Churchil Naude -DIE WOORD

Поділитися
Вставка
  • Опубліковано 8 вер 2024
  • distrokid.com/...
    Die woord
    aan die begin was die woord en sy einde sal jy nooit beleef nie
    voor jy met woorde kon wandel toe wandel hierdie woord
    hierdie woord is n waarwording van gedagtes wat wemel met weemoed
    alledaagse sêgoed
    n bietjie salf vir tye van teëspoed
    voor jy met woorde kon toor toe sing hierdie woord innie koor
    toe's jy nog besig om jou melktanne te verloor
    jy mag maar n kierrie hier en daar leen om n struikelende woord te help ten tye van nood
    maar dit maak jou nie die messiah van woordkuns nie
    sê wie
    jy kan dit vir n tyd en wyl skuiling gie
    maar jy sal die woord nie in n hok hou
    oh no
    en elektriek fences daarom bou
    en n private property bordtjie op n paal in die grond grou
    whoao
    jou laaste woorde sal nie die laaste woord wiessie
    moenie die fout maak om vir die woord te kies'ie
    of vir die woord te besluit nie
    want hierdie woord is nie jou meit nie
    wie is jy om die woord te verdraai soos dit jou pas
    is j jas
    net sodat die geraamtes kan stilbly in jou kas
    sodat jy jouself kan verbeel jy is vry
    maar by the way
    die kettings in jou kop is soos n spies in jou sy
    want jy hoor die woord maar jy wil nie verstaan nie
    want jy sien die woord ly maar jy kap nie n traan nie
    dis hoekom jy dit so koester wat die bose in jou hart saai
    dus hoekom jou volk lyk of die wind hul verstand weg waai
    as jy die woord wil rankskik volgens jou soort en volgens jou tipe
    dan sê ek bring nog bietsie sout en bring bietsie pieppe
    sodat ek hierdie woord wat jy so lief het
    kan besmet met verkoue en uitheemse grieppe
    ek issie drol in die drinkwate'
    die gat innie sinkplate
    wat jou woord kom besmet met ongesertifiseerde prate
    wat jou woord se siel aan die duiwel wil ve'koep
    wat die woord dukgesyp maak met vrot wyn op my stoep
    wie is jy om die woord gevange te hou in jou teorieë
    jou instansies
    jou kerk
    jou geslote groepe op facebook
    het die heelal begin met twee atome en n moerse poep
    of het dit begin met net n woord uit te roep
    nie jy of een van jou self appointed deskundiges sal sê wanneer , waar of vir wat daar gewoord sal word nie
    wan' wie weet waar die woord se wortels lê
    dat die waarheid net in jou woorde wereld bestaan is n kak ding om te sê
    so laat daar dan gewoord word soos daar gehoort word
    soos daar gesoort word
    soos hierdie woord jou kneus so sal hy jou genees
    vir jou mensgemaakte wette het hierdie woord geen vrees
    gee dit vir my kru , kras , kroes , kaal of konserwatief
    hierdie woord het ek lief
    jy kan sommer ook in jou moer kruip vir my gerief
    en jy kan dit vir al jou geaffilïeerdes gaan sê asseblief
    jou tief
    ont vang nou die woord en laat dit saggies deur jou sintuie sif
    kry dit in jou diff
    hierdie woord is n teenmiddel vir jou gif
    hierdie woord sal aan jou binneste vat want hierdie woord is n skat
    wat val uit woordenaars se monde
    wat raas innie nag soos jou nybe se honde
    waar was jy
    toe hierdie woord my bevry
    van spoke wat my wou kry
    innie nag
    hierdie woord het mag
    hierdie woord het krag
    ek vat nie aan die woord nie broeders en sisters
    hierdie woord vat aan my
    want ek en hy
    het mekaar op die kruispad gekry
    toe ek reg check is dit entlik n sy
    dis toe dat ons begin vry
    hierdie woord is nie vir sensitiewe tiewe nie
    want hierdie woord stoot en pomp en suig en lek
    hierdie woord word weer gebore soos hy vrek
    want hierdie woord is n vrug
    hierdie woord gee jou sig
    soos hy jou tig en jou waardes ontwrig so sal hy jou oplig
    want aan die begin was die woord en die woord het vir die duisternis gesê
    auwê my massekinners ....
    raak lig

КОМЕНТАРІ • 2

  • @randallvandercolff4963
    @randallvandercolff4963 Рік тому

    Who is listening this 2022? My point , my veiw all come round to free us It changes you Words put together this way changes us as ppl