R woorde en klanke

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 22 гру 2024
  • Lekker liedjies en rympies vir jong kinders! Ons oefen die R klank en leer watter woorde met R begin.
    Roei in die Rooirivier
    Roer die rooibostee
    Ry op die renoster rug
    Reënboog na die reën
    Reghoek
    Ratel
    Roos
    Reën
    Rooi
    Rok
    Ring
    Reënboog
    Magie asem
    Alfabet liedjie
    Groot R, klein r
    Wat begin met R
    Rooi
    Rok
    Ring
    Reënboog
    --
    Meer oor Lami Leer en Speel Videos
    Het jy geweet jy kan nou vir Lami 'n koffie koop? Dis veilig en maklik. Druk net hier:
    ko-fi.com/koff...
    Ons is baie opgewonde. Hoe meer kafeïen hoe meer videos! Baie dankie vir jul ondersteuning.
    #afrikaans #kinders #opvoedkundig en #opbouend
    #stories, #liedjies en #rympies vir jong kinders.
    Hier gaan jou kind leer van #kleure, #vorms en die #alfabet en ook bemoedig word.
    100% GRATIS vir almal.
    Ek is so bly jy is hier en ek is opgewonde om hierdie pad saam met jou te stap.
    Welkom ouers, kinders, kleuters en peuters! Hier gaan ons saam leer en speel in Afrikaans. Ons gaan stories vertel, speel met speelgoed, liedjies sing, rympies opsê en sommer baie nuwe dinge leer.
    Kontak ons gerus by: leerenspeel1@gmail.com
    Ons maak staat op julle om asb te Subscribe. Ons mik vir 'n 1000 Subscribers sodat ons aan die gang kan bly en sommer nog baie videos vir julle kan maak. Die Afrikaanse UA-cam mark is maar klein so ons vra ekstra mooi dat elkeen sal subscribe en deel ook asb met julle vriende met kinders.
    Op "Lami Leer en Speel Videos" ontmoet ons kinders op hul vlak. Die lesse is saamgestel om kreatiwiteit en nuuskierigheid aan te moedig.
    Op hierdie jong ouderdom is jou kind op 'n avontuur om die wêreld te verken. Hul leer deur spontaan te wees en hul is bereid om foute te maak. Dit is ons rol as ouers om hul aan te moedig en inisiatief te verwelkom. Op hierdie manier kweek ons op die ou end volwassenes met 'n liefde vir die lewe.
    Die hart van hierdie kanaal is eintlik om ouers te help. Want ouerskap is nie kinderspeletjies nie. Ek hoop hierdie videos gee jou idees van aktiwiteite om saam met jou kinders te doen. En natuurlik is hierdie stories iets Afrikaans vir hulle om te kyk terwyl jy kosmaak.

КОМЕНТАРІ •