Hallo julle twee! Het julle musiek hierdie jaar ontdek. Afrikaanse musiek maak my so moedeloos dat ek eerder my grasperk met n sker sal knip, soooo.... wel gedaan. Gaan so voort! Mooi instrumentasie, julle eer die woorde en knap komposisie!
Welgedaan julle twee! Die liedjie laat mens dink. Ek sou graag meer agtergrond oor die lied wou hê. En 'n verduideliking van die naam daarvan? Is julle bereid om daarmee te help? Dankie vir 'n mooi stuk werk.
Hi Herman - Absoluut. Ons het n volledige verduideliking uitgesit saam met die oorspronklike "Ek Wou Nog"in Januarie hierdie jaar. Jy kan dit gerus lees: ua-cam.com/video/nhuSe8MdrDc/v-deo.html
Ek Wou Nog is deel van PREDIKER Hoofstuk Een, Bottomless Coffee Band se nuutste Afrikaanse EP wat deel vorm van 4 hoofstukke. Dis ‘n sielvolle ballade wat ‘n verhaal van verlies vertel. Die musiek video is in Nieu-Bethesda verfilm en neem kykers op ‘n roerende reis. “Ek het in Maart van 2020 ‘n kursus bygewoon in Johannesburg”, vertel Esté. “Ek het in Gauteng geland saam met die nuus dat die eerste Covid-19 geval in Suid-Afrika bevestig is. Die naweek het ek by een van my naaste vriendinne gebly en op die aand wat ons uiteindelik albei tyd het om om ‘n tafel te sit en te eet en te gesels, kry sy die oproep dat een van haar baie naby familie lede pas oorlede is. Die skok en hartseer in my vriendin se oë het my diep geraak. Ons het tot laatnag sit en huil en ek het besef hoe weerloos ons elkeen is wanneer ons verlies in die gesig staar. Ek het nie besef hoe noue verband daar was tussen al die gebeure van daardie naweek nie; dis asof daardie ervaring van verlies ‘n voorspelling was van wat vir ons wêreld voorlê, nog meer so nou as ooit; verlies. Ons het alle vorme van verlies ervaar in hierdie afgelope paar maande en elkeen van ons staan weerloos voor dit.” Lourens en Esté hoop dat daar vertroosting kan wees vir elkeen wat iets of iemand verloor het in hierdie pragtige, rou, pragtige ballade. Oor die skiet van die musiekvideo in Nieu-Bethesda se NG Kerk, vertel Lourens: “Ons was eintlik besig om Sewe Somers se musiek video te verfilm. Na ons sonsopkoms verfilming het ons gewag vir sagter lig oor ontbyt. Ek het gewonder hoe moontlik dit sal wees om te kyk hoe die binnekant van die kerk lyk. Esté het vir die eienaar van die restaurant gaan vra of sy iemand ken wat vir ons die kerk sal kan oopsluit en in tipiese Karoo styl en gasvryheid bel sy dadelik die koster, ‘n vriendin van haar, tannie Ansie… Ansie was heeltemal gemaklik, inteendeel, opgewonde, daaroor dat ons in die kerk verfilm en het eers vir ons al die geskiedenis vertel - ons kon tot die kerkklokke lui...” Dis toe Lourens en Esté en die span die atmosfeer van die kerk indrink dat hulle impulsief besluit het om eerder iets te probeer vasvang vir Ek Wou Nog. “Dit was nie eers deel van die beplanning nie” se Esté. “Dit was absoluut ‘n regte tyd, regte plek, regte atmosfeer scenario. Ons het die video binne drie ure klaar verfilm en ons het almal geweet dat iets spesiaal sopas gebeur het.” Lourens en Esteé het steeds kontak met tannie Ansie.
Bottomless Coffee Band Baie baie dankie vir die mooi volledige verduideliking. Wat 'n hartseer mooi storie. Emosionele pyn is baie swaar en wie van ons het dit nie die laaste 18 maande ervaar nie? Dankie vir julle musiek. Ek luister amper alle gendres. Ek is 73 en seker soort van een van die "ou" Afrikaners. Julle musiek maak my jonger en raak soms aan my hart. Ek het heel eerste viva la vida/pie jesu geluister toe ek julle "ontdek" het. Dit bly vir my besonders Ek hou van julle werk! Baie dankie!
Hallo julle twee! Het julle musiek hierdie jaar ontdek. Afrikaanse musiek maak my so moedeloos dat ek eerder my grasperk met n sker sal knip, soooo.... wel gedaan. Gaan so voort! Mooi instrumentasie, julle eer die woorde en knap komposisie!
Beautiful in afrikaans.❤❤
Hierdie lied maak mens vandag liefhe en nie wag vir more nie... Baie dankie.
Wow, dit is mooi! Dankie!
Dit is 'n cool song.. verg soepel bewegings in die uitbeelding daarvan
Diep, en hartroerend. Dankie vir die...
