Dae van die week liedjie ▶ Leer dae van die week in Afrikaans!
Вставка
- Опубліковано 3 лют 2025
- As jy vir jou kind die dae van die week wil leer is jy by die regte plek! Hierdie kort video word toegewy aan die dae van die week. Ons stel die dae van die week bekend deurdat ons bekende karakter, Kallie Kriek, 'n liedjie sing op 'n bekende wysie. Ons kyk na die dae van die week se name, watter dae weeksdae is en watter dae naweek is. Ons kyk ook wat ons naweke doen en wanneer ons moet werk. Hierdie bekende wysie sal sommer gou in jou kind se geheue vassteek en voor jy jou kom kry ken hulle die dae van die week uit hul kop uit.
Onthou, herhaling is vaslegging, so oefen die dae van die week gereeld met jou kind! Ook baie belangrik om te onthou:
sing die liedjie weer en weer
vra jou kind om die dae van die week op te noem
vra jou kind om die dae van die week in volgorde op te noem
Vra jou kind elke dag watter dag van die week dit vandag is
fokus ook op naweke en vra jou kind om die dae van die week wat naweek is op te noem.
As jy hou van hierdie video - "subscribe" asb. om op hoogte te bly van ander afrikaanse lessies vir kinders!
Subscribe hier: www.youtube.co...
Loer na ons webtuiste met al ons videos! www.stegosauruslearning.co.za
Ons is ook op Facebook - volg ons daar:
/ stegosauruslearning