Een-word met... Sy skinkbord - Andries Enslin, 18 Maart 2018

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 20 жов 2024
  • _______________________________________________________________________________
    DATUM:18 MAART 2018
    PREDIKER:ANDRIES ENSLIN
    REEKS: EEN-WORD MET …
    TEMA:SKINKBORD
    TEKS:MARKUS 10:34-45 (NLV)
    _________________________________________________________________________________
    Markus 10:34-45 (NLV) “Hulle sal My bespot en op My spoeg; hulle sal My gésel en doodmaak. Maar ná drie dae sal Ek opstaan.” Daarop het Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Leermeester, ons wil van U ’n guns vra.” “Wat moet Ek vir julle doen?” het Hy gevra. “In u koninklike heerlikheid - mag ons op die ereplekke regs en links van U sit?” het hulle gevra. Jesus het vir hulle gesê: “Julle besef nie wat julle vra nie. Sien julle kans om die bitter lydensbeker te drink wat Ek binnekort gaan drink? Sien julle kans vir die lydensdoop waarmee Ek gedoop moet word?” Hulle sê vir Hom: “Ja, ons sien daarvoor kans.” “Dis waar,” sê Hy vir hulle. “Julle sal inderdaad van my beker drink en met my doop gedoop word, maar Ek beskik nie oor wie langs My op my troon sal sit nie. Daardie plekke is bestem vir hulle vir wie God dit gereedgemaak het.” Toe die ander tien dissipels hoor wat die twee wou hê, het hulle bitterlik verontwaardig teenoor Jakobus en Johannes geword. Jesus roep hulle toe bymekaar en sê vir hulle: “Julle weet in hierdie wêreld tiranniseer die sogenaamde maghebbers die nasies, en die magtiges domineer hulle. Maar onder julle moet dit heeltemal anders wees. Wie onder julle ’n leier wil wees, behoort almal te dien. En wie eerste onder julle wil wees, moet almal se slaaf wees. Selfs Ek, die Seun van die Mens, het immers nie gekom om gedien te word nie, maar om diens te lewer en so selfs my lewe te gee as ’n losprys vir baie mense.”
    WORD EEN MET DIE SKINKBORD
    Filippense 2:4-8 (NLV) Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees: Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklou aan die Goddelikheid wat Hom toekom nie, maar Hy het dit prysgegee: Hy het ’n slaaf geword en aan mense gelyk geword. En toe Hy as mens geleef het, het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe!
    WAT BETEKEN DIT OM IEMAND TE DIEN?
    Johannes 13:4-5 (NLV) Hy het toe van die tafel af opgestaan, sy bo-klere uitgetrek, ’n doek gevat en dit om Hom vasgebind. Daarna het Hy water in ’n wasskottel gegooi en begin om die dissipels se voete te was en af te droog met die doek wat om Hom vasgebind was.
    MEES ONSELFSUGTIGE HULP - OUERSKAP
    Matteus 18:5 (OAV) En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My.
    WAT AS EK JESUS IN MEER MENSE SIEN?
    Matteus 10:40-42 (NLV) “Elkeen wat julle verwelkom, verwelkom My. En wie My verwelkom, verwelkom die Vader wat My gestuur het. As jy ’n profeet verwelkom omdat hy God se boodskap bring, sal jy dieselfde beloning kry as ’n profeet. En as jy iemand wat reg lewe, verwelkom omdat hy reg lewe, sal jy dieselfde beloning as hy ontvang. Selfs as jy ’n beker koue water aan een van my geringste dissipels sou gee bloot omdat hy ’n dissipel is, verseker Ek jou dat jy jou beloning nie sal misloop nie.”

КОМЕНТАРІ •