibleProject in die “Wat Gee Jou Hoop” leesplan op die YouVersion toep. www.bible.com/reading-plans/39410-bibleproject-wat-gee-jou-hoop
ek waardeur dat ek sulke hoë kwaliteit opvoedkundige videos in my eie moedertaal kan bekyk. ons is onderdruk in ons eie land, ek bid vir my volk, ek vra dat almal wat hierdie lees ook vanaand in hul gebooie vir ons redding sal bid, weet dat God ons die struikel blok gee om te oorkom
Bybelse hoop gaan daaroor om God se karakter te vertrou selfs in onseker omstandighede. Verken Bybelse hoop met animasie video’s, oordenkings, vrae en gebede van BibleProject in die “Wat Gee Jou Hoop” leesplan op die YouVersion toep. www.bible.com/reading-plans/39410-bibleproject-wat-gee-jou-hoop
Bybelse hoop gaan daaroor om God se karakter te vertrou selfs in onseker omstandighede. Verken Bybelse hoop met animasie video’s, oordenkings, vrae en gebede van BibleProject in die “Wat Gee Jou Hoop” leesplan op die YouVersion toep. www.bible.com/reading-plans/39410-bibleproject-wat-gee-jou-hoop
Bybelse hoop gaan daaroor om God se karakter te vertrou selfs in onseker omstandighede. Verken Bybelse hoop met animasie video’s, oordenkings, vrae en gebede van BibleProject in die “Wat Gee Jou Hoop” leesplan op die YouVersion toep. www.bible.com/reading-plans/39410-bibleproject-wat-gee-jou-hoop
Dankie vir die verduideliking
Dankie vir die opsommings van die Bybel boeke🙏🏻
Baie goeie werk, dankie
Ek was Nie bewus dat al Jesus se broers gelowig geword het nie en srlfs ook vir. die Christelike geloof gearbei het Nie 9:39 loof
Hierdie boodskap raak diep in my hart vanaand. En dankie dat jy Vader se boodskap hersien op n manier wat ek kan verstaan.... Vader is woord... Woord is wed en net Vader is begin en einde.. Ons 3 enigge God.. Amen
So mooi verduidelikking van God se verbond met die mensdom, dankie!
😂😂😂
Wat n voorreg om dit in Afrikaans te kry. Is soooo INSIGGEWEND. Baie dankie❤
Moet jou bure net do lief het soos Jesus liefde geleef het .Hy gee ons die Wysheid om nie van ander te praat nie ,dit is nie wat ons moet doen nie Soos Spreuke se Sit n wag voor jou mond ,draai om en loop weg. Ons mag nie oordeel nie sonder die geloof van God kan ons op God vertrou ,Jesus het vir ons aan die kruis gesterf al ons sondes vegewe en dink nooit weer daaroor gaan en verkondig die Evangelie aan al die Nasies oor die wereld .
Soooo insiggewend. Leer baie. Dankie vir mense soos u
Español
Baie dankie dit help so baie om te verstaan
Hou asseblief aan om hierdie videos te vertaal. Dit is ongelooflik om die opsommings so te sien
Baie dankie dit help so baie om die Bybel te verstaan.
Dankie tog daar was 'n afrikaanse weergawe baie dankie dat julle dit gemaak het nou verstaan ek beter🙏👍
40
Baie dankie xx
Baie mooi verduidelik!! Dankie 👏🏻
Ek loooove hierdie Afrikaanse weergawe! Ek is bekend met The Bible Project al vir so paar jaar en het die week nog na die engelse een gekyk. Toe ek af kom op dié een voel dit sommer soos dit waarmee ek groot geword het! - so warm stem wat mens maak lief word vir die Bybel. Love die "narrator "
Excellent! Thank you
Baie dankie vir hierdie insiggewende videos.
Baie dankie.
Excellent! Dankie vir goeie content. God seën
💛
'Dankie vir so 'n insuggewende oorsig oor die boek van Sameul...
Israelities* nie joodse
Dankie Julle - ek gaan die Afr videos gebruik in ons kerk kampe - dis so belangrik om in beeld te sien van die Bybel stories - maak dit soveel meer duidelik!
Wat 'n vreugde om hierdie besondere uiteensetting in ons eie mooie Afrikaans te sien en hoor! Loof die Here!
Dankie vir die.☺
Waarom is Genesis en Eksodus se thumbnail bruin? Die res van die Ou Testament se thumbnails is grys
Baie, baie interessant. Dankie
Ek is so bly dat hierdie reeks ook in Afrikaans vertaal is.
Die oorsig oor hierdie kosbare boeke in die Ou Testament skyn soos 'n helder lig om God se genade te bevestig... Baie Dankie vir hierdie geskenk.
Regstelling: By 3:24 word geskryf Tessalonisense 5:2, dit moet spesifiek 1 Tessalonisense 5:2 wees.