DANKIE!
FANTASTIC! dit het al die vibes en super lyrics :)
Wow, Thanks Johannes! Ons waardeer dit man!
Love it. Great show gewees op Hermanus. Voorspoed*
Lovit.
Wow. Stunning julle.
Dankie Wynand!
Lovit. 🤘🏼
Thanks Willie!!!
Love your music, just beautiful.
Thanks Jamo! Much appreciated :)
Ongelooflik mooi! Julle twee moet asb net nooit ophou musiek maak nie!
Baie dakie Danel - Ons sal sing tot ons stemme op raak ;)
Beautiful video! Well done guys 🌟🔥😊
Thank you so much Simona! 😀
Welgedaan julle twee!
Die liedjie laat mens dink. Ek sou graag meer agtergrond oor die lied wou hê. En 'n verduideliking van die naam daarvan?
Is julle bereid om daarmee te help?
Dankie vir 'n mooi stuk werk.
Hi Herman - Absoluut. Ons het n volledige verduideliking uitgesit saam met die oorspronklike "Ek Wou Nog"in Januarie hierdie jaar. Jy kan dit gerus lees: ua-cam.com/video/nhuSe8MdrDc/v-deo.html
Ek Wou Nog is deel van PREDIKER Hoofstuk Een, Bottomless Coffee Band se nuutste Afrikaanse EP wat deel vorm van 4 hoofstukke.
Dis ‘n sielvolle ballade wat ‘n verhaal van verlies vertel. Die musiek video is in Nieu-Bethesda verfilm en neem kykers op ‘n roerende reis.
“Ek het in Maart van 2020 ‘n kursus bygewoon in Johannesburg”, vertel Esté. “Ek het in Gauteng geland saam met die nuus dat die eerste Covid-19 geval in Suid-Afrika bevestig is. Die naweek het ek by een van my naaste vriendinne gebly en op die aand wat ons uiteindelik albei tyd het om om ‘n tafel te sit en te eet en te gesels, kry sy die oproep dat een van haar baie naby familie lede pas oorlede is. Die skok en hartseer in my vriendin se oë het my diep geraak. Ons het tot laatnag sit en huil en ek het besef hoe weerloos ons elkeen is wanneer ons verlies in die gesig staar.
Ek het nie besef hoe noue verband daar was tussen al die gebeure van daardie naweek nie; dis asof daardie ervaring van verlies ‘n voorspelling was van wat vir ons wêreld voorlê, nog meer so nou as ooit; verlies. Ons het alle vorme van verlies ervaar in hierdie afgelope paar maande en elkeen van ons staan weerloos voor dit.”
Lourens en Esté hoop dat daar vertroosting kan wees vir elkeen wat iets of iemand verloor het in hierdie pragtige, rou, pragtige ballade.
Oor die skiet van die musiekvideo in Nieu-Bethesda se NG Kerk, vertel Lourens: “Ons was eintlik besig om Sewe Somers se musiek video te verfilm. Na ons sonsopkoms verfilming het ons gewag vir sagter lig oor ontbyt. Ek het gewonder hoe moontlik dit sal wees om te kyk hoe die binnekant van die kerk lyk. Esté het vir die eienaar van die restaurant gaan vra of sy iemand ken wat vir ons die kerk sal kan oopsluit en in tipiese Karoo styl en gasvryheid bel sy dadelik die koster, ‘n vriendin van haar, tannie Ansie… Ansie was heeltemal gemaklik, inteendeel, opgewonde, daaroor dat ons in die kerk verfilm en het eers vir ons al die geskiedenis vertel - ons kon tot die kerkklokke lui...”
Dis toe Lourens en Esté en die span die atmosfeer van die kerk indrink dat hulle impulsief besluit het om eerder iets te probeer vasvang vir Ek Wou Nog.
“Dit was nie eers deel van die beplanning nie” se Esté. “Dit was absoluut ‘n regte tyd, regte plek, regte atmosfeer scenario. Ons het die video binne drie ure klaar verfilm en ons het almal geweet dat iets spesiaal sopas gebeur het.”
Lourens en Esteé het steeds kontak met tannie Ansie.
Bottomless Coffee Band
Baie baie dankie vir die mooi volledige verduideliking. Wat 'n hartseer mooi storie. Emosionele pyn is baie swaar en wie van ons het dit nie die laaste 18 maande ervaar nie?
Dankie vir julle musiek. Ek luister amper alle gendres. Ek is 73 en seker soort van een van die "ou" Afrikaners. Julle musiek maak my jonger en raak soms aan my hart. Ek het heel eerste viva la vida/pie jesu geluister toe ek julle "ontdek" het. Dit bly vir my besonders
Ek hou van julle werk!
Baie dankie!
@@hermanbotha1444 WOW, Baie dankie Herman - Hierdie is vir ons van ontsaglike waarde! Ons waardeer dit!