Tel tot tien
Вставка
- Опубліковано 11 січ 2025
- Lami wys ons hoe om ons kleuters aan wiskundige begrippe bloot te stel. Tel hoeveel speelgoed is hier. Tel met vingers. Luister na hoeveel klanke en klap saam. Skryf die nommer.
Ander aktiwiteite sluit ook in:
-Gaan haal vir my een bal.
-Kyk na die voëls in die twee bome. Watter boom het die meeste voëls? Watter boom het die minste voëls?
-Kom ons vat twee weg, hoeveel het ons nou? Kom ons sit nog twee by, hoeveel het ons nou?
-Watter glas het meer en watter glas het minder?
-Watter poppie staan eerste in die ry? Watter poppie staan laaste in die ry?
-Watter poppie/hond is die grootste? Watter poppie/hond is die kleinste?
-Kom ons deel die tien stokkies in twee pakkies.
--
Het jy geweet jy kan nou vir Lami 'n koffie koop? Dis veilig en maklik. Druk net hier:
ko-fi.com/koff...
Ons is baie opgewonde. Hoe meer kafeïen hoe meer videos! Baie dankie vir jul ondersteuning.
Meer oor Lami Leer en Speel Videos
#afrikaans #kinders #opvoedkundig en opbouend
#stories, #liedjies en #rympies
Hier gaan jou #kleuter leer van #kleure, #vorms en die #alfabet en ook bemoedig word.
100% GRATIS vir almal.
Ek is so bly jy is hier en ek is opgewonde om hierdie pad saam met jou te stap.
Welkom ouers, kinders, kleuters en peuters! Hier gaan ons saam leer en speel in Afrikaans. Ons gaan stories vertel, speel met speelgoed, liedjies sing, rympies opsê en sommer baie nuwe dinge leer.
Kontak ons gerus by: leerenspeel1@gmail.com
Ons maak staat op julle om asb te Subscribe. Ons mik vir 'n 1000 Subscribers sodat ons aan die gang kan bly en sommer nog baie videos vir julle kan maak. Die Afrikaanse UA-cam mark is maar klein so ons vra ekstra mooi dat elkeen sal subscribe en deel ook asb met julle vriende met kinders.
Op "Lami Leer en Speel Videos" ontmoet ons kinders op hul vlak. Die lesse is saamgestel om kreatiwiteit en nuuskierigheid aan te moedig.
Op hierdie jong ouderdom is jou kind op 'n avontuur om die wêreld te verken. Hul leer deur spontaan te wees en hul is bereid om foute te maak. Dit is ons rol as ouers om hul aan te moedig en inisiatief te verwelkom. Op hierdie manier kweek ons op die ou end volwassenes met 'n liefde vir die lewe.
Die hart van hierdie kanaal is eintlik om ouers te help. Want ouerskap is nie kinderspeletjies nie. Ek hoop hierdie videos gee jou idees van aktiwiteite om saam met jou kinders te doen. En natuurlik is hierdie stories iets Afrikaans vir hulle om te kyk terwyl jy kosmaak.